Kortbroek se spicy Super Rugby semi – met pryse van Mr Delivery en Nando’s!

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Dis amper sulke tyd en na laasweek se Aussie derbies sukkel meeste vrouens om met hul mans huis te hou. Dis mos nou tyd dat ons die ware jacob aanskou.

Kyk, pienk bal Varsity Cup is lekker en elke ding, maar kom ons wees realisties; Super Rugby is nou maar net die beste ding op TV tot die Bokke eendag weer jol. Die eerste game is mos Vrydag tussen die Bulls en Stormers en om eerlik te wees, ek het klaar 'n semi.

Om dinge so bietjie op te spice het ons tjommas by Nando's en Mr Delivery so paar pryse wat hulle vir ons fanatic fans gaan weggee.

Net omdat ons so mal tekere gaan oor ruggas het hulle besluit dat ek en Griffin (en so paar tjommas) tydens die eerste game 'n extra hot R600 Nando's voucher, wat so paar drinks insluit, mag verorber.

Niks worry oor vuurmaak vibes aan die kant nie. Al wat ons moet doen is wag vir Mr Delivery wat voor kick-off alles by ons gaan drop.

 Twee lesers (watkykertjies) kan ook so awesome voucher wen deur ons op Twitter te tune wie hulle skiem die beste kans het om op 2 Augustus die trophy te lig. 

 Voorbeeld: Hey @watkykjy (of @tune_jou_once) en @MrDeliverySA, ek reken die Lions gaan dit wen want hulle kanse om 'n game te verloor is 0% #MrDNandosVIP

Moenie die hastag vergeet nie. Jy het kans tot hierdie Donderdag (more) 16:00, want ons moet die wenners se details kry voor Vrydag sodat Mr Delivery jou R600 VIP Nando's experience by jou huis kan kom drop net voor die game tesame met drinks.

Die beste tweet wen, en as jy nie een van die twee R600 pryse raak tweet nie – daar is nog 'n klomp ander cool stuff weggegee word vir julle rugbymal mense. Meer details volg onder.

 Right, ek het intussen bietjie my kristalbal uitgeruk en hier is wat ek reken met ons land se spanne gaan gebeur:

Bulls
Na daai super tos liedjie gaan dit aansienlik moeiliker wees vir die Blou horings om die jaar se Super Rugby te wen. Ek ken 'n hele klomp supporters wat die week amptelik as fans van die pienk trui idols span bedank het en meeste van hulle was daar deur die donker 90s toe die standaard pozie vir 'n Blou Bull agter die pale was. Hulle is nou goed gatvol, al lyk die span self soos een wat heel waarskynlik in die play-offs sal feature.

As Morras nie skop soos hy vir die bokke geskop het nie, behoort hulle 'n paar groot spanne te pomp. Soos altyd het hulle goenoeg fringe players om in te kom as iemand dalk 'n been sou breek.
Seisoen voorspelling: Vierde plek en natuurlik sal dit die ref se skuld wees.

Cheetahs
Haak Vrystaat se amptenare het alweer te min gat gekruip. Hulle draw is so kak soos altyd en dit kan dalk 'n droeë jaar vir die boys van Bloem wees. Tog het hul 'n hele paar manne wat nie gaan terugstaan nie. As Coenie Oosthuizen en Johan Goosen in all hulle games jol gaan van die groot spanne goed op hulle moer kry. Maar ons almal weet nou al Naka se plannetjies hou ook net solank as wat die beseringspook wegbly.

So nice soos wat dit is om te sien hoe die Grey manne die bal rondgooi, sal hulle iewers ook moet leer om te tackle. Fok hulle verdediging laat my dink aan die Lions en kyk waar is hulle nou.
Seisoen voorspelling: Hou die bene, behoort hulle so agtste te eindig

Kings
As ons vir Hansie 'n kansie kon gee kan ons seker ook maar check hoe Cheeky se chinas try uitmaak van grootskoolrugby. As jy 'n WP supporter is sal jy nie flat-out 'n doos met die ouens wees nie. Demetri Catrakilis jol vir die Kings en het mos gesorg dat hulle laasjaar iets in daai stofkassie laai na hy Naas drop-vibes teen die Sharks in die Currie Cup final gepull het. Puke Watson was ook mos WP kaptein in 2009 toe daai fokker van Fiji julle mos die semi teen die Bulle gekos het. Ek weet vir 'n feit dat Griffin se bloeddruk aansienlik laer gaan wees die jaar aangesien hy nie elke week sy moer vir sy Liiiijuuuuuns gaan strip nie.
Seiseon voorspelling: As hulle 14de eindig in hul virginity jaar (bo die Force) behoort hulle happy te wees.

Sharks
Super Rugby champs 2013 – once my bra! Maar moenie my verkeerd verstaan nie, dit beteken nie ek like eweskielik die Sharks nie. Ek check maar net hulle ammo, en in vergelyking met al ons spane, het hulle die meeste en grootste kanonne. Ek meen, kaptein Frans Steyn line mos 'n ding van binne sy eie kwartgebied op en ou krulkop Lambie is nou maar net 'n laaitie wat like van groot games wen. Later in die seisoen verwag hulle ook dat Bismark, Willie Alberts en Keegan Daniel ook in die mix gaan wees. Dis amper 'n geval van nou of nooit vir die manne van Durbs.
Seisoen voorspelling: Uhhm, lees sin een.

Stormers
Ek het nou al gecheck dat klomp van my mede-bloggers wat eintlik fokol uitmaak van ruggas nie skiem die manne gaan die pyp rook nie. Ek skiem hulle gaan weer naby kom en behoort so paar ektra drieë te druk met Jantjies op flyhalf, maar die trophy oplig weet ek darem nie. Hulle het nou al twee kanse om die koppie te wen deur die vingers laat glip en in my kristalbal sien ek hoe hulle oorsee in 'n play-off gaan sukkel. Intussen het meeste spanne ook al dik planne gemaak om hulle solid verdediging te penetreer so tensy hulle met iets nuuts vorendag kom, kan dit 'n baie moeiliker seisoen wees.
Seisoen voorspelling: Close shave in die final teen die Sharks.

 Terloops, join die coolste Superbru pool in die heelal – Pool naam: Duidelik. Code: hatebane.

Nou vir nog so paar kief pryse:

Behalwe van die twee R600 VIP experiences wat ons weggeeop Watkykjy, kan julle by Mr Delivery self ook lekker score wanneer jy hulle tweet na @MrDeliverySA met die #MrDNandosVIP hashtag:

Best dressed team of supporters – 4 x R100 Mr Delivery vouchers
Closest to the score prediction – 4 x R100 Mr Delivery vouchers

Best tweet during the game, including '@MrDeliverySA' – 1 x R100 Mr Delivery voucher

Best picture posted on Twitter, including '@MrDeliverySA ' – 1 x R100 Mr Delivery voucher

Best picture posted on the Mr Delivery Facebook wall – 1 x R100 Mr Delivery voucher

Best picture on Facebook or Twitter of your team and the Mr Delivery driver – 1 x R100 Mr Delivery voucher

Best picture on Facebook or Twitter of your team eating Nando's – 1 x R100 Mr Delivery voucher

Ek skiem jy kan 'n hele paar flatties by Nando's kry met jou R600 vir jou en jou tjommies. So lekker voor die game

flatty

Kaptein KortbroekKortbroek se spicy Super Rugby semi – met pryse van Mr Delivery en Nando’s!

Comments

  1. JagsJannie

    KK, niks sou my meer plesier verskaf het as om jou op te naai nie. Maar nie jou pool naam(duidelik) of code(hatebane) maak enige indruk nie. Reken jy vat my vir 'n poes Boeta!

Gooi Comment