Help ‘n bra (en ‘n klomp honde) uit.

Ons post nie gewoonlik hierdie tipe goed nie, maar die arme bra sukkel en al wat hy vra is dat mense die honde kom haal…


Hello,
 
Ek hoop regtig julle kan my help, ek sit met my hande in my hare.
 
My naam is Andre Potgieter. Ek het vir die laaste ses jaar die "Richtersveld Animal Shelter" op Port Nolloth gehad. Ek en my oorlede vrou het dit begin omdat daar so n groot behoefte was vir so n shelter. Die naaste SPCA is op Uppington, 600km van ons af. Al sou die mense hulle skakel oor rondloper en siek diere, is daar net altyd dieselfde antwoord" dis te ver, en ons het nie fondse om sover uit te ry nie". Ons het hierdie shelter heeltemal op ons eie en ook ons eie onkostes gedoen, omdat ons albei so n passie het vir diere.
 
My vrou is verlede jaar Januarie oorlede, en ek het op my eie aangegaan. Die perseel wat ek tans huur, is deur die eienaars ,Chefron, verkoop sonder my medewete.Ek moet die perseel waarop ek my besigheid ,PN Brakedown & Auto Electrician services, sowel as die shelter en ook my blyplek teen einde
Februarie ontruim.
 
Ek sit tand met 43 honde wat oor Desember ingekom het. Ek het al verskeie e-mails aan die Nationale SPCA gestuur om hulp te vra om die diere te hervestig. Hulle hetgese dat ek die diere na Springbok toe moet neem,150km van my af, sodat n Vet hulle daar kan uitsit.Al hierdie dinge moet nogsteeds op my onkostes gebeur, en nadat ek hulle vertel het dat ek ook nie die nodige voertuie en goed het om al die diere te vervoer nie, het hulle dood eenvoudig gese dat dit nie hulle probleem is nie.
 
Ek wil nie die diere van kant laat maak nie, en het verskeie advertensies op Gumtree en Junkmail gesit. Sover het ek al vir twee honde huise gekry.
 
Ek hoop regtig iemand daar kan my help, of my dan net in die regte rigting wys.
 
Andre Potgieter
073 189 2404 sel
Main straat
Port Nolloth

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in briewe. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

6 Comments

  1. fief
    Posted February 12, 2013 at 7:55 am | Permalink

    Sterkte boet, mense moet begin verantwoordelikheid vat met hulle diere.fok weet

  2. Belhamel
    Posted February 12, 2013 at 4:17 pm | Permalink

    Ai Chom, jy is op n afgelee plek. Hoop jy kom reg. Dankie vir wat jy doen – wens daar was meer soos jy. 

  3. Annelie
    Posted February 13, 2013 at 4:17 pm | Permalink

    So wie het 'n vervoer maatskapei wat my kan help…. Ek wil die honde na die Kaap laat gaan en daar vir hulle huise kry…. Ek het met 'n paar mense gepraat en ons is besig om planne temaak. Daar is ook 'n radio stasie wat ek genader het so as ons gelukkig is hou hulle van die plan en dan gaan dinge makliker wees….
    e-mail my:
    annelie.lemmer@gmail.com

  4. Annelie
    Posted February 14, 2013 at 12:28 pm | Permalink

    Hier is nuus wat ek gekry het… jammer julle maar lyk my hy vat ons vir 'n ride…
    "Names have been changed to protect the innocent…"
    We, the committee of the Namaqua Dog and Donkey Foundation visited the shelter in March 2012.   We were told before we arrived that he had 40 plus dogs at the shelter and when we arrived there, we found around 15 dogs.  We brought some of these dogs back with us, one of them a Greyhound who had boiling water thrown over her and was kept at the shelter without receiving any treatment.  We brought her back to Johannesburg.  We had a wonderful home for her but she died before she had the privilege to go to her new home.
     
    This place HAS TO BE CLOSED DOWN!
     
    Dr ****** from Pretoria visits the area around four times a year and she does wonderful work there.  She sterilises, treats and vaccinates.  She is also one of our volunteer vets and I will see her on Sunday for our sterilisation day.
     
    I think our best bet would be to contact the Upington SPCA and ask for assistance.
     

  5. Belhamel
    Posted February 14, 2013 at 5:45 pm | Permalink

    Annelie,
     
    Lyk my my vorige kommentaar moet eerder aan jou gerig word. 
     
    Gods ek haat dit as mense diere opfok.

  6. Louwhan
    Posted February 16, 2013 at 12:50 pm | Permalink

    Shot Annelie!

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">