Eish Bafana, we… we are being robbed bafethu! Robbed too much…

In Sport deur Chopper Charlie7 Eiertjies

fifa 2010Kyk die lewe is baie dinge, maar fair is nie een van daai goed nie. Soos hoekom is ‘n werksweek 5 dae en ‘n naweek 2? Hoekom kry party mense kanker en ander nie? Hoekom, byvoorbeeld, het ek so ellelange tril en party ander manne kan skaars oor hulle zip pis? En hoekom, vra ek met trane in my bloedbelope oë doen Bafana Bafana dit aan ons met elke fokken tournament wat opkom?

Ja julle weet waarvan ek fokken praat julle naaiers, moet nou nie fokken dom speel nie. Fok julle. Ons almal kry dit. Aan die begin van die tournament is dit altyd: “Ja fok hulle, ek support hulle fokkol. Rugby is my kos. Gee my nog ‘n Smirnoff Spin asb.” Dan wen hulle een of ander game en skuur op hulle gatte deur na ‘n volgende rondte en dan ewe skielik spits ons ore soos ‘n rooibok wat leeu ruik. Daar’s wen in die lug. Dik wen.

Ewe skielik is die hele land in rep en roer. “Make us proud Bafana,” basuin die dailies dit uit. Zuma dra ‘n serpie. SABC doen ‘n kak insert oor dieafcon-draw (onbekende) kaptein. Zille blaas vuvuzela. Twitter val oor sy eie kleivoete soos almal Bafana laat trend en onwettige geel replika shirts verkoop uit op taxi ranks en middelklas vier-rigting kruisings van Observatory in Joburg tot by… wel, Observatory in die Kaap.

Fokken yellow fever tot agter die eiers. Almal raak histeries. Bafana gaan ons trots maak, hulle gaan die wêreld verstom, hulle gaan die odds beat, hulle gaan Afrika verteenwoordig, hulle gaan… hulle gaan weer verloor en ons so kak teleurgesteld maak soos iemand wat nounet ‘n Tata gekoop het. So aaklik.

We are being robbed bafethu…

Dis unfair om ou koeie uit die sloot te haal, ek weet, maar dit was nie altyd so nie. Verbeel jou dit. Suid-Afrika, 1996. Kort na Francois Pienaar en Oom Dela die Rugby World Cup gevat het, dribbel ons boys (dis nie rassisties nie, hulle naam is Bafana okay?) hulle way tot ‘n Africa Cup of Nations final… en fokken vat dit pappie. Once.

recycled vuvuzelaSommer fokken dadelik Afrika kampioene en 16de gerank in die wêreld. “Benny’s in the 18 area, Bafana in the area,” sing TKZee. “Bafana, Bafana Bafana – is the BEST team in the world,” sing Leon Schuster. Al die veld is vrolik. Dis fokken nca. Bafana 4 life!

Not so much. Amper spreekwoordelik bliksem Bafana toe die afgelope 16 jaar van 16de plek af tot 85ste plek in die wêreld net voor hierdie Afcon toernament. Dis nogal poesvinning om te val, selfs vinniger as daai keer toe die Wit Buffel deur die toue gemoer is deur Lennox Lewis. Glad nie fokken mooi nie.

En bitter unfair. Nie vir hulle nie, want hulle speel soos paloekas, maar vir ons die long suffering ondersteuners. Ja, ek is een van daai dose wat deur die maer jare 90 maal 90 minute gemors het op troostelose spel en nul vuur in hulle ballas. En nog minder agter hulle shots at goal, waarvan meeste Morné Steyn kan aanvat in beide hoogte en mis wees. Vat dit van my af, die manne het baie kak moes speel om by 85ste plek uit te kom . Baie kak. Too much kak bafethu. En hulle het ook. Genuine. Tata vibes. *pisgril*

Niks meer Lucas Radebe, Doctor Khumalo, Mark Feeeeeeeesh, Shaun Bartlett, Benni McCarthy nie. Fokkol. Niks meer TKZee songs nie. Niks meer goals nie. Niks meer Oom Dela nie. Net vuvuzela. Net Gifappeltjie trui. Net sleg.

BafanaTot die World Cup 2010. “Ke naaaaaako!” vibes, selfs witmense wat geel dra op Vrydae en Mzansi vlaggies op hulle Prado’s vasmaak, pubs wat pomp op Bafana hoop en dan uiteindelik – sommer in die eerste rondte – die kenmerkende neerbliksem en ‘n vroeë ninja bom uit die sokker skouspel uit. Die eerste keer ooit vandat mense sokker speel. In die wêreld ooit. Uitstekende werk. Tien uit tien.

Tog laat mens jouself opsweep deur hierdie gevoel, soos nou weer met Afcon 2013. Bafana wen een game en mense verloor hulle kak heeltemal. Ons gaan aan asof ons nounet op die maan geland het. Die geel maan van oorwinning. “Weeee are the champions my frie-eend! Benni in the 18 area! Is the BEST team in the world!”

En daar is iets mooi daaraan vir my. Dis fokken awesome, terwyl dit hou. Ek, soos baie ander, word ook meegesleur deur hierdie diep nasietrots en kinderlike opgewondenheid as ons selfs gelykop speel. Ek droom ook. Ek hoop ook. Ek glo ook. Maar ek kom van Vereeniging af, en ons is nie veel gewoond nie. Ons weet.

Punt is, dis unfair. Ons Boys speel yo-yo met ons harte. Fok met ons feelings. Alweer is ons deur op ‘n wing en ‘n prayer, en Saterdag loop die bafana tos mascothoop soos stroop as ons Mali aanvat in die quarters. Tegnies speel ons maar kakkerig (redelike poesgroot fokken eufemisme daai). Soveel so dat hulle advertensies vir impotensie in halftyd wys. Genuine, ek maak die kak nie op nie. Check dit uit.

Maak geen fout nie, ek hoop ons fokken wen. Sommer 1 – 0 of iets mal. Fok Mali. Ek wil hê Bafana moet ons trots maak, maar ek waarsku maar net vriendelik om nie te veel te verwag nie. Al wat ek sê, is kies ‘n tweede gunsteling span as ons dalk moontlik nie kwalifiseer nie. Dalk. Moontlik.

Aan die ander kant, Mali is gewikkel in ‘n actual burgeroorlog back home, so hulle wil dalk regtig nie huis toe gaan nie. Fokken unfair, ek weet…

Ek weet.

Bafana-celebrate

Chopper CharlieEish Bafana, we… we are being robbed bafethu! Robbed too much…

Comments

  1. Evert

    Ek's nie juis 'n sokker fan nie, maar waaroor ek wel opgewonde is, is dat 'n Castle kis R129.99 kos by die local Pick n Pay die naweek.

  2. JP

    Baie baie goed geskryf!! Het hom mooi op die clit geslaan.

  3. Ouma Meelbol

    Ek gee nie 'n fok om oor sokker nie, maar GOED geskryf, Chopper!

  4. fran

    voel vere vir sokker en toe laasweek wen ek 'n bafana official replica t-shirt van puma. fok weet hoe, maar ek het. sal hom môre aantrek.

  5. wilnetspyker

    En toe verloor die ou Boys, dus nou bedoel seuns, en nie soos in die arpartheid dae nie ne, waar jy sommer n ding kon reg gehelp het met die plat hand, my fok hulle konni eers die agterkant van die net kry nie, shame nou kan Zuma maar sy ou fokken piel vashou, die beker gaan hy nie, hahahahaha.

Gooi Comment