Advertising se knaende, patriotiese stiefkind, wat jou met bose geeste wil toor.

In Snotstories deur Christo Brandbruggies4 Eiertjies

Check, op skool het ek altyd die dag voor die atletiekuitdunne ‘n blok groen Sunlight seep gevreet of getry hondsdolheid of TB by die hobo agter Shoprite optel. Enige iets om seker te maak ek mis die volgende dag skool. Was dit omdat ek liewer wou lê en Tony Hawk’s Pro Skater speel by die huis en draties kap? Ja, maar ook omdat ek super tos was in atletiek. En reeds as ‘n laaitie het ek besef, as jy kak is in iets, hou liefs verby en doen iets waarin jy beter is – dit vermy vernedering, kak selfbeeld en dit itriteer minder mense rondom jou. Ander bra’s het ruggas gespeel en kon ysterballe moerse ver gooi. Ek kon kickflip en ringe blaas met sigaretrook, fokken legend groot ringe soos daai wurm in Alice in Wonderland, pappie!
 
rookwurm
 
Ek dink wat ek try sê is, stick by waarmee jy goed is. Niemand wil ‘n gym instructor hê om hulle op ‘n weight-loss program te sit as daai einste instructor ‘n BMI van fokken 34 het nie, jy maak uit?  Netso as  jy ‘n mechanic is, bly by karre fix, moenie try om naweke ‘n shampoo-rep te wees nie, want sien, jy’s ‘n mechanic en almal weet mechanics het fokken walglike greasy hare, so jy gaan fokol sales maak nie. Plus daai Princeton stank aan jou trek in die ou tannies se gordyne in.
 
vettieboemboem
 
Nou ja, FNB maak obviously nie uit van dieselfde beginsels as ek nie, want die “B” in FNB staan vir Bank. Dit beteken hulle werk met geld en shit, dis hulle forte mos, dan. Nie advertising nie, veral nie as dit humor of politiek involve nie. Hulle is actually “kak” hiermee (sien boonste paragraaf vir verwysing).
.
Sien, hulle het onlangs glibberige borrie-geel baked beans gespuitpoep en huis toe gehol, dit nadat die ANC hulle ‘n golden shower en swirlies in die gents gegee het en gedreig het om hulle sussies te spyker. Die ANC was blykbaar so onsteld en krapperig soos ‘n afgetrede Russiese hoer met tandpyn en dit oor skoolkinders in ‘n advertensie wat tune hulle hoop vir “‘n beter toekoms”. Gevolglik het hulle dit noodsaaklik geag om hierdie klein “agents” en FNB te ontbloot as ‘n klomp up-and-coming terroriste en Satan spawns van die Boeremag, onder andere. FNB het toe maar besluit om te buk en berge toe te kyk. Hulle het die ads verwyder van Youtube af, want haai nee, netnou kry iemand se gat slae.
 
Die ding is, FNB het dalk nou hier ‘n toets gedop. Fair enough, ons almal het al. Maar voor hierdie debakel was dinge ongelukkig nie veel beter vir die ouens by die FNB marketing kantoor nie. Ek het bietjie navorsing  gedoen en gesien dat meeste van hulle advertensies eintlik heavy tos is.  Kom ons kyk na so paar.
 
“HI, THIS IS (POES IRITERENDE) STEVE FROM (POES IRERERENDE BEEP!) BANK..”
 
Kyk, ek dink nie dis nodig dat ek jou vertel van STEVE nie, want ek is seker as jy in Suid-Afrika was die afgelope jaar of twee jy presies gaan weet van watter advertensies ek  praat. As jy nie weet nie, kom ek gee dit vir jou in ‘n neutedop: Steve werk by ‘n kak bank, die bank se naam is “BEEP!” bank want hy mag nie sê nie, en dis baie meer realisties en fokken BAIE meer ireterend om na “beep!” geluide te luister as jy in die spitsverkeer sit. So Steve bel nou vir “ou Tante Koba”, sy’s ‘n goeie Christen en bank by FNB. Nou probeer Steve een of ander kak perks aan haar verkoop wat sy bank aanbied, want sien, ons almal kry ook nie genoeg  van daai oproepe om ons na drank en pille te dryf nie. Nou val sy hom in die rede en vertel vir Steve hoe piele bank FNB is, amper beter as haar pressure cooker en naaimasjien as hulle kon babatjies saam hê. Steve is so flabbergasted deur die tante wat sy tottie en tong sommer once gelyktydig knoop dat hy die foon neergooi in haar ore soos ‘n steekse tiener met kalenderkoors. En ons almal skeer ons holle wawyd oop.
 
Okay so die ad is nie ‘n sukses nie, wat doen mens as jy van jou bicycle afbliksem?  Staan op, vee jou stof-snot neusie af en probeer weer? Ja, maar try iets anders, soos om nie agterstevoor op die fiets te ry nie. Try ‘n ANDER approach pappie, ‘n ander ad campaign. Maar nie FNB nie. Ek skiem die convo in hulle marketing kantoor het so iets gelui: “Jir bra, my nefie het gister daai ad van ons geluister op die radio en hy tune dis kak lame en annoying bra, moet ons iets anders try?” (Sy tjommie) “Nee fok, my nefie sê weer aanhouer wen, so ons hou aan en maak nog  Steve- ads. Dit suig piel, maar dalk as ons aanhou en en aanhou raak dit soos ‘n saga of some shit bra. Ons maak vir Steve ‘n legend!”
 
Wel, ek skiem vat daai fiets en gooi hom onder ‘n fokken trok in, hopelik met Steve bo-op.
 
Hier’s nog verdere kotserigheid wat afspeel in die 300+ hoofstuk saga van Steve, gekombineer met die 7de runner-up in die 3de seisoen van Pub Idols, wat melodiese, komiese verligting probeer meebring. Hou jou bruin papiersakkie byderhand.

“KOM ONS TRY DIE HUILERIGE APPROACH”
 
Die ouens by FNB het ook gesien dat die manne op Nuweland baie nat onder die oë raak as die volkslied gesing word by rugby games. Dis dalk omdat die ouens poes dronk en/of emosionele wrakke is, of dis omdat hulle baie trots is, trots op ‘n song waarvan niemand apparently die woorde ken nie. Toe drop hulle hierdie enetjie:

Kyk ek like die volkslied net so baie soos die volgende ou, maar rêrig, kon hulle nie liewer babahondjies gebruik het soos die mense wat kakrolle verkoop nie? As jy onoorspronklik wil wees en aangeplakte sentiment gebruik om jou produk te swaai wat FOKOL met die prys van eiers (of deursnee/digtheid van ‘n dronk , nostalgiese man se brein) te doen het nie, gaan ten minste all out. Dalk ‘n honger Chihuahua wat huil en die volkslied tjank met die Salvation Army wat die instrumente in die agtergrond speel? Fok ek dink daai een kan werk!
 
PROUDLY SOUTH AFRICAN APPROACH – “ FIT IN OR FUCK OFF PAPPIE!”

Hierdie kon netsowel  ‘n snippet uit ‘n Leon Schuster movie gewees het. Daai deel van elke movie wat jou laat kak voel dat jy en jou tjommies nie elke naweek by die OR Tambo julle eie flashmob danse gaan perform op Shosaloza nie. Jou kar se handbriek moet ‘n vuvuzela wees, andersins fok jou, jy’s ‘n kak Suid-Afrikaner. Maar  wees gerus, daar’s ‘n “Shaka De La Rey” in die vorm van ‘n bank wat jou weer salig kan maak en restoreer na ‘n menswaardige Suid-Afrikaner, en hom naam is FNB. Ha.la.la.
 
DIE “SCARE THE LIVING SHIT OUT OF YOU” – APPROACH

As jy nie by FNB wil bank nie, dan fokken spreek ons bose kak oor jou uit, en gee jou kinders fokken nagmerries vir altyd, end of story.
(Skiem actually hierdie een kan werk..mmm..)
Remind my nogal aan ‘n Hitler speech, weet nie wat de fok die ou sê nie, maar ek weet hy bedoel dit, so ek beter dit ook glo anders is daar moeilikheid.
 
So FNB, “How can you help me?”  By helping yourself my bra. Kry ‘n beter marketing team, ek weet  creative minds rook goeters, maar jou tjommies rook klaarblyklik die verkeerde kak. Bel gerus die ouens daar by Nandos, dalk kan hulle help met bietjie van hulle goeie zol.
 
Dis ‘n plesier.
Deel met jou tjommies!

    Christo BrandbruggiesAdvertising se knaende, patriotiese stiefkind, wat jou met bose geeste wil toor.

    Comments

    1. Cala

      Dit klink my jy's net suur oor jy nie ook 'n iPad kon kry nie… bra jy kan sê wat jy wil maar die campaigns het gewerk. 22% groei in een jaar is iets wat die gevestigde banke in ons land net van kan droom.
      Ek stem saam dat hulle nie moes pucker vir die ANC nie – maar soos jy seker in al jou navorsing gesien het, het Michael Jordaan, die CEO van FNB, dit duidelik gemaak dat FNB nooit om verskoning gevra het vir die advertensie nie. Hierdie direkte aanslag het gelei tot verdere dreigemente deur die ANC – die grootste een dat hulle hul miljoene elders gaan skuif – seker na Switserland saammet die res.

    2. Verloc

      @Christo: Jis bra, jou attitude oor die hele ding is presies die probleem.Ja van die advertensies is pens-giff, maar te minste is dai peeps by FNB se advertisement departement besig om n positiewe boodskap oor en vir Suid Afrika uit te stuur, ons moet juis al die goed begin raak sien.Go FNB

    3. Prof. Bokdrol

      Verloc jy mis die punt bra – presies soos die hoogeerwaarde Meneer Brandbruggies opmerk, hulle is 'n bank, nie die fokken Moot Amateur Dramagroep nie. Ek is by FNB en ek like hulle befok want hulle diens is great, hulle is moerse tegemoetkomend en altyd bereid om te help as jy tydelik in die kak is. Om die waarheid te sê, as daar één rede is hoekom ek sou fokof by FNB is dit juis oor hierdie snikkerige tos wat hulle opdis as reklame, dis sulke lame en ooglopende gatkruip by die massas en irriteer die bloupers fok uit my uit. Ja ek like SA en ek bly net hier al kan ek oorsee fokof, maar maandeinde as mens shit het om te betaal en jou poes kliënte duck en dive met betaling wil ek hê hulle moet my vining 'n tydelike overdraft gee – dis hulle diens en zak wat tel, en op daardie stadium voel ek 'n fok vir Nkosi Sikilele Yadeeyaaadeeeeyaaadaawaddefokookal want dit gaan nie my verpligtinge dek nie. Waar Nando's die kiefste ads op TV het, het FNB seker meer van die fokken kakste schmaltzy tos opgedis oor die afgelope jare as enige ander company in die land. As 'n bank gee ek FNB 9/10 maar hulle ads kry by my 'n 3/10 at best. Sela.

    4. Prof. Bokdrol

      NS: Captain Obvious het volle vertroue dat julle gekop het dat die "lame en ooglopende gatkruip by die massas" juistement gedoen word deur FNB om nog dieper in die in ANC se gat op te kruip – die Ghavvermint belê tog wel genoeg zak by hulle om my jaarlikse inkomste elke sekonde te verdien, sodat hulle Nkontla II en Nkontla III kan oprig met die rente wat SARS by FNB kry…maar nou ja, wat de fok weet ek nou van financial services…

    Gooi Comment