evil fridge

Watkykjy nuus round-up. Week 2.

In Wat is nuus? deur griffin7 Eiertjies

evil fridgeBier is fokken gevaarlik
'n Sestigjarige ballie in LA is verlede week koelbloedig deur sy yskas vermoor. Die bra was lus vir 'n koue outjie en het na sy basement toe gegaan om 'n skuimkoppie deur die nek te jaag. Almal in Amerika het mos basements, attics en bomb shelters waar al hulle kak gestoor word. Die yskas het geskiem "fok jou!" en op die omie omgeval en hy't die emmer geskop. Een sonder ys en bier. Hoe nou, bierman? – Huffington Post

Ek sal hom mooi kyk, meneer
'n Besigheidsman van Kaapstad skuld nou vir ACSA R42k omdat hy sy tjor vir 'n jaar lank by OR Tambo in 'n parking spot gelos het. Die bra bly blykbaar in beide Kaapstad en Johanesburg volgens News24. Met 'n van soos Grootboom is dit seker nie onmoontlik nie. Een voet in Kaapstad en een voet in Joburg. Sy ballas gooi seker 'n dik skaduwee oor Colesberg. Grootboom het glo vir 'n tjommie die parking ticket en sy kar se sleutels gegee, maar sy tjommie het die parking ticket weggepoes en stil gebly daaroor. Die kar (kug-kug), 'n Renault Clio, se boekwaarde is minder werd as wat die arme ou vir ACSA skuld. Ek sal so "vriend" 'n taai poesklap gee… - News24

McWurms, asseblief. En supersize hom faktap.
Mornay Walters het vir homself drie Mac Mixa Meals gekoop by McDonalds in Parklands daar onder innie Kaap iewers. Hy het op die bed gelê en DVD kyk en lustig voortgesmul tot hy iets weird geproe het. By nadere inspeksie het hy agtergekom dat hy reeds die helfte van 'n wurm afgekou en ingesluk het wat vakansie gehou het in sy McWaddefok. Hy't die take aways net so terug gevat na McD's toe en die manager getune hy soek sy zak terug. Al wat hulle hom wou offer was 'n nuwe burger. Seker ook met fokken wurms in of dalk 'n vlermuis of twee. Fokol zak terug. Die manager het hom boonop getune dis nie hulle skuld as daar wurms in hulle suppliers se blaarslaai is nie. Are you fucking kidding me? Dis soos om 'n VW Jetta te koop en cocaine in die seats te kry, want die seats word in Brazil aanmekaargesit. Fokken blaaint. -Ironies genoeg kom hierdie storie uit  Die Burger uit.

Die McDonalds manager kan bly wees die oom het nie hierdie move op hulle gepull nie:


Die vieslikste movie trailer op aarde

Maats, hierdie is glad nie fokken mooi nie. Jy GAAN jouself bekak. Evil Dead se remake slat later die jaar die flieks. As jy miskien 'n nuwejaarsvoorneme het om in 2013 minder bang te probeer wees, wag tot vanaand voor jy hierdie kyk. Sit al die ligte in die huis af en los jou vensters en deure oop. Gaan sit dan met 'n dun kombersie oor jou opgetrekte kniegies, 'n bakkie papperige oats en vat 'n modvol daarvan voor jy play druk. My fucking shattered nerves!

Deel met jou tjommies!
griffinWatkykjy nuus round-up. Week 2.

Comments

  1. fief

    ek wens nuus was elke dag so opwindend om te lees,  fok weet

  2. Slim

    Het die oorspronklike Evil Dead innie eighties gecheck – die een wat die NP ge-ban het.  Dit was nogal freaky.  Hierdie kan dalk werk…

  3. Prof. Bokdrol

    "Besigheidsman" wat 'n Rk42 Clio ry – fokkit ou, is zak bietjie skraal of iets? Watse "biesighyt" doen Mnr. Groetboem dan – verkoep Meneer dalk tik in Moreleta NG Gemeente se parking lot of so? Of dalk effies by Nkontla se hoofhek?

  4. TIETE

    Die is nie so scary nie, die tannie wat oranje kots moet haar Oros bietjie met watertjies mix! Sy gaan fokken sooibrand kry man!

  5. Dhitg

    Ek kanie wag vir hierdie bad boy nie, is n moerse fan van die original! Wat cool is is die feit dat hulle geen of min CGI gebruik het.. ek dink dit mag dalk n treffer wees kerels. Poes cool

Gooi Comment