dorado

Van lekker lag, kom lekker bloei.

In Snotstories deur Chopper Charlie5 Eiertjies

[Ek word al vir 'n rukkie gesmeek om te vertel hoekom my naam Chopper Charlie is. Dis nogal weird, ek vra jou nie hoekom jou naam Johan of André is nie. Maar anyway, here goes…]

It was the best of times, it was the worst of times…

Glenmore, Natal, circa 1999 en Chopper, griffin, Skipper Glen et al is saam op vakansie in iemand se ma se vakansieflat – minwetend dat blydskap, maar ook tragedie, binnekort sou volg…

Dis weer vakansietyd, dis rondomtaliedraai. Ons raak lekker gesous dat die kop kwaai draai. Heeltyd speeltyd. Lekker by die see vibes. Jy weet mos. Jy ken. Dis jou kos daai, jy haal hom uit. Noujatoe.

doradoPoesdronk gaan koop ons vis op die dorp, 'n dorado of "die hoender van die see" soos die tannie hom daar roep. Natuurlik. Die winkel het ook 'n sticker wat sê: Praat gerus Afrikaans. Maar helaas, ons is blind vir die eerste slegte tekens van die dag. Verblind deur blydskap, jonkwees en die bier wat balhorig bruis in onse are.

By iemand se ma se vakansieflat aangekom reën dit, maar minner gehinner maak ons vuur en braai vis se kind net daar. In die reën. Voor die flat. Soos Afrikaanse mense betaam. Met grootoog Gautengers wat neus teen hul skuifdeure staan en staar, bietjie soos Vanderbijlers wat die Vaal Mall die eerste slag sien. Of Sasolburgers maybe. Mos fokkol gewoond.

magnumpiTerug binneshuis stel ek myself aan as kroegman terwyl 'n ander vrind – ene Naked – 'n tune of drie opline dat die dronkies kan dans. Hier moet ek Mainstay 750ml Pack Shotdalk ietwat meer beskrywend wees. Op daardie stadium van my lewe het ek net Hawaiian hempde gedra en ook 'n gesonde liplapa (of snor vir ongekunsteldes) gekultiveer. Om dit te kroon (letterlik en figuurlik) het ek 'n blou Mainstay keps opgehad met Aviator styl darkies op my aantreklike dog bloedbelope oë. Raait…

So kort voor lank loop die dop soos die reën daarbuite en toe ook daarmee saam die jokes oor my bar, my uitnemende styl, indrukwekkende penislengte ensovoorts. En dis net daar wat iemand opmerk dat ek darem hel baie soos Magnum P.I. lyk, of dalk eerder sy chopper pilot tjommie – ou T.C. van daai befokte 80s reeks. Die swart bra, nie die een met die Ferrari nie.

theodore_tc_calvin

(Hier moet ek dalk byvoeg dat behalwe vir die mode items vroeër genoem, ek ook nogal groot lippe het. Okay, fokken groot lippe. Van daais wat lekker 'n chopper se blades kan namaak. Of is dit nou 'n motorboot?)

Well, so is dit toe gesê en so word my naam toe Chopper Charlie (regte naam Charles, soos die prins maar minder van 'n poes). En 'n paar maande later join ek, griffin, Skipper Glen en 'n ander pel Super Deluxe 3000 forces om die altemit Afrikaanse websait in die heelal te begin.

Maar voor dit kon gebeur, moes die partytjie eers 'n tragiese nadraai hê. Van lekker lag, so word ons geleer, kom lekker huil. In Chopper se geval moet dit dalk eerder verander na: Van lekker lag, kom lekker bloei.

Want sien, later die aand word die nuutgedoopte Chopper Charlie se oogbank hard oopgebliksem deur een van die vriende in iemand se ma se vakansiewoonstel. Op Glenmore. Circa 1999. Terwyl dit saggies reën oral omheen.

Once.

faceless-magnum-pi

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieVan lekker lag, kom lekker bloei.

    Comments

    1. dj bob

      And i always thought it was "Chop a Charlie"  (Charlie being the slang word for coke, as "chop a line")   

    2. #1 Pisscatt

      Fokkit…. dis darm maar poes interresant…. of nee wag……

    3. Dirk Beukes

      Berig is nice hou net nie van die gedeelte dat julle van Sasolburgers kak praat nie. Kyk meer na Boksburg, Brakpan en Benoni daar is die fagets

    4. potplant7

      Skiet plat Chops, fokken smart pen op papier gesit 
      Suip, saag en wheelie !

    5. Prof. Bokdrol

      Dirk, ek neem aan die Instituut vir Afferkaanse Taalkunde en Kultuur is nie daar om die hoek van jou pozzie in Sasolburg nie?

    Gooi Comment