vck

Van Coke Kartel – Chaos (nuwe video)

In Van Coke Kartel deur griffin6 Eiertjies

Van Coke Kartel se nuwe killer video, Chaos is sopas die interwebs ingejaag. Dis ‘n tune vanaf hulle Wie’s Bang album en feature Jack Parow.

vck

wies bangSo bietjie ekstra info. Julle sal check dat dit deur Ben ge-direct is – daai tjommie van ons wat daai poeshectic Fietas video gemaak het. Ben is al twee keer met ‘n mes gesteek, asook met ‘n vuurwapen aangehou, hy is per ongeluk geskiet deur die onluste polisie tydens ‘n Honeydew oproer en het ‘n paar blou oë ontvang,  alles in die naam van sy rou werklikheid filmwerk. As dit by musiek-groepe kom was Ben meestal betrokke met Die Antwoord om vir hulle ‘n verskeidenheid visuele kuns te skep.

“MK het my genader om ‘n visuele fees te skep vir hierdie fantastiese liedjie, so ek het gespring na die hierdie geleentheid. Ek wou ‘n video skep wat handel oor die drama van die einde van die wêreld soos ons dit ken. VCK en Jack Parow was wonderlik om mee te werk en het my volledige kreatiewe vryheid gegee om die liedjie te realiseer. Ek het die stelle gebou en het al die stukke van die legkaart gereed gehad om te gaan, dan het ons geskiet soos die tyd ons toegelaat het. Ons entoesiastiese redakteur Cremer van Dango het homself tot die uiterste gedruk en gehelp om hierdie kunswerk saam te sit. Met so ‘n briljante span soos Robo Wilson, ons DOP, en Wilma Smit, ons vervaardiger, het dit ons in staat gestel om hierdie video moontlik te maak op ‘n klein begroting met epiese resultate. Vele dank aan my span en aan Van Coke Kartel en Jack Parow wat my so goed laat lyk.”

Director: Ben Jay Crossmam
DOP: Robo Wilson
Producer: Wilma Smit
Editor: Cremer Van’Dango – Hey!Fever
Make Up and Hair: Liz Pretorius and Sammey Joe
Visual Effects: Lyle Van’Dango
Art Direction and Matt Painting: Ben Jay Crossman

Deel met jou tjommies!

    griffinVan Coke Kartel – Chaos (nuwe video)

    Comments

    1. Jo Poos

      ek weet ek is 'n ou middeljarige poes en seker heel moontlik besig om in my pa te verander, maar… wat de fok is die verskil tussen Van Coke Kartel, Fokofpolisiekar, ens? daar is omtrent 10 band met dieselfde members en hulle klink en lyk almal dieselfde (hipstergewaad met baarde en shit)
      die ergste is seker aKing wat Engels met dik Afrikaanse aksente sing en klink of hulle 'n woordeboek ingesluk het en te hard probeer om intellektueel en diep te wees. ek weet nie wat die Afrikaans is vir contrived nie…

    2. Prof. Bokdrol

      Jo Poos, jy mag dalk reg wees…kyk, soos jy is ek ook 'n ontluikende krimpie vinnig op pad na my half-century toe; ek like van pre-1895 stuff geskryf deur dooie vetgat Duitsers met pruike in tights, en my kennis van moderne shit is meer beperk as Julius Malema se kennis van houtwerk, of Jacob Zuma se kennis van…uhmmm…wel actually, pretty much about fokken enigiets (behalwe van hoe om die belastingbetaler, of alles anders for that matter, te naai.) Dr. Onk stem egter nie saam met ons nie – jou argument is dus dat as jy 3 konserte moet gaan uitcheck sal jy eerder vir bietjie variety vir Kurt Darren, Jurie Els en Steve Hofmeyr wil sien sing, eerder as om Francois van Coke 3 keer te sien in verskillende settings. Mmmmmm…overgezet synde, as jy 3 zabers kan score sal jy eerder vir Mev. Zuma (enige een van die trop, hulle lyk almal dieselfde ennieway…) en Rosie O'Donnell en Susan Boyle kies, eerder as dat jy Salma Hayek driekeer kan spyker? Interessante logika daai…fokken makaber, maar interessant, nonetheless…

    3. Jo Poos

      hahaha Prof… ontluikende krimpie. ek sal voortaan na myself as sulks verwys. 

    Gooi Comment