Park Acoustics hierdie Sondag! Score sommer tickets ook.

Dis tyd vir 2013 se eerste Park Acoustics by Forst Schanskop by die Voortrekker Monument. Daar gaan fokken baie dinge hierdie Sondag (27 Januarie) gebeur, so check die line-up en details uit hieronder. Al hierdie entertainment vir slegs 80 skille, maar ons stel voor dat jy jou tickets vooraf by Ticketbreak in die hande kry teen 70 skille, want dit lyk of daar hierdie naweek fokken baie mense gaan opdaag.

Daar is ook goeie nuus vir mense in Joburg wat nie lus is om Pretoria te te bestuur en dronk terug te ry nie:
Hotbox Express waai Sondagoggend 09:30 vanaf Cafe Sofia in Greenside (dis daai jol waar MK hulle Studio 1 goeters altyd uitsaai). Tickets is R160 en dit sluit jou transport soontoe en terug in, asook jou entrance fee na Park Acoustics, so spring as jy tickets soek. Click hierso. Baie fokken cheaper as die Gautrain.

Oudergewoonte gee Watkykjy twee double tickets weg na hierdie Sondag se Park Acoustics. Details aan die einde.

Info en line-up:

Main stage
10:00 Hek maak oop
11:00 Alan!Lets move on.
12:00 Black Handed Kites
13:00 Rambling Bones
14:00 ShortStraw
15:00 Tidal Waves
16:00 DJ Michael Lesar – Swing set

Sunset Comedy Stage 16:30 – 18:00
MC: Warren Robertson
Alfred Adriaan
Chris Mapane
Paul Snodgrass

Tickets:
R70.00 online by www.ticketbreak.co.za
R80.00 by die hek
Free vir kinders onder 6 jaar oud.
R10 per kar (main entrance by die Voortekker Monument)

In short is daar twee stages, ‘n bar, kos stalletjies, skoon toilets (nie daai groen kak-en-val-om poef traps nie), sagte groen gras, ‘n 360° view van Pretoria, nature trails as jy wil hike of mountain bike, art expo, comedy en braai vibes. Daar sal ook ‘n free bus wees wat vanaf 10am elke tien minute van die parking area af opry na Fort Schanskop toe. Die laaste bus ry 19:30 van bo af ondertoe.

PostBox
PostBox sal ook by Park Acoustics wees. Kunsuitstalling vibes vir local artists. Allerhande kak om te sien: art, design, photography, graffiti en al daai mooi dinge. Pragtig.

BraaiBoy Corner
Omdat daar health en safety issues is met sulke groot events, vra ons dat julle die potjiekos equipment, skottels en braais by die huis los. Wat jy wel kan doen is om jou vleis saam te bring sodat Braaiboy dit vir jou kan braai. For free. Fokol werk vir jou, plus jy kan daar staan en hom tune of uitkak oor hoe jy jou vleis soek. Maklik.

Score twee double tickets op Watkykjy:
Ons gee twee double tickets weg ter waarde van R160 elk. Al wat jy moet doen is om die hastag #myParkAcousticsMoment te gebruik op Twitter om @watkykjy en @parkacoustics te tune dat jy die tickets soek.

Hier is ‘n Voorbeeld:
Hey @watkykjy en @parkacoustics, #myParkAcousticsMoment – as die eerste band jol en ek al my 3rde bier op die gras sit en knak.

Heel fokken easy. Ons sal die #myParkAcousticsMoment hastag op Twitter track en twee wenners kies teen 15:00 vanmiddag. Nouma check julle dan daar hierdie Sondag. Piele.

park acoustics

Deel met jou tjommies!
Gefile in kompetisie. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

2 Comments

  1. #1 Pisscatt
    Posted January 23, 2013 at 5:29 pm | Permalink

    Jissis ek het nog nie vaan een van die fokken band ooit gehoor nie…… fok my !!!!!!!!!

  2. Prof. Bokdrol
    Posted January 23, 2013 at 6:56 pm | Permalink

    Ek ook nie, Pisscat – en ek kan verstaan hoekom een of twee bands obskuur sal bly – wie de fok gee in elk geval jou band 'n naam soos "Hek Maak Oop?"

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>