Krieketkapperjolle so vroeg in die nuwejaar

Toetskrieket was nog altyd kaklekker, maar bra Vern sorg deesdae dat dit meer befok as daai mik-en-moer T20 tos is. Dis asof hy voor elke game die ander span se batsmen tune hy gaan hulle lem as hulle sy balle try bliksem. Die ouens lyk kak bang.

Tog is Super Surfer Dale Steyn en Mantis Morkel actually meer likely om skade aan jou skedelbeen te verrig. Hulle like bouncers soos ek like om die PVR in te span wanneer die kameras op daai sexy skêre inzoom. My vrou like dit natuurlik fokkol, maar mooi was nog nooit lelik nie en kom ons face dit, iemand moet seker die cherries in die Kaap aandag gee aangesien dit ons land se unofficial hoofstad van holnaai is. Bewys my verkeerd.

Anyway, die antie laaik ook nie meer bra Vern nie want na gister se vyf stokke moes sy my met die hosepipe rondjaag omrede ek voor lunch al so gesuip soos daai ballies van Maak 'n Las was. Toetskrieket het mos reëls…

'n Bier vir elke tweede vier, wickets is shooters en as iemand 'n ton bliksem down jy mos alles wat voor jou is. Die average soutpiel reken mos dis 'n "sophisticated gentleman's game" met koekies en tee en dasse en maniertjies. Miskien was dit so in die dae voor al hierdie Walka's Drifters en interwebs vibes wat dit nou moontlik maak om die game te check terwyl jy 'n lapdance in Teazers kry. Fokken Once.

Om gister in perspektief te plaas; Daar was 11 shooters en drie biere voor 12 uur gesluk.

Gewoonlik word dit oor vyf dae uitgestretch, maar ons jol mos teen marbasse wat hulle kaptein 'n pit druk voor hulle die world champs try aanpak.
Donner, as die Kiwis maar net so kak in rugby ook kan raak. Okay, dalk is dit net 'n geval van die Proteas wat op die oomblik net heeltyd rooi gooi soos daai tyd toe Glenn Mcgrath en Shane Warne ons feitlik elke game deur die ore gewerk het. Tog jol oom Jacques Kallis (Jakalaas) nou beter as wat hy het toe hy nog in sy 20s was en sy eie hare kon groei. Dale Steyn is duidelik nie famly van die china met dieselfde van wat rugby jol nie en is sonder twyfel die beste quick wat ons nog ooit gehad het.

En kom ons wees eerlik, AB kan even 12de man jol en hy sal 'n moerse verkil in die game maak. Ek mis die man egter op punt. Hyt baie Jonty vibes vroeg in sy loopbaan gegooi en nou moet hy buk voor elke bal – nie cool vir 'n seun van Snor City nie. Hier en daar het ons seker nog scope (nie die magazine nie) vir verbetering, maar overall lyk dinge heel piele. Die een ding wat ons egter kort is 'n spinner soos Warne of Murali.

No offence vir Robbie P en Pie Tahir nie, maar mens sou dink in 'n land waar ons politicians fokken erekleure in media spin het sou ons al teen die tyd 'n legendary draaibalbouler in ons midde gehad het.

O fok, daar drop Elgar nounet 'n catch en dit lyk of Steyn na die game 'n surfboard op sy skedel gaan breek.

Dropcatch is drie shooters.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in sport. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

3 Comments

  1. Prof. Bokdrol
    Posted January 3, 2013 at 7:56 pm | Permalink

    Wel, as 'n dropped catch 3 shooters werd is, dan is daai referral wat hulle nie gevat het nie, en 'n solid LBW sou gewees het, seker about 33 werd (3 vir elke speler.) Fok! Hey ou Korties, hier's een wat jou vrou sal like, die opposite van die een hierbo: vir elke referral wat jy skiem "Uit" sou gewees het en jy verkeerd is, mag jy vir 30 overs net water drink…

  2. Prof. Bokdrol
    Posted January 4, 2013 at 4:57 pm | Permalink

    "Hoe Om Soos 'n Doos te Lyk in Krieket"
    (deur die Black Caps)
    1) Fire jou kaptein.
    2) Los een of twee sleutelspelers uit.
    3) Gaan toer in die agterplaas van die Nr. 1 span in die wêreld.
    4) Voila – mission accomplished.

  3. Wesley
    Posted January 7, 2013 at 1:17 pm | Permalink

    Dit was nou poes snaaks….

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">