Die Coke blik gaan half leeg wees.

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Tensy iemand 'n moerse cool deal met Russian Bear Vodka strike wat derduisende dronkgat Lions fans op die stands kan kry, gaan dit maar leërig op Ellis Park wees volgende week wanneer hulle teen Russia jol.

Kaptein Kortbroek scheme elke poepol wat nou al ooit homself 'n Lions supporter genoem het, behoort die game te gaan check. Julle ken daai vibes van "Liiiiiiiiiijjjjjjjuuuuuuuuunnnnnnnsssss!" wat eens op 'n tyd jou twitter-feed besoedel het.

Ja daai ouens. Ja julle fokkers daar in Boksburg valley asook die klomp zefgat Wille Wesrand freaks. Ouens van Alberton beter ook pitch en dit sal nice wees as die Brakpan brasse 'n day pass kry. Na laasjaar se Bok toer hou ons ook absoluut fokkol van Nigel Ounes, sorry. Springs en Germiston is nog oraait vir some rede. V-town, julle is welkom, hou net die chick onder beheer.

Om terug te kom na die eerste game van die jaar – instede van kak en kerm kan die verwaarloosde Lions fans mos nou die hele faktap system 'n pit druk en vir 'n slag die dodgy strate van Doornfontein aandurf – even al bly hulle in Pretoria. Mos fokken baie under cover Lions fans in Tjoerras. Okay nee wag so bietjie, maybe is dit 'n beter idee as die klomp Liiiiuuuuns fans wag vir die game nou sometime teen die Kings. Fokkit, meeste Bulls, Cheetahs, Sharks en self Stormers fans sal mos rooi gooi vir 'n dag of hoe?

Om te dink dit was about dié tyd laasjaar wat ek vir die eerste keer op die site gemoan het oor al die sokker tos op TV. Hier pop die fokken Lions sommer once uit as my saviours. Het nou die aand mos die patroitic ding gedoen en Bafana try support. Torture vibes. AFCON kan nou maar kom – danksy die Lions is daar darem binnekort 'n bietjie hardloop rugby op TV.

In die meanwhile check ons maar hoe pomp die Proteas sewe soorte skaap uit elke New Zealander uit. Ons is statistically baie kak in PE maar die keer is dit nie die Kings se skuld nie.

Lomaaaaan, Russian Bear rep! Maak seker ons is goed ge-vodka en sorg dat daar kakbaie Lions fans by Ellis Park kan wees. Witbank is 'n entjie se ry…

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekDie Coke blik gaan half leeg wees.

    Gooi Comment