snotstories

Bath Salts: Die kakste drug op aarde inspireer die kakste video

In Snotstories deur Franstasties7 Eiertjies

Ons praat nie van daardie kak wat jy vir die sesde jaar in ‘n ry vir elke vroulike lid van jou familie gekoop het vir Kersfees nie. Ons praat van Bath Salts, die hardste fokken dwelm aan beide kante van die treinspoor. Hoe fokken hard is Bath Salts vra jy? Check hierdie:

Daarsy, fokken lekker bergie gevreet. My gunsteling is as die nuus-poppie sê "The only thing left was his goatee … even his eyes were eaten away". Bath Salts is fokken mal. En blykbaar is dit die drug-of-choice vir die manne van die Amerikaanse vloot. Ek sweer, mens kan nie hierdie kak opmaak nie. Dit klink soos ‘n action TV movie. Ek kan net die advertising voice-over imagine: "You are submerged in nuclear sub with 50 sailor zombies. Before you can escape, you must first save face." Hulle sal dit adverteer tydens Crocosaurus v.s. Mega Shark. Jis, dit sal lekker wees.

In elkgeval, die vloot besluit toe om die probleem op te los. Hulle stap toe na hulle agency en vra ‘maak ‘n lekker fokken viral video’. Toe looi die copywriter bietjie Bath Salts, gaan bowling alley toe, slaan sy chick en fok uit by die Medi-Clinic.

Daar is natuurlik baie waaroor ons kan praat, maar my drie gunsteling aspekte van hierdie treffer:

  1. Hierdie avontuur vind plaas deur die oë van ons anti-held, Bath Salts Septimus, wat allerhande kak aanval in sy hoogheid. Maar kyk gou weer… in die eerste toneel sien ons ‘n jong man wat op sy Google masjien intik ‘Bath Salts. It’s not a fad, it’s a NIGHTMARE’. Mikrosekondes later is ons in Septimus se skoene en gooi footballs rond asof ons nounet die cheerleader genaai het. Dit beteken die persoon voor die rekenaar is Septimus en hierdie dom poepol het eers gegoogle of Bath Salts ‘n nagmerrie is en toe steeds die kak bestel. Oscar winning narrative. 
  2. Daar speel dubstep terwyl hy hoog is. Dus is hierdie ‘n bewysstuk dat dubstep so fokken aaklig is soos die aakligste ding op aarde: Bath Salts. I rest my case.
  3. Die feit dat hulle na die tyd ‘n educational video / powerpoint presentation doen oor die gevare van Bath Salts. Ek het die hele ding gekyk en al wat ek onthou is ‘people take the drug rectally’. My fokken donner man. Nie net vat jy die ergste drug op aarde nie, jy druk hom sommer by jou hol op. Sies.

 Gooi jou favourite aspek in die comment thread hieronder en kom ons bespreek maats.

Deel met jou tjommies!

    FranstastiesBath Salts: Die kakste drug op aarde inspireer die kakste video

    Comments

    1. Horinghooter

      Nou wat het geword van goedkoop matgom en thinners snuif – of nog beter om petrol te mompel? Nee ek is oortuig daarvan nou. Ons wereld gaan agteruit. 

    2. Jo Poos

      Ek het al "bath salts" gedoen. Bath salts is 'n generiese term vir een van twee middels, mephedrone of MDPV. Albei is kak plaasvervangers vir onwettige, maar goeie, stimulante. Die algemene effek is asof jy 10 gram cat gedoen het, met al die newe-effekte 20 keer vererger.
      As cat die arm man se coke is, dan is bath salts die arm man se cat.
      Dis 'n poes spul (alhoewel ek niemand se gevreet afgebyt het nie).

    3. DC

      Erger as bathsalts is krokodil
      Daai shit is nasty.
      Eet soos jou flesh van jou arms af.
      Google dit (NSFW) as jy dink jy het 'n sterk maag.

    4. Franstasties

      Goeie genugtig, lyk my hierdie artikel 'preach to the choir'. Ek sal oor Krokodil moet skryf volgende keer …. nog nooit daarvan gehoor nie maar goeie donner. 

    5. mamma poos

      Jo Poos jy moet asb huis toe kom ons bekommer oor jou.
      Pappa sal jou nie seer maak nie los net sy bubbelbath uit!

    Gooi Comment