09_dmt1522

Watkykjy klap Synergy Joburg hard

In Snotstories deur Zirkie6 Eiertjies

“Wat is so fokken spesiaal aan internationl bands?” Dis die vraag wat ek myself gevra het by Synergy Live, wat laas naweek by Riversands Farm in Joburg plaasgevind het. Vandat ek my siel aan Griffin verkoop het vir 'n pakkie smokes en 'n Oppikoppi ticket, is ek gelukkig genoeg gewees om nou al 'n hele paar music festivals by te gewoon het en elke keer word hierdie vraag meer relevant.

Wel, na Saterdag se mannewales het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die antwoord op my vraag “eintlik fokol” is. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek bedoel glad nie dat Prodigy, wie die headliners was, nie uitstekend was nie. Hulle het vir die Joburg crowd beslis 'n nuwe poephol of twee geskeur en ek het nou nog tinitus in my ore nadat 'n paar duisend mense om my aapkak gegaan het toe hulle die classics soos Omen, Breathe, Firestarter, Smack My Bitch Up en selfs moederfokken Voodoo People gespeel het.


Dis net dat al die res van die bands op die lineup so wêreld klas was dat hulle 'n grap gemaak het uit die hele konsep van “oooh, so-en-so band is van the overseas, dus is hulle cooler”

The Narrow was op net voor Prodigy en alhoewel hulle seker al gatvol is om Lonely Lonely te speel het dit beslis die grootste reaksie van die aand gekry. Alhoewel hulle guitarist op een stadium VIR ALTYD sy guitar moes tune was hulle set maller as 'n kakhuis rot. Zebra & Giraffe was so classy soos altyd en 'n moerse surprise vir my was Desmond & The Tutus. Ek het nog altyd so effense haat-boner vir hulle gehad, maar hulle nuwe, meer volwasse material het my hard laat gatswaai. Nie dat ek veel gat oorgehad het om te swaai na Bittereinder nie. “n Peach is net 'n vrug tot hy tunes begin maak, dan word hy 'n legend.” het een van my bedwelmde tjommies kwytgeraak en ek kan nie meer saamstem nie.

Die res van die bands; Newtown Knife Gang, Gangs of Ballet (wat is dit met al die fokken gangs ewe skielik?) en Wrestlerish het almal om die beurt great sets gespeel, ten sypte van die tos weer maar spesiale uitsondering moet gemaak word vir Man As Machine. Ek het voor Synergy nog nooit van hierdie ouens gehoor nie maar as hulle aanhou perform soos hulle gedoen het Saterdag, dan is dit net 'n kwessie van tyd voor hulle huge word. Fokken HUGE, ek sê! Beslis my favourite band van die dag.

So ja, ten spyte van 'n paar fokops, soos dat die fest twee ure laat begin het (jirre ouens, sort julle certificates of compliance uit voorityd), die kakkerige weer, en die fucked up PR chick wat die heeldag fokken nêrens was nie, en toe haar gewig kom rondgooi het net voor Prodigy en my uit die media pit weggejaag het soos 'n sleg hoer (seriously, ek weet nie wie jy is nie, maar FOK JOU!) was dit 'n moerse lekker tyd vir almal wat daar was. My driedag babelas en moontlike permanente hearing-damage kan getuig van dit. As daar 'n Synergy Live 2013 is en aangesien dit heel susksesvol was is ek seker daar sal wees, is ek so fokken daar!

Ek sal net moet onthou om earplugs te vat. En miskien ook 'n jumbo blikkie anti-PR Bitch Spray, net vir die wis en die onwis…

(foto's deur Watkykjy se next level fotograaf, Henry Engelbrecht)

09_dmt1522

09_dmt1525

09_dmt1500

09_dmt1473

09_dmt0949

09_dmt0697

08_dmt9962

08_dmt0416

08_dmt0100

08_dmt0053

07_dmt8647

07_dmt8119

06_dmt7186

06_dmt6718

05_dmt5574

05_dmt4972

05_dmt4908

04_dmt4403

04_dmt4389

04_dmt4310

03_dmt3686

02_dmt3347

02_dmt3204

02_dmt3158

01_dmt2898

01_dmt2148

Deel met jou tjommies!

    ZirkieWatkykjy klap Synergy Joburg hard

    Comments

    1. griffin

      En ek quote “(foto’s deur Watkykjy se next level fotograaf, Henry Engelbrecht)”

    2. Beeg_H

      Ek like nogal die "next level" tag. Gaan dit van hou af gebruik :-)
      Anyway, ek MOET saamstem (en ek weet waarvan ek praat, want ek het die hele liewe dag REG voor daai stage gestaan), die local bands hoef vir niemand terug te staan nie. Manne soos Newtown Knife Gang, Man As Machine en Gangs of Ballet gaan nog ver kom.

    3. Manus

      Daai donker kop kat is noggal lekker. weete wiere fokit is nie maar sy kan gebere word soos winters klere

    Gooi Comment