snotstories

Hoe om ‘n hangover te fight. Gee 2012 ‘n stewige handdruk.

In Snotstories deur griffin10 Eiertjies

Dis alweer die laaste dag van die jaar. En niks gaan uitwerk soos jy dit beplan nie. Sedert Noag twee van elke dier op die ark gelaai het (minus al die dinosaurs) pis dit altyd neer op Oujaarsaand en fok partytjies op. Jy gee jouself aan drank oor en die volgende dag is die huis vol modder, daar is voetspore teen jou ceiling en jy’t al jou Kerspersente opgefok. Daarna sit jy saggies en ween terwyl jy jou kniegies vashou en stadig vorentoe en agtertoe wieg en prewel asof jy deur ‘n Rhema kerk ge-indoktrineer is. Kyk, ons kan jou nie daarmee help nie, maar ons kan at least so paar tips gee om jou voor te berei vir die hangover wat jou op die klokke gaan skop of so paar wenke soos ‘n poep loslaat om die hangover te vermy. Jy gaan nie luister nie, dis feite, maar ons sal nogtans ons kant bring. Hier is so paar voorsorg en -nasorgtips. Almal lekker deurmekaar gegooi.

1. Drink kakbaie water
Jy het hierdie al by almal gehoor. Die hele fokken tyd. Jou liggaam het ten minste twee liter water per dag nodig om normaalweg te function. Dit maak die trippie na die porseleintroon toe ook meer draaglik. Water lube jou poefkanaal en verhoed dat jy bokdrolle die size van poolballe sit en uitforseer deur ‘n sleutelgat. Drank dehidrate jou lyf (net soos koffie) en jy moet daai water replace. Voor jy jouself oorgee aan drank, begin at least met ‘n twee liter bottel water. Jy gaan baie pis, dalk minder uit jou ogies uit. Drink ook sommer ‘n glas water vir elke alcoholic drink wat jy drink. Sure, dit gaan gay lyk maar jy gaan die volgende dag minder gay lyk as Pieter-Ben wat uitgepass in die hondehok lê met piele wat met permanent marker orals oor sy bakkies geteken is.

2. Suip iets soos Soberac
Die fokken goed werk net. Dis een of ander koolstofpil met milk thistle en anti-oksidante wat help om alkohol in jou lewer af te breek. Jy klap twee voor jy begin suip en twee nadat jy gesuip het. Die trick is natuurlik om te onthou om die laaste twee pille te suip voor jy katel vat. As jy dit kan bemeester sal jy die volgende oggend op about 95% kan function. Geen hoofpyn nie en geen weird smaak in jou mond soos ‘n rot wat daar gaan paar het nie.

3. Meng jou drank
Ja toe, meng jou drank! Jy is mos pa se oudste en enigste. Sommer bier, wyn, gin, brannas en shooters. Fokken aap. As jy nou vir kak wil soek dan moet jy hierdie tip ernstig opvat. Ons weet hoe dinge werk. Jy wil net eers so paar biere drink om jou ‘n lining te gee voor jy oorslaan whiskey en shooters toe. Ons weet dis onmoontlik om by een drink te stick en dis fokken boring, maar probeer sover as wat jy kan om nie te veel te mix nie.

4. Eet iets voor jy begin suip
Enige iets. Ses pakke chips, ‘n steak, pap en runaways, whatever. Kry net iets in jou pens want as daar fokol is om die drank te absorbeer gaan dit reguit lewer toe om PK’s uit te deel voor dit jou lyf aan die binnekant soos ‘n krimpie se handpalm laat lyk en by jou hol uitskiet.

5. Vang ‘n stort of ‘n swem
Moet net nie dronk in die swembad inkont nie. Kans is dat almal wat die vorige aand groot gepraat het oor hulle standerd 4 swem medaljes met vlerkies aan sal sink. As jy ‘n stort vang, klap hom so koud as moontlik. ‘n Stort steek ook trane weg, so gebruik hierdie tyd om soos JubJub te huil. Moet ook nie draties kap nie, want jy weet nie of jy nog fluid release kan bekostig nie. Plus mense gaan dink jy is vreemd as jy staan en apie wurg in die vlak kant. Jou bure se kinders sal ge-scar wees for life.

6. Vang ‘n vet kak
Hopelik voor jy gaan stort. Jy wil nie in jou swembroek die res van die gewonde soldate join aan die brekfistafel en dan agterkom jy het jou boude verkeerde kant to af gevee nie. Briekmerke oor mens se rug is onsmaaklik. At least kan jy dit in die stort afspuit. Jy moet ook onthou dat alles wat deur jou lewer gejaag is nou hazardous material is en jy het net een kazozpyp. Daai goed moet uit. Dit gaan ook nie mooi ruik nie. Onthou, drank word van vrot goeters gemaak. Of dit nou sneeudierdruiwe, aartappels, hops of piesangs is.

7. Moenie drinks down nie
Jy is nie meer twaalf nie. Jy het niks om te bewys nie. Of miskien het jy alles om te bewys. Ag nee wat, down maar die drinks. Kom vertel ons hoe awesome jy was.

8. Moenie heavy kak beplan vir die volgende dag nie
Jy het vergeet dat jy die family oorgenooi het vir ‘n braai. Nou moet jy in die son staan en steaks omdraai vir vyftien mense met ‘n apie op jou rug terwyl jou pa jou speech en jou ma huilerig aan jou ouma vertel dat sy “jou nie so grootgemaak het nie”. Of maybe het jy iemand belowe jy gaan hom of haar help trek na die nuwe woonstel toe. Die eerste Januarie is mos ‘n great tyd om te trek.

9. Slaap dit af.
Dis about die enigste ding wat help vir ‘n moerse hangover waarvoor jy nie “beplan” het nie. Sit die fan aan, sit die TV saggies aan op die agtergrond, gryp ‘n duvet en ‘n bottel water en suffer dit uit op die couch of in jou bed.

10. Drink en vreet regmakers
Hier beklemtoon ons weer water. Drink water. Fokken baie. Jy kan as jy lus is ‘n paar hoofpynpille ook afsluk, maar onthou dat daai outjies ook deur die lewer moet gaan. Gaan koop iets by die Engen wat elektroliete inhet. Iets soos Powerade. Monster Energy verkoop ook ‘n nuwe produk genaamd Rehab wat wondere verrig. ‘n Klomp mense reken dat ‘n groen ambulans ook die ding doen – Creme soda. Hulle praat kak. Dis fokken mind games. Gaan koop ook sommer ‘n family bucket by KFC en vreet iets vetterig om jou ingewande weer in gear te skop. Daai pomp moet loop en die pistons en valves moet hulle ding doen.

11. Hair of the dog
Hierdie is about as stupid as it gets. Hou aan suip. Klap soveel blerrie merries en bier as wat jy kan. Gin en tonic werk ook goed. Sluk dit met so paar pille af. Rook sommer ‘n zol ook en praat stadig soos Zuma. Al wat jy doen is om jou hangover uit te stel na later toe, en dan gaan jy fokken kak, ou pellie. Net so, sê Pietie.

12. Probeer om minder te rook
‘n Groot aandeel aan jou hangover is te danke aan jou Stuyvesants en die volgende dag sal dit voel of Barney The Dinosaur sy pers, wollerige piel in jou mond rondge-dart het. Probeer maar om so vyf minder skywe te klap, en moenie iemand met daai mond soen nie.

11. Moenie suip nie.
Ja right. Vet fokken kans. Dis Nuwejaar! Gaan bos!

Geniet jou New Year’s party en moenie in die tronk eindig nie. Net poese bestuur dronk. Hoop hierdie tips kon jou effens help. Speck julle outjies volgende jaar en onthou om kak grappies moreoggend te maak. Goed soos “Jirre, ek het verlede jaar laas gebad!”  of “Fokkit, ek het verlede jaar laas genaai!”. Let wel om laasgenoemde grappie slegs te maak as dit van toepassaing is. As jy 1 Januarie 2012 laas genaai het, is dit net fokken sad. Mense gaan regdeur jou sien…

Deel met jou tjommies!
griffinHoe om ‘n hangover te fight. Gee 2012 ‘n stewige handdruk.

Comments

  1. joburg_jon

    jy het een zeftip vergeet ou pappie.
    5k draf innie more, sort you out one time.

  2. Belhamel

    OK kom ek werk die raad volgens jou 13 punt plan deur. Alhoewel jy alreeds fles vat as ek so na jou laaste nommer kyk. 
     
    1. Fok baie water. Dan gaan daar nie plek vir bier wees nie.
     
    2. Fok die pille. Sien punt 1 se rede.
     
    3. Jy erken dis onmoontlik en boring. Nuff said.
     
    4. Ek stem. Braai is deel van die plan in elk geval. 
     
    5. n Swem kan werk. Man moet skoon word. 
     
    6. Die bruin beer kom wanneer HY wil en niemand tune hom ander kak stories nie.
     
    7. Ek's fokken awesome. Daar sal gedown word.
     
    8. Touche!
     
    9. Ek sal probeer onderskei tussen slaap en wens ek gaan dood. Ek is gewoonlik na so n paartie bang ek gaan nie dood nie. 
     
    10. Goed. Ek sal probeer. Die volgende oggend mag daar dalk plek in die pens wees vir hierdie goed. 
     
    11. Nou kom jy reg! Dit smaak soos nog.
     
    12. Ek stem. Fok rook. 
     
    13. En vir oulaas stem ons saam. 
     
    Thanx Griff. 
     
     

  3. Kameel Tril

    Nog 'n tip. Alkohol laat jou bloedsuiker val, so drink fokken kondensmelk. Ek het dit in my jonger dae gedoen en dit het fokken goed gewerk. Hou net 'n blik by jou en so tussen die suipery deur vat so elke nou en dan 'n goeie trek kondensmelk uit die blik. (Dit sal dalk nie te goed lyk by van die meer beskaafde partytjies nie, maar tussen die tipe geselskap waarby ek op 'n stadium uitgehang het was dit heel aanvaarbaar, die ouens lag 'n bietjie aan die begin as hulle jou sien, maar na 'n paar doppe begin almal filosofies raak en kan jy hulle gou van die logika van jou aksies oorreed.)

  4. Bossie

    En as jy die volgende oggend dalk met stukkende kneukels opstaan, kan dit dalk wees dat iemand op jou hande getrap het oppad huistoe. As jou beste pel egter 'n dik lip en blou oog het, kon jy dalk die faait gewen het maar dan moet jy maar vir 'n paar dae onder die radar bly om die waarheid te bepaal. Jou pel sal heel moontlik dieselfde doen. Maak dan nuwejaarsresolusies of reel nog 'n paartie . . .

  5. mary joe

    Kameel – maak melktertjies met daai kondensmelk. 2 vlieë met 1 shot.

  6. Gaarkuiken

    Het die oukie te laat gespot. Die lewer is nie te happy met hom eerste dag van '13 nie. Saag diep saai wyd!

  7. Prof. Bokdrol

    Einafok – ek het darem ten minste reël 12 nagekom (en ook maar net omdat ek nog nooit gerook het nie, anders was daai reël ook so vierkantig in sy fuckyou in soos die SPCA se kanse om 'n donasie uit Prez. Poeskop te kry.) Sit by die graft vandag (ek fokken sweer) en ek is so bewerig ek kan skaars my muis mooi vashou (nee fok man, nie muis soos in wolbeursie nie, ek is 'n seuntjie – muis soos in kompjooter-ding.) Jirre, kan nie wag om netnou te fokof nie; ek kan wel uit ondervinding vertel daai hair of the dog trick werk wondere – daar's darem nog 'n paar yskoues by die huis om die smaak in die mond weg te was – dit proe asof iemand in my slaap my tong afgevee het met die poephol van 'n fokken dooie muishond…

  8. #1 Pisscatt

    … …  … …   … …
     
    eish, fokkit, ek nou eers opgestaan…. eina my fokken kop wil geboorte gee aan iets….
     
    Fok drank is poes evil… ek gaan NOOOIT weer drinke nie….

  9. Belhamel

    Dit was fokken epic! Ek begin nou weer lewe kry. Ek moes maar daai water raad gevat het. My metode was n fokkop van epedermiese proporsies. Wie de donder het n hele swerm bruinbere op my losgelaat?

  10. JagsJannie

    Goeie fok! G'n wonder ek's so snotters gewees nie.
    1. Ys is mos ook water? Hoop so want het baie daarvan saam met whiskey gevat
    2 & 3. Oops!
    4. Kan nie op lee maag eet nie!
    5-11. Oops!!!
    12. O fok!
    13. My kanse op swangerskap is fokken 100% beter.
    Sal weer probeer einde van die jaar! Belowe!

Leave a Comment