Guitar legend, Albert Frost kuier by ons.

In Watkykjy Interviews deur griffin19 Eiertjies

Suid-Afrikaanse guitar legend, Albert Frost het sy ma gevra of hy by ons kan kom speel. Sy het gesê die saak is reg – hy kan oorkom as hy eers al sy chores by die huis klaargemaak het en as sy bed opgemaak is. Sy het ook gesê dat ons nie mag kak aanjaag nie en soet moet wees en dat hy vyfuur vir haar by die hek moet gaan wag met sy kitaar. Een van sy fans was ook daar asook sy buddy, Mike wat ons ge-join het. Ons het toe maar roomys gevreet en koendrankies gedrink en gesit en kak praat.

Ons het maar weer een van die Watkykjy cherries gevra om uit te help, want dis fokken chaos hierdie kant. Verskoon tog net die fokken deurmekaar erf en die honde wat orals rondloop en kak. So loop hy maar…

Julle kan Albert Frost op Tweeeta volg: @alfrost
Of gaan maak 'n draai op sy interwebsite: http://www.albertfrost.co.za/
Die next level DVD waarvan ons praat in die interview sal seker binne die volgende week of twee beskikbaar wees op http://www.zefshop.com

As jy nie wil wag vir Zefshop nie, bestel dit sommer direk van Albert se site af. Hier is die kontak details: http://www.albertfrost.co.za/wcontact.php

albert frost

Deel met jou tjommies!

    griffinGuitar legend, Albert Frost kuier by ons.

    Comments

    1. Helene Cloete

      Friggin love it!!! Awesome stuff! Al vraag wat ek het, is hoekom die drol nie sy suster se incredible blog gemention het nie. Poephol!

    2. Helene Cloete

      Dis friggin awesome! Cool stuff! Al vraag wat ek het is hoekom die dom drol nie sy suster se incredible blog gemention het nie. Poephol!!!

    3. Evert

      Hey Griff, is die toppie met die baard wat bekfluitjie en bass speel Albert se pa?
      Het hulle die jaar by die Toy run in die Kaap gecheck … fokken uitstekend!

    4. Author
      griffin

      Albert se pa is oorlede, omtrent 13 jaar gelede maar die nice omie met die moerse baard is Albert se stiefpa, Rob Nagel.

    5. Maggie

      Ma se seun het nogal goed gevaar!
      Glad nie skaam nie.
      Ek is net so geskok om te sien hy rook!
      Weet of ek hom weer kan toelaat om by julle te speel nie!

    6. Author
      griffin

      Sorry tannie, ons het vergeet tannie het ook internet.

    7. Prof. Bokdrol

      Dr. Onk wil graag 'n paar opmerkings maak:
      1) Daai blues vibes is nogal fokken aanloklik – nog nie heeltemal so aanloklik soos, byvoorbeeld, Laerskool Delmas vir die gemiddelde aartappelboer uit België nie, maar fokken aanloklik, nonetheless;
      2) Kan ons volgende keer asseblief die nimlike Arabelle beleef met meer drank in haar (by gebreke aan sekere dele van my anatomie…) asook minder kleerkies? Asse-fokken-blief?
      3) Fokkit Griff, ek dink jy moet eerder trek – is dit die gekrys van 'n Satansbudgie (beter bekend in Zef Afreaka as 'n hadida) wat ek bespeur so by 05:19 rond???

    8. Author
      griffin

      Ek reserve alle comments wat die woord “poes” bevat. Tannie en sussie Albert Frost lees Watkykjy, so ek moet myself nou watch.

    9. Prof. Bokdrol

      Wel, dan stel ek voor jy trek 'n Windows op WKJ en doen verskillende opsies, met WKJ Standard vir ons, en WKJ Lite vir mense vir wie kru taal welgeval nie (bv. enige inwoners van Huis Herfsblaar en lede van Jong Dames Dinamiek, as ek jou nou reg verstaan.) Ek dinkook  my midlife crisis ruk nou hand-uit…ek doen deesdae allerhande onverklaarbare dinge, soos om my Duitse motor te wil inruil vir 'n pansy-ass cabrio, en my musiekversameling van dooie vetgat Duitsers met make-up en gepoeierde pruike in tights te wil inruil vir Albert Frost CD's…

    10. Helene Cloete

      Geagte Prof. Bokdrol en Griffin. To whom it may concern. Ons soek nie 'n undiluted and light version van WKJ nie. Wie dink julle het vir Albert so mooi leer vloek? Beide Tannie en Sussie Frost is albei ouer en ons het ons wysheid met hom gedeel. Because sharing is caring. Barney sal so trots wees.

    11. Prof. Bokdrol

      Beste Helene,
      Dankie vir jou gerusstellende woorde – ons seuns was in darrie jarre mos geleer dat onwelvoeglike taal nie voor dames gebruik behoort te word nie, so ek toets maar net die waters.
      Die gebrek aan enige gekruide taal in jou kommentaar stel my nog nie heeltemal gerus nie – as jy byvoorbeeld "fok" iewers ingegooi het sou ek meer op my gemak gewees het – maar ons wil nou nie jou Jong Dames Dinamiek lidmaatskap in gedrang bring nie, so dit daar gelaat. Die feit dat jou boetie wel blykbaar beide rook én drink stem my wel rustiger, veral as dit blykbaar een of beide van jy of Tannie Maggie is wat hom dit aangeleer het.
      Sou jy dalk wel jou lidmaatskap opsê op een of ander stadium en bietjie meer vryheid beleef, oorweeg dit tog wel om 'n foto of twee van jou tiete na Griff se kant toe te gooi – ek kan nie insien dat enigiemand hier gaan beswaar aanteken nie.
      Groete en drukkies,
      Prof. Bokdrol.

    12. Belhammel

      Daarsy Prof! Ek sekondeer. Daar's nie n ander manier nie. 

    Gooi Comment