Feed The Wolf se kief nuwe track: Revelry Gone

In Kief musiek deur griffin7 Eiertjies

Donovan van Feed The Wolf het kom draai gooi hierso by 'n poesdeurmekaar Watkykjy HQ en hulle splinternuwe tune, Revelry Gone kom afdrop spesiaal vir die Watkykertjies se oortjies. Dis 'n fokken lekker tune en as daar 'n music video moet wees vir hierdie outjie, imagine ons perde, skelm Mexicans, mes gevegte en bar fights. Lekker vuil wille Weste gangster vibes. Gee hom 'n luister. Dis net hier beskikbaar. Laat ons weet wat jy skiem van die track. Jy kan net play druk hieronder, maar as jy die track smaak en wil download, hierso is hy for free (right click en "save as"): Revelry Gone

Feed The Wolf: Revelry Gone

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

feed the wolf

Die bra het sommer sy nuwe axe ook kom afshow. Hy roep die outjie "Visagie Jones". Dis 'n Fender Strat. 'n Mexican Lonestar. Nou weet julle ook watse guitar deel van die song uitgemaak het. As dit my guitar was, sou ek hom "Vleisdas Visagie" genoem het. Julle kan Feed The Wolf se Facebook page uitcheck: https://www.facebook.com/FTWFeedthewolf en hulle op Twitter volg: https://twitter.com/FTWfeedthewolf

feed the wolf kitaar

Deel met jou tjommies!

    griffinFeed The Wolf se kief nuwe track: Revelry Gone

    Comments

    1. #1 Pisscatt

      Ek laaik die song van die honger wolf !!!  Nice !!!!!!!!! so ook die puppies wat air soek ek fokken sê mos ne !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    2. Trapsuipies

      Eet my honger wolf! EET MY! Die tune praat met die mampoer-cowboy in my siel.

    3. Prof. Bokdrol

      My fok – daar word toe actually hier en daar na 1895 'n song of twee geskryf wat die moeite werd is om te luister. En Dr. Onk skiem steeds FTW se lead se stem gee hom 'n semi…

    4. Prof. Bokdrol

      Mense, ek het sopas 'n skokkende ontdekking gemaak! Daai Satannie was toe reg – nie alleen is Lady Gaga uit die bose nie (OK, ek assjab myself steeds liewer drie dae lank met 'n rasper eerder as wat ek 'n Lady Gaga kontsert gaan check) maar nadat ek een van Satannie se aandklasse bygewooon het, het ek ontdek dat as mens "FTW" agteruit spel lees dit "WTF" wat dan vertaal kan word in Afferkaans as "Waddefok" wat wel die vieslike profaniteit "fok" bevat! Steek weg julle kinders (enige inwoners van Delmas: let wel, ek sê "steek weg julle kinders") stock jou spens met 'n jaar se voorraad baked beans en omgord jou lendene, hierdie band is besig om ons Calvinistiese sedes te bedreig met betowerende musikale verleidelikheid – iets soos 'n poledancing weergawe van JS Bach, as ek nou vinnig moet dink. Fok, daar click ek per ongeluk alweer "Play"…

    5. saartjievaditvshow

      damn goeie musiek tune! ons het meer sulke kwaliteit musiek in ons wereld nodig. goeie werk ouens, hou so aan…

    Gooi Comment