Braai Hard: ‘n Standaardgraad lesplan in vleisswaai

Kyk, hierdie artikel is nou nie vir jou bedoel nie. Ons ken jou kaliber. As jy by laaitjie se Voortrekkernaweek braai dan kry jy sommer ook 'n medalje by die Kommando Offisier tydens Saterdagaand se prysuitdeling. Almal vra jou happies advies, maar soms raak dit te veel en dan wil jy net daai vreemde moer wat jou vrou se bestie spyker in die gesig vreet as hy nog een keer jou sosatieresep probeer steel. Jy wil darem van jou geheime terughou om in te sluit by daardie braaiboek wat jy eendag gaan klaarmaak. Maar nou toe, ons het die oplossing. Ons doen sommeer 'n vinnige reeks artikels oor braai. Stuur dit vir daardie nar as hy jou weer pla en skryf ‘Watkykjy’ in die subject line. Net so.
Vir die van julle wat gaan saamlees, welkom maats. Ons lesplan is dalk standaardgraad, maar niks funksionele graad kak soos ‘onthou genoeg ys’ of ‘vriende maak ‘n braai gesellig’ sal hier gehoor word nie, pêl.    

Dit gaan witwarm word hier. Maak jou reg, papawer.

Les 1: Wat kan ek maak dat my braai nie so erg rook nie?

george-poesElke jaar teen kerstyd mompel jou dronk Oom oor die fokken groen hout wat mens ‘hierdie tyd van die jaar’ kry by Hartenbos se BP. Maar waarvan praat hy? Is dit net sy sifilis wat opvlam? Dis eenvoudig, maats: bome is lewendige dinge en die aanwesigheid van natuurlike sappe binne die boom maak dat hy ‘groen’ is. Dieselfde beginsel geld as jy ‘n baba oopvleg met ‘n bottermes om te bewys dat hy ‘rooi’ is. Wat het dit te doen met braai? Wel, dis die rede waarom jou hout lyk asof hy hondsolheid het. Die hittebron (jou Blitz) bring die sappe in die hout tot en met kookpunt wat dan maak dat hy so borrel en suis.

Die hout rook nie omdat 7-Eleven dit buite in die rëen gelos het nie. Dit rook omdat die boompie nie lank terug gesny was nie en nog nie tyd gehad het uit te droog nie. Die oplossing is om een van daardie ouens te kry wat halwe bakkies vol hout verkoop en moerse baie hout in jou tuin te los om uit te droog. Moenie worry oor rëen nie, dit doen absoluut fokkol aan die hout nie. Dis die sappe wat moet uitdroog en dit vat tyd.

Nou maar toe, dis hoe maklik dit is. Tot volgende week toe dan. En onthou, jou braaivleis is die lekkerste wat Ouma al ooit geproë het.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Snotstories and tagged . Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

4 Comments

  1. petrusposbus
    Posted December 5, 2012 at 2:55 pm | Permalink

    Hierdie is nou vir al die valies wat met briquets braai en desember maand al die ooms en tannies uit die kamp plek uit rook met die einste nat hout.

  2. Prof. Bokdrol
    Posted December 5, 2012 at 5:07 pm | Permalink

    Fransie, ek is 101% met jou op hierdie een, bra. Braaikunde101, Module 1 – mense, dit behoort vanselfsprekend te wees, jy het hiedie goed al in Wetenskap Stannerd 2 geleer as jy reg onthou (en afhangend van waar jy op skool was, bv. HTS Brakpan of so, was brandstigting nogal 'n favourite pastime ennieway – die populariteit daarvan is gewoonlik omtrent omgekeerd eweredig aan die betrokke skool se gemiddelde klaspunt – ek skiem bv. daar is 'n goeie kans dat HTS Danville permanent in ligtelaaie staan.) Jy het 3 goed nodig 'n 'n befokte vuur te maak: 1) Brandstof (en nee, nie soos in fokken petrol vir Molotov cocktails nie, jou nool) brandstof soos in hout (droog en van verskillende groottes en diktes vir progressiewe vlamme) en regte egte Blitz, nie daai nagemaake kak van Spar of Pick 'n Pay wat lyk en werk soos halfgedroogde hondekak nie - minimum een hele pakkie en nog een op bystand as jy 'n fokop maak; 2) Suurstof – die in die lug is genoeg maar gee jou vuur lekker breathing space, en 3) hitte – as jy stap 1 en 2 reg gedoen het sal stap 3 outomaties volg na net een vuurhoutjie. As dit by braaivuur kom, dink meer Walpurgisnacht as fokken Carols by Candlelight, mense – daai braairooster staan al 'n week in die wind en weer en reën en die honde het hom al lekker blink gelek met dieselfde tong wat hulle die katte se kak mee opgeëet het, en die stukkies wat oorgebly het op die rooster na dit het nou sewe soorte nuwe penicillin mutasies al gekweek. Jy wil nie 'n Salmonella Special vir jou gaste voorsit nie my ou, jy wil die volgende week by hulle gaan kuier vir 'n reciprocal braai, jy wil hulle nie in ICU gaan besoek waar hulle op 'n drip lê met voedselvergiftiging nie, OK? Brand daai rooster gryswit skoon, en soos by enige goeie braai, teen die tyd dat die gaste al gaar is is die vleis gewoonlik nog rou, dan wil jy steeds 'n marrafakka van 'n hoop kole hê sodat jy nie van voor af moet begin vuur maak omdat jy 'n suinige fokker was was met 'n opgefrommelde koerant en drie brikettes probeer 'n halwe skaap braai nie. Goed begin is half gewin, né?

  3. Franstasties
    Posted December 5, 2012 at 5:21 pm | Permalink

    Goeie werk Prof, rooster skoon maak is een van die volgende lesse. En potjie maintenance. Omtrent alles in braai het logiese redes agter dit en as ons die redes verstaan kan ons elke Afrikaanse man se braai skills met 1 of 2 bonus punte opskuif. En dit, natuurlik, sal result in 'n moerse klomp ekstra lekker Braaivleis van Kaapstad to Kakemas

  4. Prof. Bokdrol
    Posted December 5, 2012 at 6:58 pm | Permalink

    Fransie, wiff all due respeck en alles skiem ek my braai-skills is so goed soos die gemiddelde Hoërskool Tuine matriek se vermoeë om sy bankie papegaaislaai wonderbaarlik te laat verdwyn as die cops 'n surprise visit doen na Maandagoggend se skriflesing en gebed in die vierkant, en jou ouma skiem reeds my braaivleis is lekkerder as joune, maar dit lyk na 'n befokte reeks hierdie – sien uit na die res!

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">