drinkneus

Afrikaanse popkultuur ontleed. Yup, dis kak.

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae11 Eiertjies

deur Hans:

Hierdie phenomena se oorsprong en bestaan is te danke aan twee sub-groepe van die Afrikaanse 'volk'. Eerstens het jy die gesamentlike subgenus van Afrikaners wat voorkom in die Oos-Rand, Krugersdorp asook die buitewyke van Pretoria en tweedens het jy die unieke genus wat slegs in die republiek van Potchefstroom te vinde is.

Kom ons fokus vir eers op die eerste subspesie (Oos-Rand/Pretoria):
drinkneusMans van hierdie genus kan maklik herken word aan 'n gelerige voorkoms (lewer versaking) asook rooi aartjies om die neus-area. Vroumense van hierdie subgenus is in baie gevalle bietjie misvorm as gevolg van bloedskande/harde arbeid of familie geweld (hulle is baie territorial) – maar in meeste gevalle kan hulle maklik herken word aan hulle kop-bedekking aangesien hulle 'n vreemde voorliefde vir peroxide en/of bloedrooi haar/koek kleursel het.
Hulle habitat word gekenmerk deur porseleinbeelde van bulldogs en dwergies, leë bottels drank, hondekak en die stank van drome wat nooit gerealiseer het nie.

Hierdie sub-spesie hou van 'n eentonige, konstante tipe ritme wat 'n eenvoudige boodskap oordra, soos byvoorbeeld die legendariese Kapteinkidarrin van Kurt Darren: "daar oor die horison wag sy vir my. Kaptein – span die seile Kaptein – sy is myne daar waar die son gaan lê, het sy gesê sy wag oh oh oh oh oh oh sy wag vir my".
Daar is baie bespiegeling oor hoekom hierdie geraas juis soveel aanklank vind onder hierdie tipe spesie maar die volgende redes is nou algemeen ge-aanvaar in die scientific community:
1.) Alcohol fetal syndrome.
2.) Mense hou nie van dinge wat hulle verstaan nie en hierdie genus verstaan bittermin.
3.) Hulle beperkte ritme en beweging kan aanpas na hierdie tipe musiek.
4.) Dit lok karpe.

Jou tweede spesie is baie minder versprei en kom voor in die sovereign republiek van Potchefstroom (in rare gevalle versprei hulle so wyd soos duckface fuckfaceTukkies en Bloemfontein). Unieke eienskappe onder die manlike geslag van hierdie groep is die kontras tussen hulle baie skraal onderlyf (bene) en onnatuurlike vergrote bolyf (bors en bisepte) – hulle voorkoms kan dus vergelyk word aan 'n gorilla met polio. Vroumense van hierdie genus is relatief moeilik om te identifiseer aangesien hulle baie aanpasbaar is. Daar is egter unieke eienskappe wat vorendag kom – die maklikste manier van identifikasie is 'n eenvoudige tegniek wat behels dat jy 'n kamera voor die subject matter se gesig hou, indien die lippe die vorm van 'n eend aanneem is dit 'n definitiewe teken van Africanus Potchzefstromius ('n akkedis tattoo naby die pantylyn of 'n skoenlapper op die hak is ook tell tale signs).

Hulle habitat word gewoonlik gekenmerk deur protein shakes, gym toerusting, plastiek plante, posters van feëtjies, onderwyshandboeke en baie haarstylprodukte. Daar word tans studies gedoen oor hierdie spesie se onverklaarbare aantrekking tot die 'Monster' brand.

Die spesie se musiekstyl is meer energiek en vinniger van tempo as die Gauteng genus se smaak, dog net so kak. Dit wissel van 'n meer snotpoes'agressiewe' style – straatlighonde tot 'n vreemde nasale geneulery – glaskas. Liedjies word dikwels gesteel van oorsese kunstenaars en herhaaldelik verkrag; kom ons vat snotkop se verkakking van Offspring se treffer 'My Friend's Got a Girlfriend' as 'n voorbeeld:

"My vriend het 'n meisie en hy haat daai bitch / Hy kerm elke donnerse dag / Hy se dis nou tyd om daai girl te los / Hy gaan crack as hy langer wag"

Redes vir hierdie spesie se aangetrokkenheid tot hierdie musiek:

1.) Chemiese wanbalanse as gevolg van steroid misbruik.
2.) Onderdrukte subliminal sataniese boodskappe in die lirieke.
3.) want dis kak cool.

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeAfrikaanse popkultuur ontleed. Yup, dis kak.

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Nice – jy het wel 'n eienskap of twee vergeet: "Drie geslagte se inteling" by Spesie 1, en by Spesie 2 skiem ek "Latente homoseksualiteit" behoort ook iewers te feature?

    2. Kameel Tril

      Daai Oos-Rand/Pretoria spesie is al 'n tyd lank saam met ons. Toe ek in die vroee negentigs 'n student by TUKS was hulle al volop gewees. Hulle gunsteling uithangplek op 'n Saterdag aand was Topaz in Vermeulen straat gewees. Jy kon die poese baie maklik uitken aan hulle kleredrag, snow jeans en Gypsies of p.t. broeke met rugby kouse en plakkies. Fok hulle, hulle het altyd die kak uit my en waarskynlik elke ander heavy metal fan uit irriteer. Nie dat Topaz een van my uithangplekke was nie, 'n girl het my een aand op 'n date soontoe gesleep, (as jy jonk is sal jy just about enige iets probeer om 'n naai by 'n girl te probeer score), nodeloos om te se, dit was die eerste en laaste keer wat ek by Topaz was, die plek was meer tappit as wat ek bereid was om te kan verduur, m.a.w. ek het ten spyte van my moeite nie daai aand genaai nie en dinge tussen my en die girl het vinnig dood geloop. In retrospek is ek baie bly daaroor, ek kon nou ook met porselein dwergies en bulldogs op my grasperk gesit het.

    3. Prof. Bokdrol

      KameelTril ek het baie fokken slegte nuus vir jou bra – hoe ouer jy word hoe méér desperaat gaan jy word om naai by 'n girl te score…

    4. Jagter

      HaHa.  Dit lok karpe!
      Baie fokken waar, veral as dit uit jou 3liter bakkie se ge-tunede soundsystem speel.
       
       
       

    5. Bokbal

      Whahahahahahahaaaaaa
      Naskrif: Ek smaak die skrywe stukkend, ek sê.

    6. Willem Wikkelspies

      Die eerste spesie like van wind surfing en doen dit gereeld met of sonder crocks. Ah maar deesdae is dit crocks met kouse aan. Veral bloubul kouse (maar nie die pienkes nie)

    7. Dirk Diggler Diktros

      Gorillas en polio?  Baie snaaks!!  DDD

    Gooi Comment