Watkykjy nuus round-up. Week 46.

In Wat is nuus? deur griffin3 Eiertjies

Shoek jy pietsha?
'n Doos in Indianapolis het dwarsdeur 'n gesin se huismuur gebars met sy Mustang en mens sou verwag dat sy eerste woorde iets in lyn van "O fok! Is julle OK?!" sou wees. Dit was nie. Sy eerste woorde was "You want some pizza?". Sy verskoning aan die polisie was dat sy voet aan die accelerator vasgehaak het en dat hy nie die brieke kon trap nie. Die waarheid was egter dat hy gesuip was. Hy het vyf biere by 'n tjommie se huis gesuip terwyl hy vir sy pizza order gewag het en daarna die pizza in die kar begin vreet terwyl hy dronk probeer bestuur het. Die gesin van ses was OK, maar hulle moes 'n nuwe blyplek soek, want die dronkgat het omtrent R260k se skade aan hulle huis aangerig. Wat 'n fokken doos! – Huffington Post

Krimpies vat mekaar aan
Twee krimpies, beide in hulle tagtigs en beide priesters in Australië het die goedige geloof uit mekaar uit gebliksem in 'n parking lot in Perth. Dit alles net oor 'n fokken parking space. Dit het ook nie daar gestop nie. Een van die priester krimpies het sommer ook die ander priester krimpie se oor afgebyt. Can I get a fokken haleluja! Perth raak meer zef by die fokken dag. Seker oor die influx Afrikaanse mense wat soontoe trek en die krimpies al hierdie kak leer. Die jirre weet… – Huffington Post

Die broekhoes filter
Die Japs het dit alweer reggekry om met 'n fokken bizarre invention vorendag te kom maar hierdie een kry actually ons stamp of approval. 'n Onderbroek wat jou poepe soos 'n Joggie Jansen tackle onderskep. Dis 'n tipe deodorised onderbroek wat jou poepe neutraliseer en die secret ingredient is ceramic particles wat die poepe absorbeer. Dis fokken fantastiese nuus! Almal weet die embarassing deel van 'n broekhoes is die reuk en nie die geluid nie. Jy sal nou met confidence in 'n meeting kan sit en boudbubbles blaas na hartelus.
"So net om laasweek se vergadring op datum te…"
RRRRRRrrrrrrt!
"Jissis, wie was dit?"
"Dis OK" laat 'n petite dame van die oorkant af hoor, "my poepe stink fokol. My poepol is gepanser deur die Poepenator!"
Kan daar beswaarlik 'n beter geskenk wees vir daai fokken simpel Secret Santa vibes wat party werkplekke op mense afdwing oor die Kersgety? Ek fokken dink nie so nie.
Rrrrrrrrt! – IOL

RRrrrrrt

Don't stop believing!
Iewers in 'n moerse secret hangar in die Kaap is 'n groepe toegwyde Watkykertjies besig om 'n next level vliegtuig te bou. Volgende maand vind die Red Bull Flugtag plaas op 9 Desember by die V&A Waterfront en Watkykjy se team, Team Journey gaan van 'n ses meter hoë ramp af in die see in bliksem en hopelik vir 'n klein rukkie airborne wees. Hulle word ge-judge op hoe ver hulle vlieg sowel as creativity. Daar is net iets soos veertig teams in Suid-Afrika gekies om deel te neem, so in ons boekies het hierdie ouens al klaar gewen (pik 'n traan). Hulle sal ons binnekort update met hulle vordering en so paar video's en foto's ook stuur, maar julle kan solank na hulle blueprint designs kyk wat ons uit die Pretoria Arts museum gaan steel het hierdie week:

watkykjy-team-journey

By the way, hier is een van Red Bull se nuwe videos. Dis nogal fokken next level:

griffinWatkykjy nuus round-up. Week 46.

Comments

  1. Bokbal

    Tannie: "Dokter, ek poep so elke 5 minute verskriklike lang salvos. Gelukkig is dit daai 'silent suzie' tipe en dit stink gelukkig ook nie. Ek kan net nie meer die natgeit in my bloomers vat nie."
    Dokter: "Tannie, drink diè groen pil en kom sien my môre."
    Volgende dag….
    Tannie: "Waar de fok het jy afgestudeer mannetjie? Daai groen pil van gister laat my poepe nou soos vrot varkafval stink."
    Dokter: "Fantasties! Gister se pil het so wragtie Tannie se reuk probleem op geklaar. Drink nou vanaand die pers pilletjie vir Tannie se gehoor-probleem en dan pak ons die poep-probleem môre."
     

Gooi Comment