Watkykjy nuus round-up. Week 45.

In Wat is nuus? deur griffin7 Eiertjies

Pregnant zombie
Sweet home Alabama, maar die 'Merikaners maak uit van kak aanjaag! Cops het uitgeslaan by 'n traffic light by 'n besige intersection in Birmingham,pregnant zombie Alabama nadat hulle paniekerige oproepe van die publiek ontvang het dat 'n pregnant vrou moontlik die slagoffer was van 'n skietvoorval.

Toe hulle by die scene opdaag het hulle 'n bebloede, pregnant vrou aangetref wat oor die stuurwiel ge-slump was. Die kar was nogsteeds besig om te idle. Toe maak die polisie haar wakker. Want sy was actually net poesdronk. Check, sy het vir een of ander rede soos 'n bebloede pregnant zombie aangetrek vir 'n Haloween party waar sy gekettie geraak het en toe besluit het om huistoe te bestuur. Seriously? 'n Pregnant zombie? Van al die zombies wat sy kon kies? Amerika is heeltemal zombie befok. Aan die ander kant, as "pregnant" deel is van jou outfit kan jy altyd later die kussing uitpluk om 'n middagslapie te vang as die Zamalek jou inhaal… – Daily News

Vat so, stinkie!
Behalwe van Halloween like Amerikaners ook van guns. Vir elke 100 mense in Gunmerika besit 88.8 mense 'n vuurwapen.  Numba one, pappie! Daar is dus gereeld weird skietvoorvalle. Soos 'n dom 24-jarige doos in Pennsylvania wat per ongeluk sy eie negejarige niggie geskiet het tydens 'n Halloween partytjie. Die kinders het wegkruipertjie gespeel en die dogtertjie was soos 'n muishond aangetrek waar sy stil in die tuin gaan lê het om weg te kruip. Boetman het toe geskiem dis 'n muishond en het die sneller getrek en sy niggie in die skouer getref. Honest mistake, want muishonde groei tot omtrent 'n lengte van 40cm tot 90cm waar negejarige skooldogters ook nie langer as 90cm groei nie. Gaan kyk maar vir jouself. Jou niggie staan nie hoër as tot net bokant jou knieg nie. Wat? Ek praat kak? Ag fok jou man, waar is my geweer? Jy lyk vir my soos 'n poedel.

Natuurlik is die ou se familie die hoppende fok in vir hom en hy sal in die hof moet verduidelik waddefok in sy kop aangegaan het. Die meisie is blykbaar besig om in die hospitaal te recover en is buite gevaar (solank sy wegbly van enige diere costumes en haar hoogs begaafde nefie) – Dreamin Deamon

'n Muishond in regte lewe:

schalk die muishond

Slange in die moederfokken poskantoor
Dit moes soos 'n scene uit 'n ou Leon Schuster movie gelyk het. Poskantoorwerkers in Sabie het in alle windrigtings laat spaander toe hulle op vier slange afgekom het in 'n express parcel wat iemand moontlik vir 'n tjommie gestuur het. 'n Amptenaar van die local Parkeraad het die slange gaan verwyder en die bra wat die pakkie sou ontvang is aangekla vir die onwettige vervoer van diere. Die posmeester van die Sabie tak, Mthobisi Duba reken dis die mees traumatiese gebeurtenis ooit in die poskantoor. Ons vat sy woord daarvoor. Wat meer exciting as middagslapies en go-slows kan nou actually in die poskantoor gebeur? Die ouens moes net kop gehou het, want die slange was nie giftig nie. Hulle kon net die adres label afgehaal het en na enige polisiestasie in Suid-Afrika toe gestuur het:

slapende polisieReuters

Liewe ouers, daar's 'n rot!
Kort jy 'n nuwe selfoon, my bra? As jy in Gauteng bly is jy in fokken luck! 8ta sal jou uitsort. Al wat wat jy hoef te doen is om Alexandra toe te gaan. Hulle het heavy rotprobleme daarso. Vir elke sestig rotte wat jy vang (jy kry even een van daai rat cages om die job te doen) score jy 'n selfoon.

Die initiative is deur LifeLine aanmekaar geslaan met 8ta as 'n sponsor. Een van die bra's wat daar bly, Joseph Mothapo het al twee fone gescore en reken hy sal aanhou tot hy 'n foon vir elkeen in sy familie score. Kom ons hoop daar is genoeg rotte vir hom.

Soos te verwagte het die stinkasem hippies alweer eiertjies te lê oor die storie. Animal rights en what not. Snaaks hoe hierdie volunteers en activists altyd in die mix inkom. Hulle is gewoonlik mense wat in huise bly wat byvoorbeeld 'n kakhuis het wat werk, lopende water het en jirre, elektrisiteit? Ek sal like om te sien as hulle vir 'n week in Alexandra moet gaan bly tussen rotte wat so groot is soos muishonde (of negejarige niggies). Ek sal daai goed onetime faktap skiet met 'n BB gun. – Guardian

1Time in sy moer in. Once.
Teen hierdie tyd weet jy seker dat al dat 1Time Airlines sy gat gesien het. Jy sit dalk boonop by die lughawe en wag vir 'n ander vlug terwyl jy hierdie lees. Hoop jy het water en deodorant…

Sir Adam Thompson het al terug in 1984 getune: “A recession is when you have to tighten your belt; depression is when you have no belt to tighten. When you’ve lost your trousers, you’re in the airline business.”

Tensy jy South African Airlines is. Dan poes jy net zak weg en vra die government vir 'n R5bil bail-out. En hulle fokken gee dit vir jou. 1Time het moontlik kak aangejaag en die airline business is een van die moeilikste industries om te run, maar jirre, hoe moet mens 'n besigheid try run terwyl jou kompetisie heeltyd snoepiegeld kry en zol daarmee koop agter die pawwies? Hoe is dit fair? Almal bitch heeltyd omdat SAA mond-tot-mond en CPR kry maar niemand doen actually iets daaraan nie. Andersins as die SABC liksens wat jy moet betaal, het jy 'n keuse. Het jy geweet dat SAA daai kots oranje Mango airlines ook besit? Nou weet jy. Elke keer wat jy 'n vliegkaartjie koop vir enige ander airline, koop jy 'n stuk SAA bail-out in die vorm van tax. Jy kan dit nie help nie, maar jy kan soos met enige ander besiheid met jou beursie vote. As SAA nie mense het om rond te vlieg nie, het hulle nie 'n business model nie, plain and simple. Dis nie asof jy nie 'n keuse van vlugte het na enige destination toe nie. Al gehoor van Google?

Moenie vir 'n piel gevat word nie.

piele air

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy nuus round-up. Week 45.

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Maaistallchuckingfrighty, my reeds verhoogde bloeddruk gaan deur die fokken dak as ek goed soos daai SAA bailouts lees. Al uitgewerk wat dit JOU kos om die klomp incompetent fokkers hierdie keer alweer te red? R 5 biljoen gedeel deur 1.4 miljoen significant belastingbetalers (en nee, daai R20 of so wat jy mos so pligsgetrou elke maand van jou tuiner se pay aftrek om aan SARS oor te betaal help nie…lees hier as jy my nie glo nie: http://www.mises.co.za/2012/03/how-many-taxpayers-are-there-really) is so rofweg R3600 per belastingbetaler per jaar. En as jy hierdie site lees en jy het 'n kompjooter en kar en stuff verdien jy vir seker meer as die gemiddelde bra, so jou share kan sommer maklik dubbeld of meer as dit wees, so die kanse is fokken goed dat die Ghawwermint jou shaft met R500 of meer per maand om in die klomp marrafakkas se vet fatcat gatte in op te druk. Fokkers…

    2. David

      Daai rot storie remind my aan die oom wat R2-00 betaal het vir elke dooie Indian Mynah wat die laaities vir hom bring, pellet, klippe, gif wip alles was shap.
      Een laaitie het 'n kakhuis vol geld gemaak. Toe die oom investigate is die klein kont besig om met die fokken goed te teel in hokke in die erf. 8ta julle gaan genai word, trust me, daars reeds teelhokke in operation

    3. Willem Wikkelspies

      Ja nee ek sal like om te hoor wat se 911 calls in kom op halloween of die dag daarna. Dink die cops het hulle hanne vol met "trick or treat"
      Ek glo nogal die ous in Alex. Het self al rotte gesien die size van katte. 'n BB gun gaan net daai rot se moer strip.
      Kyk na 'n maatskapy soos Valved Sky. Nie eers 'n man met sy eie fokken goud myn kon daai show aan die gang hou nie…

    4. Prof. Bokdrol

      Gods – as jy nie "Velvet" kan regkry nie dan verdien jy om ge-shaft te word in die grootteorde van jou Eksdom rekening at the very fokken least, na my beskeie mening.  Maar moet my nou nie verkeerd opneem nie, asseblief – dit gaan nie oor nitpicking oor ALT <fokweetwat> of iets nie; dis minder oor OCD en meer oor die uitwissing van fokken onnoselheid – wel, dis Dr. Onk se beskeie mening in elk geval…

    5. Slak

      Met al daai rotvleis gaan die ketjienkie winkels geld maas soos das kak!!! Hulle verkoop die soort lekkernye mos as "chikon" en "beefff" strifry!!! of springrolls of WTF ookal….once

    6. Willem Wikkelspies

      Ek het nou 'n blink plan. Maar vir dit om te werk moet ek 'n oosterse doc oorreed dat die rotte in die geweste se bene 2X meer potent is as renoster horing. Dan gaan jy sien hoe vinnig verdwyn daai probleem…

    Gooi Comment