Ruggas is klaar, Kortbroek is gaar!

In Sport deur Kaptein Kortbroek3 Eiertjies

More braai ek vir die Bokke want dis hulle laaste game vir die jaar, fokken once.

Al het hulle my soms gryser gemaak as wat my vrou like, was dit nogsteeds befok om te check hoe hulle jol. Ek meen, as iemand my laasjaar die tyd try convince het dat Eben Ysterbeth so moerse seisoen gaan hê sou ek gedink het die bra is op tik. Sure die lat het seker verwag hy gaan met 'n paar groot manne koppe stamp, tog twyfel ek dat hy eens van so piele jaar kon droom. Credits sommer nou vir daai kop-shot wat Sharpy so ampertjies gevoel het. Dit het ons gewys ons man is lus om next level Bakkies shit te doen en ook dat die brasse wat Sanzar se wette uitdink aan dieselfde crack addict club behoort. Pleks wees hulle net rugby addicts soos die dudes daarbuite wat alreeds begin worry oor 'n verskoning om oor die volgende klomp naweke te mag suip.

Kry maar solank daai ou t-shirt nader, chom. Ek voorspel vir jou baie odd-jobs en tyd saam jou faktap skoonma terwyl daar nie ruggas op tv is nie. As jy uitmaak van krieket (dankie Mantis Morkel vir jou redding toe dit gelyk het of Clarke ons gaan doodbliksem) behoort jy fine te wees. Nee seriously, imagine vir een oomblik Bruce en sy bende het meer as 600 runs teen ons gemaak. Fok, dan choke ek eerder in 'n ODI of T20.

Back to the rugby.

'n Final outlet sal wees om bietjie meer aandag aan Paul True en die Blitse te bestee. 'Bestee'-  fokken mooi woord. Sevens kyk werk noggals lekker met shooters drink en as jy dalk van die PE is, gaan die kompetisie daar oor so paar weke in 'n moerse gesuip afstuur. Cherries, somer brannas, ruggas en so klein bietjie seesand in jou ass crack.

BOK Bar-Ometer gesponsor deur more se babbelas.

Laasweek was nie mooi nie, soos in glattie. Die goeie nuus in rugby is egter dat dit slegs een piele game vat om weer die brannas brigade se bekke still te hou. Het nou klaar vir ons Yster getune fanks vir die jaar. Dan moet mens ook kyk na manne soos Jannie Dup wat mysteriously nie 'n medal vir sy services gekry het nie. Tussen die Sharks wat 'n final gemaak het en die Bokke se laaities wat by hom kon leer – he kept it tight like a tighthead. Respek, bra.! Atter Strauss was solid vir Cheetah en Bok terwyl Duane probably een van die groot redes is waarom mens deesdae nie meer die WP se mense mag kakbyt oor hulle nie 'n trophy het nie.

Nou mok ons net die Lions deur faktap Lion King prentjies op hulle facebook walls te gaan post. Credits vir Jean de Villiers. Hy het 'n moerse job as captain aangevat en het weereens sy alles gegee. Imagine as die bra net bietjie meer terug gehou het oor die jare. Hy sou at least 20 medical procedures en/of 'n facial scar of twee minder op sy rekord gehad het. Van vleuels, flyhalves en flanke wil ek eerder nie nou praat nie.

Coach Heineken………is toe actually human. En soos ons humans wat foute maak het hy 'n hele paar shockers afgepull. Miskien was hy by een van die Sanzar manne se klub meetings, of dalk was dit soos in meeste gevalle vandag wanneer die kak die fan tref, die duiwel se skuld. Either way, coach, ons verwag beter as dit. Try maar net die om messe wat so vroeg reeds skerp gemaak is te ignore. Ons het die geduld van kleuters. Seriously. As ons na Heineken se  eerste jaar aan bewind kyk, sal ons hom moet credit dit vir die blootstelling wat 'n paar laaities die jaar geniet het. Hy het nie soos Div 'n klomp SuperStars geerf nie en moes teen een moerse spoed die aakligste job in die land doen. Ons vergeet gou daar waar NIEMAND beter as hy op die list of candidates nie. Fokken niemand.

Soos ons nou jol is dit ook nie plesierig om te kyk nie, maar ons sal nog vir 'n rukkie klippe kou, want somehow scheme ek daar is dalk 'n long term plan.
Overall was dit nie die beste bok braai seisoen.

Raait, die naweek se predictions.

Italy v Wallabies
Opsomming: Ek scheme ons het al genoeg rugby die jaar gecheck om die een 'n skip te gee.
Voorspelling: Wallabies wen met 13 tewyl ek daaraan begin dink om die kole aan te steek.

Ireland v Argentina
Opsomming: Selfde tyd as die Ozzie fokop maar behoort 'n beter game te wees om met een oog dop te hou.
Voorspelling: Close en al like ek Argentinia, like ek Sanzar feitlik fokkol. Leprechaun's met drie. Hulle was nie te kak teen ons nie.

Bokke v Engeland.
Opsomming: Begin van hulle seisoen, einde van ons s'n en al wat ek weet is dat ek fooooooken dankbaar is ons jol nie teen laasjaar se World Cup finalists nie. Frankryk sou ons so hard gebliksem het dat dit dalk 'n dekade sou vat om oor die trauma te kom. Donner, ek love dit om te check as ouens lyk of dit dooslekker is om daarbuite rond te hardloop vir 'n belaglike salary. Die Bokke en England lyk soms of rugby jol een moerse straf is. Altwee coaches word gekruisig as hulle span kak aanjaag so die kan dalk net in 'n boring tactical game ontaard. Kom ons hoop die showdown tussen Juan en Manu is iets spectacular.
Voorspelling: Hierdie is pretty much a final en om hier te wen kan dalk net vir die Bokke in die volgende World Cup help. Oops, kry ek nounet 'n horing toe ek dink aan die Bokke wat Engeland in Engeland in daai moerse final 'n PK gee. Ek hoop vir 'n wen met so sewe – ja vir die Bokke, bra!

Scotland v Tonga
Opsomming: Who cares
Voorspelling: Scotland, hulle het mos amper die Bokke gebeat….amper

France v Samoa
Opsomming: Die kan actually 'n kyk werd wees. Net so na die bok game, wie weet,, dalk het jy iets nodig om jou te herinner rugby kan rock?
Voorspelling: France is on fire en Samoa mag dalk so bietjie moeg wees na laasweek se kopstampsession teen daai bleek mannetjies. Les Blues met so 5 sal in orde wees.

Wales v All Blacks

Opsomming: Daaiselfde shots van laasweek gaan met so bietjie pace op die bal vervang word. Ek gaan net die Haka kyk.
Voorspelling: Die een kan jy maar self uitdink – ek weet anyway fokkol…

Kaptein KortbroekRuggas is klaar, Kortbroek is gaar!

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    Jaaaaa ou Korties, as jy daai braai bietjie later aangesteek het sou jy dalk geluister het toe Captain Hindsight vir jou gesê het die Skotte gaan konte van hulself maak teen Tonga; maar nuuuuheeeeeehh – ons prioriteite is mos eerder by daai borrel KWV (my borrel, nie joune nie – hic…) En jy is weereens met 'n fucktor van 600% verkeerd met die Bokke se game. Jirre ou, wanneer gaan jy leer? Vat maar 'n breek tot 2013 se Super15…terwyl ek incash by SpreadBetting op jou 83% korrekte voorspelling van die win/loss ratio die afgelope naweek – hehehehehe…….

  2. Dirk Diggler Diktros

    Kan iemand wat weet wat hy doen krieket oorvat?  DDD

  3. Prof. Bokdrol

    Gepraat van krieket: jirre maar daai skaapnaaiers is 'n klomp fokken suurgatte – lees bietjie hierdie kak:
    http://www.cricket365.com/australia/story/8285344/Clarke-Siddle-tried-every-thing-he-could
    Sjym, moerse tranerige storietjie oor Siddel die hero wat homself in sy fuckyou in gaar geboul het, en net so 'n afterthought halwe erkenning aan die Proteas. My fok my ou, Siddel kon hulle nie fokken uitboul nie – dis kaaakkkk, dis fokkol om die ou oor op te hemel! Fokken eensydige Arse-Strayleehans…

Gooi Comment