Prime Circle album review: Evidence

In Watkykjy Reviews deur Zirkie1 Eiertjies

Dis nou al 'n feit dat enige Suid-Afrikaner vertroud is met Prime Circle. Ek het nog altyd gesê dat dit inevitable was dat hulle deel van die musikale prime circlefurniture in SA geword het aangesien hulle van witbank af kom. Kak jokes aside, Prime Circle is al vir langer as tien jaar aan die gang en in daai tyd het hulle basies alles bereik wat 'n band in ons land kan hoop om te doen. Hulle debuut album, 2002 se Hello Crazy World is tot vandag toe nog Suid-Afrika se best-selling rock album ooit.

Maar met sukses het hulle dieselfde probleme wat baie ander populêre SA bands het. Hulle sukses beteken automaties dat hulle sell-outs is. “Ek like nie Seether nie want hulle het nou fake American accents.” “Ek dink Parlotones is kak, want hulle het 'n KFC snackbox geword” en “ek hou nie van Prime Circle nie want hulle is…Prime Circle!”

Ons love dit om die klein outjie op te bou maar ons love dit meer om die groot ouens af te breek en Prime Circle is beslis “groot ouens” in die SA music scene. Met hulle vyfde en nuutste album, Evidence, maak hulle seker dat hulle net mooi niemand se opinie gaan verander nie. As jy 'n fan is, is Evidence by verreweg hulle beste werk tot dusvêr. En en as jy nie 'n fan is nie, gaan die album net so min doen vir jou soos die voriges. Die verskil op Evidence is dat, vir die eerste keer, voel dit vir my asof Prime Circle hierdie weet en vir die eerste keer nie eintlik meer omgee daaroor nie. Die hele album is beter vir dit en op Change, sing vocalist Ross Learmonth die volgende, baie gepaste lirieke:

“I know you're trying, to be somebody else, you didn't have to change.I know you're trying to be like everyone else, you didn't have to change. Why don't you stay the same?”

Mens kan obviously dit interpreteer as 'n gewone ballad oor liefde en shit maar ek hou daarvan om te dink dat Prime Circle hierdie song vir hulself geskryf het en dit 'n statement is van hulle acceptance van wat hulle represent in SA musiek. Die resultaat is dat al is die album propvol van die pop-rock ballads, sing-along choruses en palm muted chugging waarvoor hulle bekend is, is dit aangepak met 'n nuwe energie en vooruitsig vir die toekoms.

Ek het nog altyd van Ross se stem gehou en dink vandag nog dat hy een van die mees appealing SA frontmen is, al is dit net persoonlike voorkeur. Drummer Dale Schnettler en Keyboardist Neil Breitenbach doen baie om die band 'n voller klank te gee en guitarist Dirk Bisschoff en bassist Marco Gomez is soos gewoonlik betroubaar en perfectly adequate in hulle contributions tot die songs. Maar niemand voel anyways 'n fok oor die res van 'n band nie, so dit tel in Prime Circle se guns dat Ross se stem en passionate vocal delivery nog steeds die focal punt is (alhoewel Schnettler en Breytenbach se backup harmonies die band se live performance regtig elevate)

Op die title track Evidence en songs soos Time Kills Us All, Room of Ghosts en Staring At Sattelites (beste song op die album in my opinie), klink dit asof Prime circle presies weet wat hulle van nou af wil doen en alhoewel critics nog steed geregtiglik kan sê dat hulle die Suid-Afrikaanse Lifehouse is, is dit goeie nuus vir die wat alreeds fans is.

Evidence is 'n solid album – die beste wat Prime Circle al gedoen het en al beteken daai statement vir jou fokol, moet jy hulle at least credit gee vir hoe vêr hulle al gekom het en die hoeveelheid harde graft wat hulle ingesit het om soos 'n meer fresh weergawe van hulself te klink. Nie maklik vir 'n band wat al so gevestig is.

Goeie werk, either way.

Prime-Circle-Evidence

ZirkiePrime Circle album review: Evidence

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    Ek sê nog steeds daai chick op die cover kan sit net hoe, waar en wanneer sy wil – wydsbeen op my gesig right now, byvoorbeeld.

Gooi Comment