Metallica kom (weer) Suid-Afrika toe!

In Kief musiek deur griffin14 Eiertjies

In 1981 was daar definitief 'n klomp thrash metal bands wat hulle eie gatte kon skop omdat hulle nie eerste aan die naam "Metallica" gedink het nie. Die ouens staan nog sterk na meer as dertig jaar en kom volgende jaar April weer Suid-Afrika toe. Die laaste keer toe hulle hier was, was in 2006 en dit was nogal 'n fokken gemors gewees, want Coke Fest.

metallica-1

Maak jouselwers reg om mense sonder linkerballe en arms en bene in die crowd te kokkenodge want dis blykbaar wat mense reken hulle sal gee om Metallica live te sien. Sulke bleskop vleiskuif ooms met pense wat sulke te klein verbleikte metal shirts gaan dra. Dieselfde ouens wat tune dat Metallica sell-outs is en dan die nuwe musiek kak is en "waddefok het van die ou stuff geword". Dan staan hulle so heel voor en headbang. Sonder hare. Maar moenie komkommer nie hoor, want hulle jol 'n kakhuis vol van die ouer stuff by hulle live gigs. As jy enige van hulle shows op BluRay besit, behoort jy dit te weet. Huh? Waddefok is BluRay? Exactly, jou fokken naai! En word bietjie groot, man – enige band wat so poeslank aan die gang is se musiek sal evolve. Daar is baie laities wat grootgeword  het op Metallica se musiek waaaay na die "Black Album", so jy is nie so fokken spesiaal nie, pappa se groot seun. Deal met jou issues. Ons weet jy haat jou werk.

Tickets vir die Joburg show (27 April 2013 – FNB Stadium) begin môreoggend 9am verkoop en range van R340 tot R850. Kaapstad se se tickets (24 April, 2013 – Cape Town Stadium) sal van Donderdag 9am beskikbaar wees en range van R295 tot R850. Julle moet maar vroeg in die ry gaan staan by Computicket se outlets. Ons het klaar ons tickets vir beide shows omdat ons hulle gaan interview. So bietjie piele vleg. Metal piele. Ons is nog nie seker of dit 'n video interview gaan wees nie, want dit sal kief wees om so paar upskirt shots van Lars "Duckface" Ulrich te kry. Hy kan mos partykeer soos 'n fokken meisie tekere gaan…

Nog 'n stukkie goeie nuus is dat Metallica hulle nuwe DVD/BluRay op 10 Desember gaan release. In Suid-Afrika sal dit van 14 Desember af beskikbaar wees. Die DVD format sal 'n double disc wees en die BluRay 'n single disc, want BluRay kraai koning en DVD suig BluRay se zaber. Blykbaar is dit ook in 3D beskikbaar volgens een van ons tjommies wat by die shoot in Quebec was. Oudergewoonte sal ons die DVD vir julle review en as julle al julle groente opvreet sal ons so paar copies hier op Watkykjy ook weggee. Hier is die track listing:

Metallica Quebec DVD track list:
1. "That Was Just Your Life"Metallica - Quebec Magnetic - Blu-ray Cover
2. "The End Of The Line"
3. "The Four Horsemen"
4. "The Shortest Straw"
5. "One"
6. "Broken, Beat & Scarred"
7. "My Apocalypse"
8. "Sad But True"
9. "Welcome Home (Sanitarium)"
10. "The Judas Kiss"
11. "The Day That Never Comes"
12. "Master of Puppets"
13. "Battery"
14. "Nothing Else Matters"
15. "Enter Sandman"metallica
16. "Killing Time"
17. "Whiplash"
18. "Seek & Destroy"

Bonus Songs
19. "For Whom the Bell Tolls"
20. "Holier Than Thou"
21. "Cyanide"
22. "Turn the Page"
23. "All Nightmare Long"
24. "Damage, Inc."
25. "Breadfan"
26. "Phantom Lord"

Hier is ook sommer 'n splinternuwe
trailer van die DVD om jou 'n idee
te gee van wat om te verwag:

En nou kan jy jou kamerdeur agter jou toeklap en The Four Horsemen poeshard aansit en op jou ouers skree "NIEMAND VERSTAAN MY NIE!". Jy bly mos nog by jou ma-hulle. Jy met jou bleskop…

Deel met jou tjommies!

    griffinMetallica kom (weer) Suid-Afrika toe!

    Comments

    1. Evert

      Ride the Lightning is my algehele gunsteling album en amper net so oud soos ek. Dave Mustaine het nog writing credits op dit ook.
      Ek het hulle laas gecheck by die Coke Fest in the ou Groenpunt stadion en dit was befok, elke sent werd!!!!!! 
      Tensy ek nou verkeerd is het hulle nie die naam 'Metallica' uitgedink nie. Een van Lars se pelle wou dit gebruik as 'n naam vir 'n tydskrif of so iets, toe tune Lars vir hom om 'n ander naam te gebruik en vat toe Metallica vir homself.

    2. Author
      griffin

      Jy ken duidelik jou heavies metals. Respek en eiers.

    3. Daan Likkewaan

      Ek love Metallica maar Lars en James is eerste klas poese. Skiem ek gan maar eerder 'n live show download op torrents – die nuwe generation Napster.

    4. Evert

      Jirre man Daan.
      Ja, ons weet, Lars was 'n poes met napster en is nogsteeds so bietjie van 'n doos as ons al die dokumentere kan glo. Wat maak dit saak, ek gaan check die musiek, ek gaan nie by hulle kuier nie?
      Wanneer gaan jy weer die kans kry om die ouens uit te check? Almal moan die bands kom nie uit nie, dan wanneer hulle kom is daar nogsteeds mense wat moan.
      Lightning en Puppets is van die beste albums wat daar is, Rob is nou nie Cliff nie maar hy's fokken naby, baie beter as Jason. 

    5. Author
      griffin

      Daan is bang dat Metallica sy familie oornooi vir tee en crumpets sodat Lars sy sussie een in die stervis kan gee.

    6. #1 Pisscatt

      Fok nee gods ek het nog nooit van metal geraas gehou nie…. ek soek eerder Jurrie Els !

    7. Paulus

      Moenie vir jou soos 'n zolkop gedra nie. Die ou ballies het Metallica geluister toe jy nog in jou pa se balsak rondgeswem het. Metallica is ook nou al ou ballies maar hulle kook nog steeds, soos baie van die ouer bands wat nog rock. 

    8. Slak

      Griff – gaan julle nie n paar kaartjies weggee vir die arm, harige stervisse nie???

    9. Daan Likkewaan

      Ek was 'n moerse Metallica fan totdat ek daai 'Some kind of monster' gecheck het. James Hetfield jag ysbere vir fun – dis fuctup en Lars is net 'n poes elke keer as hy sy bek oopmaak. Die enigste een wat cool is is Kirk Hammett

    10. thysmetys

      Daan wtf bra..jy is n HOMO!!
      Gaan luister na jou Kurt Darren CD's….

    11. Prof. Bokdrol

      Ek verstaan fokkol van metal – ek is 'n amper-krimpie wat like van 200-jaar oue stuff en metal maak my ore seer (amper so seer soos wat ek kry as ek sien hoe die fokken breindood moroon wat ons vir 'n Prez het die afskuwelikste rondawels bou vir sy trop dikgat wyfies met my fokken belastinggeld.) Maar ek het bietjie Wikipedia uitgecheck oor daai Napster episode, en hy kan selfs my sussie (en my boetie…) in die stervis vat as hy wil, ek smaak hom stukkend omdat hy die ballas gehad het om Napster 'n soliede skop op die poes te gee, waarvan hulle nou nog nie mooi herstel het nie, as ek so kyk. Moet sê, verder as dit klink dit nie of hy ooit die poster boy vir die Salvation Army sal wees nie. En dis wel fokken lelike plakkies wat hy dra in daai foudie.

    12. Prof. Bokdrol

      NS: met "hy" vir wie ek my sussie se stervis volunteer bedoel ek natuurlik Lars Ulrich – ek dink die Prez kry genoeg daarvan soos wat hy 'n paar miljoen van ons elke maand via $AR$ in die stervis vat. En buiten dat hy die Internet wou sue oor sy piel painting dink ek ou Jakes kop ennieway fokkol van Napster – as hy iets nie kan eet, naai of belasting op hef nie verloor hy belangstelling.

    13. Evert

      Ek het my Golden Circle kaartjie vir Kaapstad pappie!!! 
      Al wat dit nog gaan beter maak is as K.O.B.U.S. vir hulle open.

    14. Author
      griffin

      Ons het ook Golden Shower tickets vir Kaapstad. Klap sommer Joburg ook.

    Gooi Comment