Juan die Jongh, jou lekker ding!

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

As ek nog een keer moet hoor dat Juan de Jongh en/of Gio Aplon te klein is vir toetsrugby gaan ek dalk vir myself 'n nuwe long moet kots. Dis faktap. 'n Goeie vriendin van my het my die ander dag getune haar beste spyker ooit was deur 'n bra wie se tril die size van 'n toothpick is. Hy weet actually waar die G-spot is en opperate soos 'n monster. In Juan se geval is die G-spot die doellyn en vra maar die WP manne hoe orgasmies dit was toe hy dit in die final gevind het.

Al wat bietjie meer faptap as die twyfel in die WP manne se awesome skills sal wees, is as ons die naweek weer teen Skotland verloor. Maar voor ons oor die week se game worry, kom ons check bietjie waddefok teen Ierland gebeur het.

Vir starters het die ref het tot 'n groot mate die feit dat hy spirits voor die game gesnuif het weggegee. Ons kon net eenvoudig nie vinnige bal kry nie en om sake te kompliseer was ons besluitneming ook nie altyd te waffers nie. Lyk ook nie of ons uitmaak van "counterattack" nie, en dalk kort ons 'n nuwe backline coach.

Okay, ek scheme ons het nou al genoeg gebitch en moan oor als wat ons manne verkeerd gedoen het en moet ek net eenvoudig 'n solid mental high-five vir Heineken gee oor hy finally vir Pat Lambie 'n kans gegee het.

Finally is daar nog 'n soutpiel in die span. Kan nie maklik wees nie, but hey…

As jy vantevore die sportblog gelees het sal jy weet ek wou al die krulkop dandruff mannetjie in die 10 trui gesien het nog voor Morras begin links skop het. Die Lam is net eenvoudig die kalmste bra in daai backline. Hy duik enkels stukkend, val die voordeellyn aan soos 'n masjien en sy skoppies is ook nie te poef nie. Hy kan dalk 'n bietjie werk aan sy passing game, maar overall het hy al die vaardighede om nog moerbaie games vir die Bokke te wen.

Al wat ons nou moet doen is om vir Elton as backup op die bench te sit. Die arme laaitie was nou al sewe keer oorsee en moet seker gatval wees om heeltyd duiksakke te dra. Fokkit, ek sal love om te weet wie die beste darts jol tussen hom en Chiliboy wat ook 'n first class tourist is.

Right, kom ons check bietjie die naweek se games.

Wales v Samoa
Opsomming: As die drake gescheme het Argentina is hard is hulle in vir 'n moerse surprise. Samoa vattikakki en jol amper daai All Black tiepe rugby wat my vrou gelukkig maak oor ek na die game 'n horing het.
Voorspelling: Samoa met so agt en at least drie van die melkvelmannetjies af op 'n stretcher. Bloed.

Italy v All Blacks
Opsomming: Manne teen laaities en die manne is nie die brasse wat Ferrari's bou nie.
Voorspelling: 'n Slagting van so 35 punte vir die world champs. Nie eens Nick Mallet sou sy ou span kon red nie.

Engeland v Wallabies
Opsomming: Die is 'n game wat ons almal fokken mooi moet watch. Ons jol volgende week teen die Pommies en hulle is noddefok dieselfde span wat ons vroëer vanjaar hier geklap het nie. Ek wens actually daar was 'n way dat altwee spanne kon verloor want kom ons face dit, 'n Pom en 'n Ozzie pis mens ewe veel af as hulle wen.
Voorspelling: Linkerbal uit. Na laasweek se rugby 101 behoort Dingo Deans met 'n beter plan op te daag. Ozzies met so 4.

Bokke v Scotland
Opsomming: Sekere Northern Hempishere manne lyk nie of hulle uitmaak van 'n side-step nie, so Juan de Jongh mag dalk net sewe soorte kak uit hulle uit hardloop. Tog is daar min dinge wat 'n groep spelers soveel confidence gee as om drie tries teen die All Blacks te score nie. Scotland se voories jol rugby wat ons s'n nie mag nie. Hulle paas actually die bal mooi en schmaak daai route-one om die ruck fringes. Daarenteen jol die Bokke 'n brand rugby wat my bietjies-bietjies aan Nicholas Louw laat dink. Dit werk, maar net as jy dit vir mense speel wat die mental capacity van 'n klip jol.
Voorspelling: Ek't so spesmaas ons backline gaan vir 'n slag pitch en so tweekeer gaan score. Willie Alberts en Duane het 'n moerse job voor hulle en indien hulle van die begin af die shots call behoort ons nie teveel te sukkel nie. Then again, is dit die Bokke en kan ons dalk weer (soos laasweek) met tye eerder oor switch na daai nuwe Kyknet Music channel waar die tosste tunes op aarde uitgesaai word. Bokke met minder as 12 is 'n fail. Finish en klaar.

Kaptein KortbroekJuan die Jongh, jou lekker ding!

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    Bliksem – full house hierdie naweek vir jou, ou Korties, welgedaan. Captain Hindsight is moerse impressed, maar hy skiem wel jy is fokken gelukkig met daai SA-Skotland game. Ek bedoel, waar de fok sien jy dat die Bokke net 2 drieë in 'n game druk, teen die 9de geplaaste span in die wêreld – en albei van hulle deur die haker, nogal. Fok my sywaarts en maak my die Bok coach, ons moet wakker word. Captain Hindsight vra of hy jou kan stick vir brekfis volgende Sondag – en hy hoop nie dis vir 'n Full English nie…

Gooi Comment