Die Skynmaagde – Die Kommunis Sokkie

In Kief musiek deur griffin6 Eiertjies

Ons het julle 'n hele ruk terug voorgestel aan ons tjommies, Die Skynmaagde hierso op Watkykjy. Die ouens het onlangs MK se MVP gewen. Ons dink dit staan vir Musiek Video Projek. Dit het beteken dat daar vir hulle skille gegee is (iets soos R60k) om 'n music video te laat maak vir een van hulle tunes en hulle konsep vir die song Die Kommunis Sokkie is as een van twaalf wenner gekies. Die ander bands wat die groot twaalf opmaak is: aKing, Bicycle Thief, Die Tuindwergies, Gazelle, Jack Parow, Jakkals, P.H. Fat, Shortstraw, Spefwolf, The Plastics en Van Coke Kartel.

Geluk, ballas! Jy kan al die ander entries op MK uitcheck of op Facebook en YouTube gaan soek. Hier is die Skynmaagde se video:

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Skynmaagde – Die Kommunis Sokkie

    Comments

    1. Petri Strauss

      Kon 60 000 pitte baie beter gebruik as om flou rooikoeldrank te suip.

    2. einafok!

      Fok julle naaiers. Ek like dit. Maar ek het varsity klaargemaak. Dis dalk die ding. 

    3. boerq

      Kom-in-'n-sokkie?

      Nie geweet bra Parow kan kitaar speel nie??? hehe Not too bad, catchy

    Gooi Comment