Die mees metalste song op aarde (en dalk ook in die Hel)

In Kief musiek deur Chopper Charlie14 Eiertjies

Vandag ry ek heeltemal te poesvinnig in die Swart Gevaar – dis nou my vuilgebooste Polo GT-Naai – so swart soos my hart. Niks nuuts nie, dis maar hoe jy ry as jy is soos ek is en kom waarvandaan ek kom. Pantydropper 101. V'Town loves V'Bonez. Once.

Maar soos ek 'n 90-grade hoek corner asof ek op rails is en argeloos my Ray Ban Aviators met goue randjie regskuif oor my skewe neus, pomp my sound system 'n tune uit wat ek miljoen ontelbaar keer al gehoor het. 'n Oue maar 'n goue, soos die ou swepe sê. En daar, net duskant Woodstock vrinne, besef ek dit eensklaps – dit is die heel beste metal song op die aarde (en dalk ook in die Hel) wat ek na luister. Dit is: Metallica se "Am I Evil?" vanaf die album "Creeping Death" (1988). En dis feite, ou papsak. Dis feite.

So voor jy wegval en beginte comment met kak oor nü metal bands of heavier kak of whatever, sit maar weg daai krom spyker, haal diep asem en luister dat ou Chopper julle manne nou mooi vertel hoekom dit die fokken reine waarheid is.

Metallica Creeping Death & Jump In The Fire (EP) 1984

Hier's die fokken redes wat ek aan die muur van Watkykistan spyker vandag met 'n pen en 'n twintig pond hammer. Van staal. In jou boude op.

  1. Die titel. Asof "Am I Evil?" nie genoeg is nie, antwoord hulle dit in die liedjie. "Yes, I am." Sonde. Lekker. Volpunte.
  2. Dis deur Metallica gecover. Nou kyk as die stamvaders van metal jou tune cover, is dit 'n fokken ace tune. One time. Bonuspunt.
  3. Dis deur Metallica gedoen voor "Load": Ook bekend as "Load of Fucking Shit", is meeste goed na dié album fokken aaklik. Behalwe dalk "Death Magnetic", wat ook nogal fokken metal is.
  4. Die album cover. Oorspronklik ingesluit as 'n b-side op die "Creeping Death/ Jump in the Fire" EP met duidelike metal tendencies. Spoke, duiwels, vure ens. Dik metal.
  5. Die lyrics. Na dit begin met "My mother was a witch… She was burned alive…" raak dit net erger. Die woorde "thankless little bitch" en "whore" en "split you to the bone" word rondgegooi soos 'n agterlynbal in die All Black span voor jy weet is jy sleg beïnvloed. Sonder om dit eers agteruit te speel. Baie metal.
  6. 'n Protagonis met 'n wrok. In gewone taal, 'n laaitie wat afgepis is. Lees die lyrics. Die lewe het die bra geliberty en hy is poesbedroef daaroor. Of eerder, die poes in. Dis hoekom die tune so fokken rock. Metal par excellence.
  7. Dis metal royalty, pappie. Die tune is geskryf deur Diamond Head, wat jy mos sommer kan hoor is fokken metal. Maar hulle is ook – officially – deel van die sogenaamde New Wave of British Heavy Metal wat basically is soos die Big Bang vir metal. Fokken als het daar begin. Net so.
  8. Die tune feature in Guitar Hero: Metallica, Brütal Legend en Rock Revolution. (Ek verstaan dit als nie mooi nie, maar glo dis games vir al julle nü rock losers. Selfs in julle wêreld is hierdie die kak. So suig hom, pellie!)
  9. Die Big Four of Metal gooi hom saam. Dis nou Metallica, Slayer, Megadeth en… Anthrax. Okay, die Big Three en Anthrax jol hom. Almal saam. Op een stage. Ek is verbaas daar is nie tsunami's in Indië gewees nie.
  10. Die tempo. Die song maak 'n paar baie belangrike goeie metal besluite. Soos die staccato tempo in die begin (baie lekker vir headbang en herinner aan 'n masjiengeweer se rat-at-at-tat), dan die perfekte headbang tempo en dan, natuurlik, die double-time deeltjie waar manne kan mosh en adolosente gevoelens met ander mansmense uitvoer op 'n tiep-van dansvloer… Eeeen terug na die perfekte headband deel. So ja…
  11. Die kitaarsolo. Hammer-ons en pull-offs en harmonics en al daai mooi dinge wat die kop laat draai word gebruik in die solo. (Basically daai dele wat so impressive lyk vir mense wat nie kitaar speel nie, soos "Thunderstruck" se main riff.) Dis hom daai, dis wat metaalwerkertjies se koppe so lekker mal maak.
  12. Metallica kom amper SA toe. Ja ek weet hulle gaan tien teen een nie die fokken tune speel nie. Big fuckin' deal. Die Watkykistan span gaan hulle twice two times nice sien en dis al wat saak maak, jou fokken bliksem. Metal in ons holle op. Twee keer.
  13. Die actual fokken tune. Lekker nommer 13, lekker donker en diep ongelukkig en evil en shit. (Yes, I fucking am!) Belangrike wenk hier, Sparky: Laai hom eers klaar, lekker vol screen. Dan sit jy daai Mielie Malie Maantuig headphones op wat die waves straight medulla oblongata toe spuit. Dan klap jy daai play button. En zone. Die fok. Uit. Once.

(sing nou saam…)

AM I EVIL? YES I FUCKING AM!

\m/

Chopper CharlieDie mees metalste song op aarde (en dalk ook in die Hel)

Comments

  1. Fran

    Stem 100% saam Charles. Ek het daai "jump in the fire" t-shirt gehad toe ek op skool was, naai lank gelede. Die "kyk" wat jy van heilige tannies in Menlyn op saterdae gekry het was fokkin priceless!

  2. DieRoot

    Dis Rodney se eie skuld ek luister satans plate soos hierdie…lekker vir vir my 'n handboek/playlist geissue 

  3. Evert

    Seker een van die classic-ste metal songs, wat 'n fokken song! 
    Bietjie van die punt af, maar ek sou gelike het as Testament i.p.v. Anthrax deel van die Big 4 was.

  4. WNTZL

    min-of-meer PRESIES die selfde ding het met my gebeur !

    Dit is die Waarheid!

  5. Wessel Swaar Metaal

    Kyk bra…jy weet mos nou hoe om n liefhebber van die Metaal Kitaar kuns se hart te klop soos n Julius as hy n tender toegestaan word. Die Krag van Metaal onaanraakbaar deur die weird moffie kakkies wat vandag gespeel work.
    Metallica vir altyd!!!

  6. Kosie

    Martin , Ek onthou nog die dae van Rodney die seal se crusade om als behalwe boeremusiek  agteruit te speel .En soos on Afrikaners mos maar si , is daar 'n bandwagon is dan sal ons mos op die fokken ding klim . Ek onthou hjoe ons lyste gegee het met bands se name en hoe ons mooi  moet oppas , tot amrme roxette se naam was ook daar . en  Ek weet ok van 'n skool waar die plaalike predikant  elke sokkie en matriekafskeid se playlist moes Goedkeur  dit was in daai tyd xo in die vroee  90s dat ek my tweede bekering gehad het my neef het die tape ingedruk . Dit was Die black album daarna het die res gevolg , en raai wat tot vand ag toe het ek nog nooit  die behoefte gehad  om katte aan demone  te offer of  mense in beraafplase te vermoor nie  Ek het selfs  gaan teologie swot na skool  … die gereformeerde  soort  

  7. DieRoot

    As iemand rodney se boek soek om lekker te lag…join die rodney seale appreciation groepie op FB…hy is gescan en onder die photies gelaai…

  8. Chopper

    Manne, julle praat waar. Ons in Vereeniging het ook nav Oom Rodney se skyfievertoning en boek 'n lekker lysie gekry van vieslike musiek om uit te soek. Veral in die ou Suid-Afrika waar als mos fokken gesensor is. A luta continua! Metal Militia!

  9. Chopper

    O ja, en Evert – goeie call op Testament. Massively underrated. Amper soveel as wat Anthrax overrated is. Once.

Gooi Comment