Bizarre Bedonderde Donderdae – Die Rok

In Bedonderde Donderdae deur griffin2 Eiertjies

Ons het eers bietjie weer van 'n voorskou vir julle vir vandag se Donderdag fliek. Die voorskou is heelwat meer bizarre as ons eie video en dit involve Sean Connery. In 'n Onderbroek. 'n Rooi een.  In die seveties. Die movie Zardoz het in 1974 uitgekom en dis een moerse berg stomende fermenting kak.

In the distant future, Earth is divided into two camps – the barely-civilised group and the overly-civilised one with mental powers. A plague is attacking the second group, after which its members cease to have any interest in life and become nearly catatonic. When Zed, one of the barbarians, crosses over, the tenuous balance in their world is threatened.

Gaan lees gerus op oor die movie. Dis heavy faktap, veral omdat die naam Zardoz 'n god is wat almal aanbid, terwyl dit actually net die enigste persoon op aarde oor was wat kon lees en die "The Wizard Of Oz" gebruik het om sy empire te bou. Amper soos mense wat totally bybelbefok raak…

In vandag se Bizarre Bedonderde Donderdae:

Mamma is besig om vir pappa 'n rok aan te trek terwyl pappa op mushrooms trip. Sy latie kom in en gee hom kak daaroor. Bietjie van 'n kort video hierdie week, maar die hele Watkijkistan is in bokse gepak na die groot trek Snor City toe. Ons looi julle volgende week weer met een. Hopelik.

griffinBizarre Bedonderde Donderdae – Die Rok

Comments

  1. Bokbal

    Die Foks baaiskoop, in 'n sekere wingerd geteisterde dorpie, se rooi matte was nog nooit so vol kondensmelk soos toe Zardoz  daar vertoon is nie. Ons Scope skommelaars het vir die eerste keer têtte sonner sterrietjies gesien. Charlotte Rampling eish.
    Ons manne het dit elke aand (3) gaan kyk (die gawe baaiskoop omie het fokkol gevoel vir ouderdomsbeperking).
    .
    Nota aan self: Moet 'n plan maak om die movie te huur om te sien waaroor dit gaan.

  2. Fran

    Daai Zardoz trailer herinner my aan my eerste oppikopi waar ek die eerste keer acid in my lewe gevat het en al my geld en goed verloor het verewig terwyl ek getrip het. nagmerrie

Gooi Comment