Watkykjy nuus round-up. Week 44.

In Wat is nuus? deur griffin2 Eiertjies

Haai oe, Blommie!
'n Marshall op 'n gholfbaan in California het by die twaalfde putjie op'n fokken haai afgekom. Dis nou nie Jaws nie, maar dis nogsteeds impressive dat 'n lewendige leopard shark op 'n gholfbaan opgetel is. Die outjie is vermoedelik deur 'n valk in die see gevang wat sy lunch laat val het, want haaidaar was bytmerke oor sy  lyf gewees. Die marhsal het hom in sy golf cart gelaai en hy is eers clubhouse toe gevat, in water gesit en toe see toe gery waar hulle hom terug gegooi het. As die Valke nou ook net vir Juju wil vang en in die see wil drop. As hulle hom oor 'n gholfbaan drop sal Shabir Shaik hom seker optel en huistoe vat… – IOL

Amerikaansvatters
"The news crew is down the block, I'm thinking horse mask and swimming trunks?" Dis wat Jimmy Kruyne getune het voordat hy sy swembroek en 'n perdkop aangetrek het  en voor NBC se kamera's gaan rondhardloop het terwyl hulle oor Hurricane Sandy berig het. Hy het later nog 'n foto gepost waar hy langs die TV shot van vroeër van homself pose terug by sy huis. Jirre, ou perd, goeie werk!

Video

Foto

perdkop man

Meanwhile, in New York het daar nog 'n groep marabse in hulle swembroeke gaan dans agter een van CNN se reporters en hom actually nogal soos 'n doos laat lyk. CNN het moerse dramaties van location af berig, met meeste van hulle reporters wat dikker as astronauts aangetrek was en maak asof die wind hulle wegwaai. Cutting edge reporting vir ratings. En hier kom 'n paar boneheads en dans in die reën en die wind soos konte asof dit fokol is.

hurricane sandy

Hopa gwapgraf style!
Serbians is soms nie lekker mense nie. Veral nie Milan Marinkovic se vrou nie. Sy regeer die arme man nogsteeds uit die graf het en soos baie chicks mans manipuleer, gebruik sy 'n alombekende wapen waarvoor meeste mans in elk geval sal val – haar gwap.

Voor haar dood so drie jaar terug het sy in haar testament gestipuleer dat 'n replica van haar poes op haar grafsteen aangebring moet word. Haar gwapgraf stylerede was dat sy nie wou hê dat haar man agter ander poes moes aanhardloop na sy die emmer geskop het nie en dat haar graf 'n reminder daarvan sou wees. Sy het even so vêr gegaan as om vir hom gedetailleerde foto's van haar zabertonnel te los sodat dit so na as moontlik aan die ware vleisbeursie lyk.

Aanvanklik wou niemand die arme bra help om 'n poes van sy vrou se grafsteen te maak nie, maar hy het uiteindelik iemand opgespoor wat ingestem het. Blykbaar is dit vreeslik akkuraat en die man is happy. Ons weet net nie hoe happy nie. Sit hy moontlik op volmaanaande en draties kap terwyl hy met spoke praat wat hom tune om te fokof? Hy skiet in elk geval seker net wind. Die arme ou okken sneeudier. Dat sy vrou hom nou vir so 'n poes moet vat… – Huffington Post

Fokken tit, my bra!
In Texas is alles groter. Dis dalk hoekom 28-jarie Alicia Richman se tiete so oortyd werk. Die chick het in Maart, 2011 geboorte gegee aan haar laitie en agtergekom dat haar kanne heeltemal te veel kos maak as wat haar laitie ooit sou kon drink. Sy het toe besluit om haar melk te begin stoor, maar toe altwee haar vrieskaste begin volraak moes sy 'n ander plan maak en het die  Mothers' Milk Bank of North Texas gekontak om haar tiete se enorme output te donate. Dis nogal fokken insane, siende dat sy 330 liter melk uitgepomp het tussen Junie 2011 en Maart 2012. Imagine jy moet hierdie girl vleisdas? Jy sal permanent soos 'n fokken spook lyk van al die gespat.  As jou kar op borsmelk geloop het, sou hierdie goose se tiete hom vyf keer kon volmaak. Dis 'n Guiness World record en hier pose die MILF trots met haar sertifikaat. Te blerrie oulik:

Alicia Richman milf met besige tiete

griffinWatkykjy nuus round-up. Week 44.

Comments

  1. Olewapper

    Sal wil wonder of mens kan melk skommels maak da van.

  2. Kaptein Gordyn

    Dit is verseker die mooste mense wat ek in die dekade gesien het. Sy is asemrowend mooi.

Gooi Comment