Watkykjy nuus round-up. Week 43.

In Wat is nuus? deur griffin6 Eiertjies

Fokof, jou tappit!
'n Man met 'n pryswenner mullet is by 'n trendy bar in Australië uitgeskop. Die arme ou was nie eers gesuip, kak aangetrek of oprukkerig nie. Sy mullet mansonde was sy next level mullet. Hy het skaars twintig minute rustig gesit en chat en kuier toe die eienaars besluit het dat hy sy "business in the front, party in the back" moet vat en fokof. Fokkit, die bra kan bly wees hy is nie gay, swart en 'n midget nie, want dan het hulle hom seker gebliksem ook. Laat my dink aan 'n tjommie wat so paar jaar terug by 'n club in Kaapstad ge-liberty is. 'n Griekse bra. Kort outjie. Hy was netjies aangetrek maar die (duidelik Afrikaanse) bouncer het hom getune: "You caren't come in here wiff tekkies!" waarop my tjommie geantwoord het: "But I was last week here wiff tekkies?" Toe poes hulle hom. – Channel3000

Matchy-matchy
Mense reken 'n nuwe ding in Korea en China het sy kop uitgesteek. Couples wat dieselfde fokken klere aantrek as 'n teken aan mekaar van hoe mathcy matchy 3groot hulle liefde is. Die onafskeidbare paartjie. Die ou en chick wat nie langer van mekaar af kan wegwees as 'n kak, 'n pis of 'n paar ure by die werk nie. Dis eintlik glad nie 'n nuwe verskynsel nie want jy weet jy het dit al in Boksburg Mall, Menlyn, die Vereeniging skou en by die V&A Watefront gesien. Dis fokken belaglik en dit het nou 'n naam. Nie 'n baie oorspronklike naam nie: Matchy-matchy.

matchy matchy 2Check, dis fine as jy 'n tweeling so aantrek, mits hulle nie ouer as vier jaar oud is nie, maar even dan is dit reeds effens creepy. In ons hoërskool was daar ook sulke couples gewees. Die tipes wat in standerd ses al met die kak begin. Trek van daai simpel pajama materiaal tops aan met 'n beertjie print op saam met 'n stonewashed jeanpant. Gewoonlik home-made vibes. Dit beteken hulle het consciously aan hulle fokken outfits gaan werk by die huis. Mamma is ge-instruct om daai kak vir hulle aanmekaar te naai. Kyk, dis verstaanbaar as 'n ou en 'n chick dalk per ongeluk altwee dieselfde kleur jeanpant aantrek en 'n t-shirt van dieselfde kleur oor die bors gooi. Blou en swart is algemeen en dit kan oorgesien word, maar die fok weet – dit kan ook net tot op 'n punt "toevallig" wees. Wat het 'n mens nodig om sulke embarrassment te vermy? Dis eenvoudig – oë in jou fokken kop. Lekker! Lekker matchy-matchy!

Hierdie is byvoorbeeld heeltemal fokken onaanvaarbaar:

matchy matchy 4

OK, ek kan aan ten minste twee redes dink hoekom ons hierdie tweeling sal vergewe en heeltemal sal moet vryskeld van bogenoemde cliteria kriteria. Daar is wel skaars uitsonderings as dit kom by grootmens tweelings.

ons sal hulle vergewe

Kom ons gooi bietjie dier op vuur
In Michigan het dinge bietjie skeefgeloop vir 'n redneck en sy bure in sy kompleks. Check, 'n man is nie 'n klip nie en die ou het net probeer Apartment Fire-Squirrelaandete maak. Hy wou net 'n ou vleisie kook vir homself en het in die proses sy apartment afgebrand. Honest mistake. Hoeveel keer het jy nie al die kombuis per ongeluk amper verwoes deur een of ander kak move nie? Maybe het jy die kalkoen in die oond op high gelos terwyl jy gespat geraak het op krismis. Dalk het jy olie in 'n pan aanvergeet toe jy vir jou tjerrie probeer pannekoeke bak het op 'n reënerige dag. Of miskien, het jy, soos hierdie marabs van Michigan, probeer om die fur van 'n dooie eekhoring af te skroei met 'n blow torch voor jy hom in die oond druk en in die proses agt van jou bure se flats HEELTEMAL verwoes nadat jou Ice Age buddy die flamme deur jou dak laat versprei het. Yup, agt flats heeltemal fucked up en 'n verdere twee-en-dertig deur die brand beskadig. Dis fokken nuts!

Gelukkig het niemand seergekry nie, behalwe vir 'n brandweerman wat sy groottoon gebreek het. Fokken rednecks. – Huffington Post

Holpyn, my china!
'n Ou van China moes mediese hulp kry om 'n dildo die size van 'n oorgewig baba se arm (23 sentimeter)  uit sy hol te verwyder. Actually was dit nie sy hol nie, maar sy ingewande. Dis hoe diep die bra hom ingedruk  het. En daar gelos het. Vir vyf dae. Dit lyk my dis min of meer hoe lank mens skaamgeid of pyn kan verduur. Meeste van ons kan nie eers 'n bruinbeer laat prairiedog vir 2 minute voor ons ogies begin traan nie.

Die dokter wat die onaangename job gehad het om die dildo te verwyder het nog nooit so 'n groot voorwerp uit iemand se hol getrek nie. Snaaks genoeg was die dokter se van Yao. Hy het heel moontlik sy eie van uitgeskree toe hy die voorwerp eventually uitgekry het. – IOL

Nooit, my China!

So terloops, hier is 'n variety van goeters wat 23cm lank is wat jy by jou poefenjors kan opdruk as jy nie lekker in jou kop is nie en bored is by die huis of (sidder) die werk.

'n Bobbejaan spanner:

bobbejaan spanner

'n zolkop se bong:

bong

'n Chalking gun:

chalking gun

Hierdie draadborsel:

draadborsel

Racing springs:

racing springs

Hierdie paint roller (die roller gedeelte):            

paint roller

Hierdie gemaklike stewel:

stewel

Hierdie vis:

hierdie vis

griffinWatkykjy nuus round-up. Week 43.

Comments

  1. einafok!

    Hierdie news roundup is soos in my gunsteling-ding op Watkykjy. 

  2. Bokbal

    Lank, lank, lank gelede …………. het ek in 'n mediese joernaal 'n artikel gelees van voorwerpe wat uit mense se holle verwyder is.
    .
    In die een geval is 'n moerse tamatiesous bottel uit die ou se grondgrot gegrou. Die bra reken hy het deur die kombuis venster geklim en op die bottel geval. Hmm. Snaaks om 'n tamatiesous op die vensterbank te los, wat met 'n 5 finger effie oorgetrek is.
    .
    In nog 'n geval het die medici 'n moerse swart dildo tussen die kluite uitgediep. Die volgende dag het die pasiënt se hoogs bedonnerde vrou by die ongevalle opgedaag om haar dildo terug te eis.
    .
    Naskrif: Ek lieg oor die mediese joernaal stukkie. Ek smag maar net daarna om 'n bietjie intelektueel te klink.
    Bloos

  3. SpogSog

    "But I was last week here wiff tekkies?" Toe poes hulle hom – fokken EPIC!
    Goeie werk, Griff!

  4. Prof. Bokdrol

    Moerse toevalig, daai 23cm getal – die hardcopy van my vriendelike $ellulêre dien$ver$kaffer se rekening is ook about net so lank. And moving forward swiftly – ek vat eerder daai hele paint roller sywaarts voor ek 'n Lady Gaga tiekkit koop…fok.

  5. Kattewales

    Matchy-matchy?  Die zefste gebeur local waar die hele fokken family blou bul truie aantrek as hul gaan braai…

Gooi Comment