The Killers – Battleborn (album review)

In Watkykjy Reviews deur Zirkie2 Eiertjies

Die laaste keer wat ek 'n The Killers album besit het was in 2004 toe ek nog 'n werk, 'n meisie en drome vir die toekoms gehad het. Daai album was Hot Fuss en ek het dit ontdek danksy die single Mr. Brightside wat ek gehoor het op Q Magazine se Best of 2003 Compilation CD. Ek het hierdie cd glad nie van die tydskrif af gesteel by die boekwinkel waar ek gewerk het op daai stadium nie.

Ek was mal oor daai tune, so toe laat import ek vir die eerste keer in my lewe 'n album van the overseas af. By Kloppers, Bloemfontein se ekwivalent van Wallmart. Eventually, na ses tot agt weke, was ek die coolste kat op die dorp. In my eie kop at least. Niemand het geweet van The Killers nie, en dit was alles so. Fokken. Indie! Maar toe Indie nog 'n vier letter woord was, en nie 'n vier letter woord nie. Vir 'n beter deel van 'n jaar het dit so gebly tot ek die eendag Mr. Brightside op terrestrial radio gehoor het. Ek het toe geweet dat die honeymoon verby is, maar dit was maklik om te laat gaan. Ek het inelk geval net regtig van daai een song gehou.

Die wêreld kon hulle maar kry.

Deur die volgende paar jaar terwyl ek my meisie, my werk en my drome vir die toekoms verloor het, het ek met die semi-disinterested oog van 'n jilted ex-lover gekyk hoe The Killers ontplof. Binne 'n paar jaar, vir 'n tydjie ten minste, sou hulle die grootste band in die wêreld wees. Dit was battlebornpartykeer ongelooflik hoe alomteenwoordig hulle was. Ek kon letterlik nie keer om te hoor hoe, toe ek jonk was, daai ou glad nie soos jesus gelyk het nie maar wel 'n gentleman was. En daar is heeltemal sonder toestemming aan my die vraag gevra “Are we human, or are we dancer?”

Die fok alleen weet maar hier is ons nou alweer in 2012. Vyftien miljoen album sales later met hulle vierde studio, album Battle Born. En al belowe die naam groot en stormagtig dinge, deliver dit maar selde.
 
Ek het 'n moerse hoë toleransie vir kak 80's synth sounds, maar The Killers vat dit once in a while te vêr. Meeste songs, soos Heart of a Girl, In a Matter Of Time, Rising Tide en die titelsnit Battleborn is almal swaar belaai met cheesy Casio klanke en die hele album loop oor van 'n soort opgekookte, priem nostalgia. Battleborn verf  'n duidelike prentjie. Dis 'n prentjie van Brandon Flowers wat sit en 'n prentjie verf. 'n Prentjie van homself, in 'n bar, in die aand, met donkerbrille aan, op die foon met sy pregnant cherrie, wat wag vir hom om huis toe te kom. In slow motion.

Die musiek is 'n einaardige kombinasie van Roy Orbison, Mike & The Mechanics, Men at Work, Belinda Carlyle, Jennifer Rush, Pet Shop Boys, Madonna, Enya, Day-Glo legwarmers en skuldige, voor-huwelikse seks. Alles toegdraai in van die beste, mees futuristic bleepidy-bleep produksie wat ek gehoor het in 'n lang tyd danksy die belaglike hoeveelheid talent wat tot The Killers se beskiking was met die maak van die album.

Op sy beste klink Battleborn soos 'n hoogdawerende sukses, avontuurlustig en vol vars idees. Op sy kakste klink Battleborn soos 'n charismaties kerk band waar almal dodgy E's gevreet het en nie weet hoe om te cope met die rush nie. Maak van dit wat jy wil.

As dit jou thing is, is daar darem iets hier om van te hou.

Indien nie? …wel dan, luister iets anders man. Fokkit.

Deel met jou tjommies!

    ZirkieThe Killers – Battleborn (album review)

    Comments

    1. DieRoot

      Ja nee, na twee dae het nog niemand fokol oor the killers gese nie…ek dink hierdie blaar kak verniet in sy broek van opgewondenheid…sal maar iets anders luister… fokkit

    Gooi Comment