Score tickets na Mieliepop Music Festival!

Die tweede jaarlikse Mieliepop music festival gebeur hierdie week van Vrydag die 26ste Oktober tot Sondag die 28ste Oktober in Lothair, Mpumalanga. As jy op hulle website gaan rondkrap sal jy die Watkykjy logo daar iewers sien. Die mense het ons uitgenooi en gevra om bietjie te kom hand bysit en uithelp. Toe ons die naam “Mieliepop” hoor het ons eers geskiem dis ‘n Huisgenoot Skouspel vibes en dat dit fokken tos gaan wees, maar die line-up is fokken lekker. Meer as dertig fokken cool bands wat die naweek speel en dit sluit even Uriah Heep in. Die regte egte Uriah Heep. Hierdie ouens:

Hulle is fokken krimpies. Hulle is al van 1969 af aan die gang. Dis fokken lank. Dit is dus moontlik die laaste keer in jou lewe wat jy hierdie ouens live kan check.

Die venue is fokken mooi, soos jy uit die foto’s hieronder sal sien. Die ander cool ding is dat jy day tickets kan koop vir 200 skille as jy nie vir die hele naweek kan of wil gaan nie. Die ouens mik vir so 3000 mense max, so as jy Oppikoppi se April vibes mis, is hierdie net die regte fokken festival vir jou. Dis ook family friendly, so bring jou kind saam as jy een het. Of jou ouma. Passop net dat Uriah Heep haar nie raps nie want ons verneem hulle is stoute sneeudiere.  Gaan lees gerus hulle FAQs op hulle page.

Ons gee drie double tickets weg:

Al wat jy hoef te doen is om die volgende te tweet, waarna ons 3 random wenners sal kies vir ‘n dubbel ticket elk:
“Hey @mieliepopfest en @watkykjy, ek wil graag die double tickets wen na #Mieliepop!”

Dis so fokken maklik soos dit. Onthou die #Mieliepop hash tag, want dis hoe ons vir entries gaan soek. Die wenner word Sondagaand gekies en IMG_9101sal bekend gemaak word net voordat Carte Blanche wys, sodat jou Sondag nie tos eindig nie en jy na ‘n piele week kan uitsien. Ons kies 3 random wenners en jy moet op jou eie daar uitkom. Onbthou, dis in Mpumalanga.

Ons fokof sommer Donderdag al voor die son opkom. Die mense het vir ons ‘n helikopter en ‘n aerie gereel om die pozzie af te neem. Check julle daar. Sommer so uit die lug uit. Die lewe is fokken hard. Gaan groot of gaan kak.

Vrydag line-up:
Shotgun Tori101_5076
Tenkai Pennies
Howlin’ Shibanksi
Phoenix Smith
Dada FM
Mechanics Of Happiness
Prozac Down
Marica Moon

Saterdag line-up:

Uriah HeepIMG_0380
Dan Patlanksi
Smoking Mojos
Michael Lesar
Jeremy Loops
Feed The Wold
Tidal Waves
Architects Of Underground Music
Greg Georgiades
Bcuc
The Aidan MArtin BandIMG_2613
Enovelle
Chiba Fly
Them Particles
Napalma
The Country Conquerers
Naming James

Sondag line-up:
Piet Botha
Bradley Cooper
Riku LattiIMG_2700
Bacchus Nel
Rian Malan
Lanimybru
Lochner De Kock
Les Javan
The Country Conquerors

Dan is daar ook DJs wat na die bands jou jeukerige voete en hol aan die dans sal kry. Die cool ding is dat dit in ‘n tipe van ‘n grot se mond plaasvind, so as jy eerder in jou tent wil gaan relax en die Playboy wil lees en velle klap, sal die sound jou glad nie pla nie.Dit bounce nie na die camping area toe nie. Vat maar ‘n baadjie ook saam vir die aand. Deur die dag is die weer lekker.

Moenie komkommer as die map klein en onleesbaar lyk nie. Click net op hom dan maak hy mooi fokken groot oop:

mieliepop

 

Deel met jou tjommies!
Gefile in kompetisie and tagged . Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

3 Comments

  1. Vlaknaai
    Posted October 19, 2012 at 11:17 pm | Permalink

    Lochner De Kock …. WAT DE POES ??  Jissis , ek weet hy is " tussen treine " , 
    maar die naaise treine loop nie meer nie - 

  2. pkr
    Posted October 21, 2012 at 5:01 pm | Permalink

    dis n fokken seeeeck sweeet line up! 

  3. einafok!
    Posted October 22, 2012 at 8:06 am | Permalink

    Hashtag is hutsmerk in Afrikaans. Wat 'n fokken tos woord. 

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>