check hierdie naai

Score tickets na Bloc Party & Die Antwoord vanaand!

In Kompetisie deur griffin1 Eiertjies

Dis ons tweede kompetisie vir hierdie befokte Vrydag en daar is later vandag nog een. Ons sal dan ook sommer begin hints gooi van ‘n befokte kompetisie wat ons volgende week gaan gooi. Dik fokken pryse!

Maar nou eers vir hierdie enetjie: Vanaand 19:00 skop daar ‘n moerse gig af in Joburg (Mary Fitzgerald Square in Newtown om meer presies te wees): Bloc Party is in Suid-Afrika en Die Antwoord gaan ook die stage betree en sal tien teen een goed soos “naai” en “fok” skree.

Ons gee TWEE stelle double tickets weg na hierdie jol toe en die waarde daarvan is R530 times two. Dis R1060 se mahala tickets!

Ons stuur ook ‘n under cover Watkykjy agent met ‘n kamera na die vibe toe, so as jy jouself in jou fuck-you in gaan drink, gaan jou ass moontlik volgende week op Watkykjy wees. Wyd kyk, ou pellie.

Om die tickets te wen moet jy op Twitter (@watkykjy) mooi daarvoor vra en die hash tag #123BlocMyself gebruik. Ons sal twee wenners kies met die beste Tweets. Vir hierdie enetjie het jy net kans tot 11 uur vanoggend. Die wenners se tickets sal ge-scan word en vir hulle ge-mail word voor lunchtyd.

PS: Ninja het in ‘n bak verf gepoes, toe ry Dr Zeus bo-oor hom:

check hierdie naai

Deel met jou tjommies!
griffinScore tickets na Bloc Party & Die Antwoord vanaand!

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Aweh – hy lyk soos n gebruikte hangmat vir n siek parra?

Gooi Comment