Score The Gaslight Anthem se nuwe CD! Ons gee 3 weg!

In Kompetisie deur griffin3 Eiertjies

As jy nog nie familiar is met The Gaslight Anthem nie, gaan lees gerus hierdie review oor hulle nuwe album, Handwritten.

Ons gee vandag drie copies van hierdie album weg, maar kom ons praat gou eers bietjie oor volgende week se poesgroot kompetisie en gepaardgaande pryse:

Wees Maandag op jou hoede. Wees paraat. Kyk wyd, want ons gaan 'n next level kompetisie afskop en daar gaan tien pryse wees om te wen. Fokken tien, my blaar! Watkykjy in samewerking met Zefhop.com en Interwebsradio.com gaan hierdie outjie Maandag afskop en die wenners sal teen volgende Donderdag weet wie hulle is. Die tweede tot tiende pryse se trek seker hier by die R6k rond in totaal. Ongelukkig weet ons nie wat die eerste prys werd is nie, want die Red Hot Chili Peppers se gigs in Suid-Afrika is uitverkoop en ons gee 'n double ticket weg vir die Joburg show, so wie weet regtig wat die waarde is van twee sulke fokken kak skaars tickets? Ons is poesgaaf. Maar meer daaroor volgende week. Kom ons konsentreer eers op vandag se derde en laaste kompetisie:

Ons gee copies van Gaslight Anthem se Handwritten album weg aan drie gelukkige Watkykertjies. Hier is wat jy moet doen om dit te wen:

1. Skryf "Watkykjy?" op 'n stuk papier of karton.
2. Skryf "Gaslight Anthem" onder dit op dieselfde papier of karton.
3. Hou die papier oor jou boude.
4. Poep terwyl jy jou eie anthem sing en 'n lighter vashou.
5. Neem 'n foto.
6. Mail die foto na griffin-at- watkykjy- dot- co-dot -za

Obviously sal ons nooit weet of jy regtig gepoep en gesing het nie, want dis 'n fokken foto, maar jy sal in jou hart weet dat jy die regte ding gedoen het. Jy hoef ook nie kaalgat te wees nie, maar ons sal nie frons vir kaalgatte nie.

Ons sal die drie beste of snaakste foto's kies, op Watkykjy gooi en jou CD pos. Die kompetisie sluit volgende Woensdag teen 17:00.

May the best ass win…

Hier is American Slang, een van hulle tunes van hulle vorige album met dieselfde naam. Fokken lekker tune!

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 37,760 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScore The Gaslight Anthem se nuwe CD! Ons gee 3 weg!

Comments

  1. David

    O fokkit nee, jy SAL frons vir my kaalgat. Ek het al gekots as ek hom perongeluk in 'n spieel sien.

  2. Derkie Putter

    Ek gaan my fokken lelike sussie convince om hom voor haar gesig te hou, julle sal nie n fok die verskil agter kom nie!

  3. Dirk Diggler Diktros

    My poep is nog spuitie onner pressure na daai ander koei se song wat my ingewande binnegeval het.  Bevrees my poging sal n Rochard-spraypaintjob wees…DDD

Gooi Comment