Score ‘n bottel Jagermeister! Ons gee twee weg.

In Kompetisie deur griffin4 Eiertjies

Soek jy dop? Wat van 'n bottel Jagermeister? Jy like mos heavy van shooters. Behalwe van die kompetisie wat Jagemeister self run waarin jy 'n jagermeister ice cold shotspoescool Smeg fridge kan wen was hulle gaaf genoeg gewees om vir Watkykjy twee bottels van die beste medisyne te gee om weg te gee aan twee gelukkige Watkykertjies.

Jy drink mos in elk geval die goed soos koelrdank heeltyd en raak dan gespat en neem foto's van jou en jou tjommies wat jy op Facebook plak. Dan maak julle sulke duckfaces en dan is julle so fokken snaaks en alles. Gooi daai house party van jou!

Stuur vir ons 'n foto waarin jy en jou tjommies Jagermeister nuttig. Ons kies die twee beste foto's, sit dit op Watkykjy en tune die gawe mense by Jagermeister om vir jou 'n bottel van die beste te gaan aflewer. Ons sal julle kans gee tot eerskomende Woensdag om julle entries in te kry, want ons fokof Donderdag moerse vroeg Mieliepop Festival toe. Jy kan dus die naweek party, mal raak en kiekies neem. Maybe is jy reeds uit oppie jol vanaand omdat dit phuza Thursday is en daar is klaar fotos op jou mobile. Ons moet darem kan sien dat jy Jagermeister klap. As niemand insrkyf nie, zoi ons die drank self en vat dit saam met ons na die festival toe. En nee, jy kan nie 'n fokken slukkie kry nie. Blerrie nool.

Looi jou entries na griffin at watkykjy dot co dot za

jagerjissis

jagerparty

Deel met jou tjommies!

    griffinScore ‘n bottel Jagermeister! Ons gee twee weg.

    Comments

    1. Klipkyker

      Oo ha…ek sien groot potensiaal kom…sal die spasie moet dophou…kom girls……….maak ons week………..!

    2. Die Vrotkol

      Ja die Bar [no pun intended ] is hoog gesit . 
      Ek sal my Snorkel bring meisies .

    3. Die Vrotkol

      Daai een in die middel is lekker getrek ! Dit lyk amper asof sy oopkatrol daar le , maar dis die ander goose se been .

    Gooi Comment