Province het ‘n yster. Die Sharks het ysters.

In Sport deur Kaptein Kortbroek

Prof. Bokdrol het een moerse humble pie vir my gebak.Hulle kort glo 'n trok om die ding af te lewer. Dis amper so insane soos my voorspellings laasweek. Prof., bring daai paai. Ek's fokken honger maar in dieselfde asem is ek ook moerse braaf en gaan ek weer my linkerklinker uitruk.

Kom ons check dalk eers gou laasweek se SuperBru nederlaag:

Van Kaptein Kortbroek na Captain Hindsight in 'n kwessie van vier ure. Prof. was slim en ekke – not so much. Ek het reeds vroeg die middag shots gevat toe die Blou Nulle 'n volle drie punte in die Sharktank kon aanteken. Wat presies daar gebeur het is nog 'n mystery, maar ek bid oom Heineken het nou gecheck dat Dandruff Lambie actually 'n losskakel is en daar moet bly. Grossss, daai laaitie maak uit! Hy het amper 'n Ernie Els tiepe vibe aan hom. Ek meen, kraaitjie mens! Hoeveel latte ken jy wat so koelkop kan bly as daar klomp vleismonsters van Snor City op hul af gestorm kom. Fok Bells, give that man 'n uur saam met oom Bertus se sexy dogter met die drie nippels! Haar perm is net so dandruff free.

Was die Sharks regtig soveel beter of was die Bulls dalk net so voorspelbaar soos moreaand se 7de Laan? Either way, dit was nou regtig nie 'n lekker game om te kyk nie!

Die beter van die twee semifinals was daar in die dodgy strate van Joburg. My cherrie wou gehad het ons moes gaan kyk, maar sy weet goed my insurance betaal noddefok weer uit as my tjor in daai valley gezik word nie. Dis 'n moerse jammerte want min dinge in die lewe gee mamma so moerse adrenaline rush soos 'n roadtrip deur New Nigeria nie. Ai ek gaan dit mis.

Terug by die game. Griffin is mos 'n Lions en shame, om in 'n kwessie van minute so moerse horing te verloor moet noggals suig. Dit was een van daai "kom ons sit maar die prop terug in die champagne bottle" moments en as SAPS se crime stats enigsins iets werd is, was dit nie 'n surprise dat domestic violence in Brakpan in daai drie minute vertrippel het nie.

At least is daar Super Rugby volgende jaar.. O nee wag, daai shit is gecancel! Leeutjies, maak maar reg vir julle favourite woordjies: "Herbou, jong span, ervaring…"

Elton se supertos haarstyl het al kak begin maak voor die game. Sy hairdresser check nou nog die highlights. Die feit dat hy en Taute Province toe fokkof en soveel kak aangejaag het in dieselfde game maak my wonder of Gerald Majola se nuwe job dalk reeds in rugby is?

Genoeg van die losers, my finale Currie Cup kotsie vir die jaar.

Sharks v Province:

Opsomming: Manne teen laaities. Daarsy, ek het dit gesê en dit is presies wat dit gaan wees. Maar dan weet ons ook hoe hard bliksem 'n sekere laaitie wat sommer eers gou gaan Bok jol het voor hy sy streeptrui gekry het. Om Ysterbeth te check jol gee my amper meer genot as die gedagte van my skoonma sonder stembande. Fokkit ek sal dit love.

Almal scheme dit gaan 'n pismaklike wen vir die haaie wees. Almal is probably reg, so ek gaan die drol wees wat WP op my Superbru pick. Goeie odds as jy 'n betting man is, maar ek het ook 'n rede en my rede is eenvoudig: Wie P het fokkol om te verloor nie. Ek kon nie eens dink aan goeie jokes oor hulle choking habits in finals nie. Dis amper dieselfde om grappipes oor gestremde kids te maak. Daarenteen kan die size van sekere Sharks se koppe hulle dalk net die game kos. Niks fok mens erger op as over confident wees in 'n moerse belangrike game nie. Vra maar die All Blacks wat laasweeek Ozzie carrots moes munch of vir Kaptein Kortbroek wat 'n final op Ellis Park Predict het…

Voorspelling: Soos ek dit sien gaan daar vir at least 80 minute gejol word. Gio Aplon gaan van 'n turn over af in die hoekie score en Keegan Daniel mag dalk net 'n skelm off-load gooi wat die hele WP span behoorlik gaan afpis. Dan is daar natuurlik die fight so 10 minute voor halftyd 15 meter regs van die 10 tree stippellyn. My geld is altyd op Ysterbeth, maar Sykes het nou al 'n reputasie om die kleiner manne so bietjie af te knou. Geen final gaan looi sonder 'n Meyer Bosman appearance nie en ek kom ons face dit, vir daai braai op die B-veld na die game 'n befokte een te wees moet die Sharks wen. Ek scheme egter Province met 2 – want ek was al verkeerd en laaik humble pie…

Hierdie post is 72 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,593,235 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Kaptein KortbroekProvince het ‘n yster. Die Sharks het ysters.