Wat gebeur as Idols jou 'n pit druk? As jy kan sing, maak jy 'n band en druk Idols 'n pit terug en maak original musiek. Dis nie jou skuld as Gareth Cliff piesangs in sy ore het nie. Dis ook wat die outjies van The George gedoen het.
Al vier lede van die band is nog snotkoppies by Hoërskool Menlopark met die jongste laitie nog in standerd agt:
Zandi Uys (17): vocals/percussion
PJ Maas (17): vocals/kitaar
Niel Markgraaf (17): kitaar/kickdrum/percussion
Duard Musk (16): bass
Hoewel hulle nog nuut op die scene is het hulle al klaar so paar gigs begin jol, onder andere saam met Van Coke Kartel, Wrestlerish en Desmond & the Tutus.
Hulle gooi indie/folk vibes en hulle music video is ook nie te kak nie, as mens in ag neem dat hulle nog skoolkinders is en dat daar verskriklik baie tos daarbuite is. Dink maar aan daai Boe ba Boktos waarmee ons julle verlede week gepeper het, jy maak uit?
Hier is hulle eerste single, Sometimes:





6 Comments
lekker tjoens bra… het amper so House MD feel, ek skiem dis lekker lang pad vat tjoens die
ummmm, fokken well done, dis mos nou musiek om op trots te wees, sterkte bra's!
julle sal ver kom
Fok meeste vannie tyd kan ek nie 'n fok hoor wat die bra sê nie, maar dis nogal 'n lekke tune !
Baie cool. Amper byna soos n baie jong Dylan. DDD
Wel, wel, wel…ekself is aangenaam verras, en Dr. Onk skiem dis befokte descending bass chord progression – of iets in dier voege – vibes daai oppie kitaar (KWV is met goeie rede nie borge van die Alzheimers Foundation nie…hic.) But seriously – dis major fokken talentvol vir overgrown enkelbyters, na my beskeie mening - en dit komend van 'n krimpie wat sy snoet op 'n plooi trek vir alles pre-1895. Regte talent sal altyd uitstaan, deur al daai Idols hype: as Idols 'n geloof was, was Justin Bieber hulle deity, met 'n paar smug-ass cocksuckers met kak haarstyle en dikraam brille as die tempelpriesters…
Sorrie, dis "Post-1895" natuurlik - Dr. Onk, KWV en kompjooters meng nie so lekker nie.