Mumford & Sons. Album review: Babel

Ek het nog nooit regtig na Mumford & Sons geluister nie. Ek het al soos die res van die wêreld saamgesing met Little Lion Man, “…I really fucked it up this time, didn't I my deeeeeer!” maar behalwe vir dit, is Mumford & Sons een van daai bands wat ek dink uitstekend is, daai opinie gebaseer op presies een liedjie.

So hoe klink Babel, Mumford & Sons se tweede album, dan vir 'n fan wat nog ooit eintlik hulle musiek geluister het nie?

Omtrent soos jy sal dink. Befok. Die kort weergawe van die review eindig hier. As jy 'n fan van goeie musiek is, gaan spandeer jou zak nou dadelik op hierdie album.

In die langer weergawe, sal ek probeer vertel hoekom Babel juis so befok is, maar ek dink nie dit gaan maklik wees nie. Right off the bat moet ek sê dat dit alles 'n bietjie te veel kan word. Daar's vyftien tracks op hierdie album en iewers langs die pad gaan jou ore moeg raak vir die celestial trompette, hemelse harmonieë en lirieke so diep soos die bodem van die see. Awesome Fatigue set in by omtrent track twaalf (as jy die album in een go luister) maar dis testament tot hoe wonderlik dit alles is dat dit eers dan gebeur. En selfs dan hou dit nie lank nie, maar ek dink dis benede ons as music lovers om te kla oor “too much of a good thing”.

Omiddelik kan mens vergelyking trek tussen Babel en Of Monsters and Men se My Head is An Animal, wat so rukkie terug op Watkykjy review is. Altwee bands gebruik allerhande akoestiese instrumente, Banjos, Mandolins, Cellos, Tamboeryne en 'n super steady beat om basies rock musiek uit wooden intruments te maak. Dis lyk my dis hoe ons somer gaan klink hierdie jaar en ek kan nie meer bly wees nie.

Maar waar Of Monsters and Men 'n die ekwivalent van 'n lekker handjob was, is Babel die volle four-floors-of-whores-ek-het-'n-STD-in-Thailand-gekry naai bonanza. Dis harder, vinniger en sterker. Soos jy dink jy is op cocaine, maar soos jy eintlik glad nie is op cocaine nie.

Mumford & Sons het 'n “skoffel faktor” wat net nie ongesiens kan bly nie. Elke keer as die musiek in hoêrat inskuif (wat baie gereeld gebeur) sien ek 'n ou oom langs 'n hooibaal. Die baal het 'n spitvurk in vir estetiese redes en die ou oom, sommer fokken klein van die ouderdom, staan langs die hooi baal en doen die chicken dans. Arms en bene. Die ene pomp. En elke keer as ek daaraan dink, dan lag ek, want die ou oom pomp sy poes af!

Elke song op die album is sy eie klein self-contained religious experience en dis baie moeilik om uit te sonder. Broken Crown is die mees hartseer sokkietreffer wat jy ooit sal hoor, en die inevitable “fuck”, wat ek nog steeds maintain 'n groot deel van Mumford & Sons se vorige sukses opmaak, verskyn hierop. Fokken yay vir vloekwoorde!

Blykbaar het almal reeds besluit dat die twee groot singles van hierdie album af I Will Wait en Below my Feet gaan wees. Ek kan verstaan hoekom. I Will Wait het harmonies in wat hot bitches laat lesbian draai, met die perfekte hoveelheid van Little Lion Man se “and Aaaaiieeeeee will…” sing-a-long bekendheid. Die koor is soos 'n groep recently turned hot lesbians wat almal in wit lingerie staan in 'n rivier, besig om te wag sodat hulle my kan herdoop in die water en al my sondes kan vergewe. Dan skop die trompette in en ek skiem net jirre, ek is poeslief vir 'n goeie brass en horn section. En in Below My Feet gaan Mumford & Sons in MOERSE EPIC PRODUCTION mode in. Dit klink dan, al is dit net vir 'n paar sekondes, soos daai moerse King Kong dromme wat jy so gereeld hoor in One Republic songs en enigeiets van Jay-Z af. Imagine daai cymbal-spelende speelgoedapie – die een met die creepy rooi oë – wat langs jou staan en speel. Maar die apie is 500 meter hoog en sy kop verdwyn in die wolke. Dis hoe dit klink. Sinlge material wat die record company execs seker onmiddelik laat skiet het in hulle broeke.

As jy teen hierdie tyd nog lees, and even less likely, nie verstaan hoekom die album amazing is nie, dan fok jou. Hierdie is weer die einde, maar dieselfde tel as by die vorige een. Babel, van Mumford & Sons is die al die praise asook die moeite werd.

Om af te sluit wil ek net 'n laaste ding sê. Op Ghosts That We Knew, sing Marcus Mumford oor pyn en gebreekte glas en sulke kak. Maar eintlik weet hy fokol van pyn af.
Luister Winter in My Hart deur Die Skynmaagde dan sal jy hoor wat regte pyn is…

(onthou ook om in te skryf vir die MOERSE kompetisie waarin daar onder andere iets soos tien van Mumford & Sons se albums wegegee word, asook t-shirts en totebags. Click hier vir die kompetisie of click op die almbum cover as jy dit wil koop en nie wil wag nie)

mumfordsons-babel-packshot

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in reviews. Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

8 Comments

  1. einafok!
    Posted October 10, 2012 at 1:01 pm | Permalink

    Goeie review. Dis regtig befok. Dis eintlik al wat mens kan sê. Wat ook die moeite werd is om te noem, is daai poescool cover van Simon & Garfunkel se The Boxer saam met Jerry Douglas. Mens kan amper die hele album net daarvoor aanskaf. 

  2. Jaques Bredenkamp
    Posted October 10, 2012 at 1:12 pm | Permalink

    Hi dankie vir die info ek is ñ huge fan van Mumford… en het nie geweet wat om te verwag met tweede album nie, maar ek waarborg jou ek het hom voor Saterdag.

  3. Dok
    Posted October 10, 2012 at 1:13 pm | Permalink

    Ok, hoekom is WKJ besig om fokkin hipster te trek met julle musiek reviews? Obviously kan ons sien wat Zirkie se persoonlike musiek smaak is, en dis alles goed en wel, maar wat het geweord van die 'ZEF' faktor? 
    Moenie my verkeerd verstaan nie, die review is snaaks, maar ek wil nie hierdie hipster kak, soos Gaslight Anthem, op WKJ sien nie. Vir dit kan ek we-are-poeslame-awesome of na daai bangersandnash klootsak se blog toe gaan…

  4. griffin
    Posted October 10, 2012 at 1:36 pm | Permalink

    Ek sal vir jou ‘n review oor Justin Bieber se musiek skryf. Dan suig jy jou nefie se piel terwyl jy daarna luister.

  5. Dok
    Posted October 10, 2012 at 4:32 pm | Permalink

    Thanks Griff, just pointing out the obvious hipster tendency wat ontwikkel. Julle is mos nie sulke ouens nie? 
    En, daar is niks fout met my nefie se piel nie. 

  6. griffin
    Posted October 10, 2012 at 5:35 pm | Permalink

    Mumford & Sons is so fokken mainstream soos wat dit kan kom, my blaar. Elke tweede doos luister daarna. Niemand is special nie. http://www.bbc.co.uk/newsbeat/19873094

  7. Posted October 11, 2012 at 6:28 am | Permalink

    Dok. So nou is die music reviews nie zef genoeg nie? Miskien is jy nie zef genoeg vir Watkykjy nie, my bra. 

  8. Die here
    Posted October 11, 2012 at 9:46 am | Permalink

    M & S is n grissies, dok hierbo soek mainstream kak soos lady gaga fok almal bring die metal

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">