Mieliepop jou fokken kop af!

In Snotstories deur Zirkie10 Eiertjies

Ons het die afgelope naweek fokken hard ge-party maar ook ons pere af gewerk by Mieliepop festival. Daar was even in vliegtuie en jet ski's rondgefok om die beste shots te kry, want ons is besig om aan 'n dubbel DVD te werk wat jy binnekort by jou music collection sal kan voeg – of jy nou daar was of nie. Die eerste DVD sal live music gooi en die tweede een sal oor die 2000 high quaility kiekies huisves wat jy kan uitprint en kan raam of op jou TV kan kokkenodge. Jy kla mos altyd daar is fokol op TV. Hieronder is so paar van die foto's en 'n tipe van 'n highlight package van so paar shots wat ons vinnig tussen 10,000 foto's en meer as 250gb se footage kon uitkrap.


Mieliepop is 'n musiek festival net buitekant Ermelo wat nou in sy tweede jaar is. Dit klink miskien nie baie auspicious nie, maar glo my, Mieliepop 2012 was een van die lekkerste feeste hierdie jaar.

Dis nie te vêr soontoe van Joburg af nie en dit sal jou nog minder tyd vat om daar aan te kom as jou GPS jou nie langs 'n grondpad deur 'n plantasie af laat infok nie. Ons het amper ons gat gesien op hierdie paaie met net die naam “road” want Griffin het mos sy jetski, of soos dit van nou af bekend sal staan, boterfiets, saamgesleep.

Nou, wyd groen landerye en 'n kakhuis vol bome is mooi en alles maar dis eers as jy oor daai laaste heuwel kom en ewe skielik hierdie vakansie-oord van 'n feesterrein sien dat jy weet jy 'n lekker tyd gaan hê. Daar's 'n moerse rivier met 'n dam aan die einde wat lyk soos 'n lollipop op 'n relief kaart en aan beide kante van die rivier is daar grasperke wat lyk soos golfbane, super luukse chalets aan die een kant en skaduwee, (skoon) kakhuise, staanplek en nog akkomodasie aan die ander kant.

Soos gewoonlik het ons 'n dag voor die tyd aangekom, die ene trots op ons plan om nie die eerste aand aaklig dronk te raak nie. Maar toe reen dit en aangesien ons in tente moes slaap het ons die heelaand onder die produksiehuis/chalet se stoepdak gesit en al die drank opgesuip. Of ten minste, Griff het. Ek het oor die brug na die ander oewer geloop en hopeloos te gerook geraak op goeie geselskap van vreemdelinge en shots cheap vodka wat daai vreemdelinge ewe skielik vriende gemaak het. En daai vriende is almal dose! Hulle het my 'n kak babelas gekos. Maar nie naastenby so erg soos Griff s'n nie. Hy het saam met die uwe Hendrik Geelbaadjie so kakhard gesuip  dat hulle sigaretstompies gedrink het op soek na bottels met nog drank in. Dit was egter niks wat 'n brekfis, 'n shampoo-bad in die jacuzzi, 'n wit t-shirt en nog 'n dop die volgende oggend nie kon regmaak nie.

Mieliepop is daai soort festival. Die een waar jy niemand hoef te ken om 'n goeie tyd te hê nie. Dis family friendly en net soveel soos die ou ballies gekom het om Uriah Heep te kyk en nostalgies in hulle karavane te poep, so het die nuwe generasie fans asook jou regular Joe op soek gekom na 'n lekker fest. Almal was op die ou einde ge-cater voor.

Die bands was across the board bitter cool en met name soos Shotgun Tori, Howlin' Shibansky, Tidal Waves, Jeremy Loops, Dan Patlansky en Uriah fokken Heap was dit 'n honest to goodness treat vir enige iemand wat lief is vir topklas musiek. Obviously moet 'n mens die headliners mention. Uriah Heep het die kak uit my uit impress! So klomp ou krimpies wat so hard rock dat ek 'n semi gekry het en ook 'n terminale geval van metal elmboog soos ek horings gegooi het.

Andersins het ek my duim fucked-up gesny met 'n skêr in 'n poging om my horreltent reg te maak, ou vriende gesien en gekuier soos in die goeie ou dae, verskeie uitstekende bands gesien, gevry, gelag, genoeg gehad na vier dae se partytjie en 'n volslae belofte gemaak aan myself dat ek daar sal wees by Mieliepop 2013.

(Foto's deur Watkykjy se fotograwe. Ingrid Swart en Henry Engelbrecht)

02_dsc_7137

03 dsc_7466

04 dsc_8640

05 dsc_9399

06 dsc_0006

07 dsc_1279

08 dsc_2589_bw

09 dsc_3118

10 dsc_4409

11 dsc_6059

12 dsc_6527

13 dsc_7090

14 dsc_7662

15 dsc_8026

16 dsc_9412

17 dsc_9438

18 dsc_1026

DSC_2557

DSC_2589

DSC_6948

DSC_7049

 

Deel met jou tjommies!

    ZirkieMieliepop jou fokken kop af!

    Comments

    1. knopkierie

      Waas die airie Photies….?? Wil check of hulle in focus is na daai aand innie grot hehehe…

    2. griffin

      Die airie foto’s en videos sal in die DVD wees. So ook die jet ski en barge vibes. Ons het kakbaie. Ons moet net gou bietjie soos steenkoolmynwerkers gaan graft daaraan. Poesbaie footage.

    3. Jan

      Lyk fokken skoner as oppi toti. Sal definitief volgende jaar daar gaan draai.
      NETJIES

    4. 'kapansie!

      Stunning clip en write-up. Awesome festival; verseker ń instelling; wens dit kon net so authentic bly. Well done Coenraad!

    5. Flarkus

      Dit was mos jas-bedonnert-my-bla! 2de "popper" en ons is weer daaso next year. Poenie vir Prez!

    6. kleinattie

      Befok! So bly ek het nie 'n kamera saamgevat nie. Meer tyd om mielies te spring.
      Dankie aan almal betrokke. Goeie fokken werk.

    7. Bertus

      Thanks almal!  Dit was 'n fantastiese fees – my vriende se ek het dit verskriklik baie geniet.
      Well Done!

    Gooi Comment