Stempaal
Loading ...Kom-petisies
Dinge om te doen
Inligting met trots verskaf deur:
Kief Tunes
WatkykjyTubes
-
Die week se top 10
Afdelings
WKJ op jou Garmin
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
- Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie
- Watkykjy nuus round-up. Week 19.
- Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- Phuket, maar Thailand is kaklekker! (deel V)
- Life on The Road – Learn Guitar with David Brent
- Laasweek se zefspotters
- Sondag. Skêre met skietgoed.
- Dis naweek, kom ons fokken duik!
Interwebsradio.com
WKJ SuperBru team
-
Watkykertjies Tune
- wilnetspyker on Hoe om te naai… week#1 van 4
- Chris on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- Bokbal se Oupa on Watkykjy nuus round-up. Week 19.
- TANK on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- BillyHill on Watkykjy nuus round-up. Week 19.
- Piele on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
-
-




Laaities pomp steroids, nie chicks nie.
Al ooit gewonder hoekom hulle dit Soccer City noem? Fok weet, die Bokke moet nooooit weer op daai gras teen die All Blacks jol nie. Nou ken ons almal daai Bafana gevoel en dit nadat ons laasweek die Ozzies shots in die eiers gegee het.
Ja, Heineken het 'n jong span en ja die Richie McClaw en sy chinas score meer as die average porn star maar seriously, kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom ons nogsteeds met die mindset van "hardloop in die ander span vas" try ruggas jol? Check die All Blacks – hulle laaik van gaps slaan en het sonder die hulp van experts uitgefigure dat die bal die meeste van die werk moet doen. Dis kak eenvoudig maar as ek check hoe die laaities wat vandag rugby jol al op negejarige ouderdom begin ysters buig om groot genoeg te wees om die span te maak is daar nie veel hoop nie.
Wat gaan in society aan? Is dit nie dalk tyd dat ons jeug weer begin bier drink en zol rook instede van hierdie steroids vir breakfast vibes nie? Jong man, pomp eerder cherries voor jy ysters in in die gym pomp. Terloops, teveel gym maak jou tril keliner.
Intussen het Naka ook in sy rok gekak nadat die Goose weer ses maande in rehab moet gaan uithang. Let's face the facts: Hy het al die ammo om die volgende Dan Carter te word maar nie nou dadelik nie. Don't get me wrong, die Goose behoort ook in die groep maar hy is not 'n fok die beste losskakel wat ons in die land het nie. Not 'n fok.
Raait.
Kom ons gooi gou kristalbal vibes vir die naweek se Currie Cup…
Sharks v Kwaste (vanaand)
Opsomming: As daai klomp piesangboere bietjie daai pitte wat hulle het gebruik, laat hulle die Kwaste vanaand wen. Dit haal onmiddelik die Blou Bulle en Cheetahs uit die race uit. Sharks like van in semifinals teen die Cheetahs afkak en Morras is so eager om sy Boktrui terug te wen, hy skop dalk net die goeie Vlok uit die bal uit na sy forced holiday by Brakpan dam. Dink ouens, dink!
Voorspelling: Sharks ruk 'n ding mal en pomp die Kwaste met so 17 punte aangesien die Kwaste die enigste span is wat nie 'n enkele Bok terug gekry het nie. Shit, shame.
WP v Cheetahs
Opsomming: Lekker om vir die Bulls te lag, maar die grap gaan 'n kak een wees as hulle nie die play-offs maak nie. Haal my hoed vir Duane Vermeulen af en ek's jammer vir manne soos Apples (Gio Aplon) en Juan de Jong wat laaik van gaps slaan en juis daarom sukkel om Heineken happy te hou. In die Vrystaat kan daar genip word oor 'n promotion relegation game teen die Kings/Pumas. Kom on check maar. Shrek is nou terug en sak op vasskop.
Voorspelling: Die kak kan behoorlik spat, maar op Nuweland moet mens maar Province back as dit nie 'n semifinal teen die Sharks is nie. Eina. Province met 5. Styf.
Lions v Blou Masjien
Opsomming: Butch James is kaptein. Butch James is kaptein. Sorry ek moes dit tweekeer skryf want dis fokken weird. Waar in die lewe ruk die Leeutjies 'n B-span uit teen die Bok belaaide Blou Bulle? Shit, nou's ek lus vir steroids. Kort arm high tackles vir elke Lions bra wat kak aanjaag. Butchie het gepraat. Morras is uitgerus en was by Percy vir skoplesse. Wonder wat doen Percy deesdae so tussen hare kam en gym? Anyway, die Lions is probably een van die enigste spanne wat (danksy 'n Kwiw) besluit het dat stutte ook moet uitmaak van pass.
Voorspelling: Wen die Kwaste vanaand, gooi die Lions mielies more en pomp die Bulle. Verloor die Kwaste kap hulle dit meer relaxed om energie vir volgende week se semifinal te spaar. Ek scheme die Bulle met ten minste 15 anders loop hulle terug Snor City toe.
In my kristal bal check ek die semifinals as volg:
Sharks v Blou Bulle
Lions v WP
En die final – probably WP v Sharks (gaaaaap)
By the way. Bismarck is nou op twitter @bissie2 of something. Ek het hom getune hy moet nie die interwebs breek nie. Sy reply: Pomp pompe romp pomp.