Gaslight Anthem: Handwritten – album review

In Watkykjy Reviews deur Zirkie3 Eiertjies

Op papier klink Gaslight Anthem soos die mees boring band in die wêreld. 'n Standaard four piece Amerikaanse punk-rock band wat standaard Amerikaanse punk-rock musiek maak. Musiek oor meisies, karre en hoe goed die “goeie ou dae” was. Maar soos Kenny Powers sê: “Fuck that noise!”

Mens luister nie bands op papier nie, Gaslight Anthem is alles behalwe boring, en met hulle nuutste album, Handwritten, wys hulle dat hulle meer as net rys, vleis en aartappels musiek maak.

Hulle eerste album, 2006 se Sink or Swim, is relatief goed ontvang, maar dis met hulle tweede, 2008 se The '59 Sound, waarmee Gaslight Anthem die perfekte resep gekry het. Die regte sous vir hulle rys, vleis en aartapels, as jy wil. Daai sous het bestaan uit drie dele Bruce Springsteen, een deel Pearl Jam en so klein bietjie The Clash vir ekstra skop. Die storie gaan dat The Boss so baie van The '59 Sound gehou het dat hy persoonlik vir Brian Fallon, Gaslight Anthem se frontman, gevra het om hom op stage te join by 2009 se Glastonbury Music Festival.

Dis nie moeilik om te verstaan hoekom nie. Soos Springsteen, maak hulle musiek vir die “working class”. Mense wat sweet by die werk en terug huistoe gaan met grease onder hulle vingernaels. Dis miskien nie oorspronklik nie, maar dis iets waarmee mens makliker kan relate as byvoorbeeld Lady Gaga wat op 'n rol PVC sheeting haarself bevredig terwyl Jesus en Judas mekaar vry in die agtergrond, of Nikki Minaj wat haar blou gekleurde kwas in mens se gesig druk terwyl sy kreun oor hoeveel zak sy in die bank het. In vandag se music scene, waar meeste bands se main instrument 'n laptop is, en waar musikante meer tyd aan hulle wardrobe spandeer as aan liedjies skryf, voel Gaslight Anthem soos 'n groot vet middelvinger aan al die Party Rockin', Justin Bieber-y, MTV-agtige, Kanye-&-Kim kak wat by ons kele af geforseer word.


Elke track op Handwritten werk in sy eie reg. Dis 'n album waaroor mens ure lank kan stry wat jou favourite is, nie te sê dat daar enigsins iets soos 'n kak song op is nie. “Biloxi Parish” raak miskien effens langdradig, maar “45”, “Howl”, “Too Much Blood”, die titel snit “Handwritten” en inderdaad al die ander songs is van 'n moerse hoë kaliber. Dit alles rock, kakhard, en teen die tyd dat die album afsluit met “National Anthem” (een van die beste songs wat ek al heel jaar gehoor het) daag ek enige nuwe luisteraar uit om nie 'n onmiddelike fan te wees nie.

Handwritten kan dan gesien gesien word as 'n titel asook 'n beskrywing van Gaslight Anthem se houding oor musiek. Handmade sou ook geskik gewees het. Mens kry die gevoel as jy dit luister, dat elke song gemaak is met baie sorg en opregte, eerlike liefde vir musiek. Wie sou kon dink dat in 2012 dit die mees oorspronklike ding is wat 'n band kan doen?

Dis heel eenvoudig. Gaan kry vir jou Handwritten. Fokken nou!

gaslight anthem handwrittend album cover

Deel met jou tjommies!

    ZirkieGaslight Anthem: Handwritten – album review

    Comments

    1. fief

      dis n befokte goeie band hierdie, het n ruk terug n amerikaner ontmoet wat hulle cd's vir my gebring het van die obese mense af, moer lekker drink musiek

    2. Derkie Putter

      dis faaaaaaaakin lekker tunes die bra, my tiepe musiek, die tiepe lawaai waarmee jy die poesie wat langs jou op n dooie snelweg staan, doodspeel. dis n wereld beter as RSM (Radio sonner Mense) of die komersieele kak wat die res fan die fokkers kwyt daak, Dis riemruk lekker en kry n solid 8 and die ALMAL SE HERO BRA DERKIE
       

    Gooi Comment