Dear diary – Rocking The Daisies

In Snotstories deur Poesklein Ruantjie1 Eiertjies

Dear Diary,

Ek is terug in ses stukke uit die 24ste dimensie uit. Ek het veilig op aarde geland na ek ‘n naweek by Rocking The Daisies spandeer het. Diary, ek was ‘n spaceship, ek was ‘n dinosaur. Fok diary, ek was ‘n dinosaur-spacehip wat vuur in die reëen geblaas het en my agterstewe geskud het terwyl die legendariese grand Master Flash mixes gemaak het in die RedBull elektro trip-jou-tiete-af tent.

Die hele “rocking” in Rocking The Daisies pas nie so lekker in die naam nie. Daar is nie veel rock musiek nie. Net sodat julle weet. Well diary, hierdie vuur-brakende-dinosuar-spaceship kan nie veel onthou van die naweek nie, want as iemand my vorige entry lees sal hulle kon sien ek draai nie doekies om as dit by litte los maak kom nie.

Die jaar was die eerste keer dat RTD uitverkoop het. 15000 fokken mullets wat na een plek stroom is moer baie mense. Ek dink nog een strooi op die kameel se rug en die hele plek sou bars. Miskien dalk drie stukkies strooi, want êrens deur die loop van die naweek het ek twee ouens oor die hek help spring. Ek het net kywie gehou terwyl hulle op ‘n bakkie wat teen die security fence ge-park was se dak geklim en oor gespring het. EK'S ONSKULDIG!

Om kampplek tussen al die tente te vind is nogals ‘n mission, veral as jy so paar koppe is wat wil saam kamp. Teen Vrydagaand was die kampeerterrein voller as Durban se hoofstrand op Kersdag. Poesvol. En om jou tent eenoog dronk 04:00 in die koue donker op te spoor was ‘n taak wat amper net Bear Grills kan regkry. Gods ek het gewens daar was 'n app vir tent in die donker opslaan terwyl jy geswaai is.

Ek kan nie veel meer onthou van Vrydagaand behalwe dat ek lang ure in die Redbull danstent spandeer het nie. Ek was egter ‘n dinosaur spaceship. Al daai Dj’s was wesens uit die 24ste dimensie. Definitief die hoogste hoogtepunt van die naweek was daai fokken tent.

Die tekort of ver stap na die porta loos was bietjie tos. Veral vir die girls. Die lang queues het ook nie baie bygedra tot die hele “save the planet” vibe wat RTD aan die mense afsmeer nie. Baie Janne was geswaai teen drade en geboue deur ongeduldige ouens.

Nog 'n kak ding was dat ek nie 'n program in die hande kon kry nie en moes heeltyd een wat êrens vasgemaak is gaan soek het. Hulle kon regtig meer line-ups readily available maak. So het ek biae acts gemis wat ek wou sien.

Ek het Saterdagoggend steeds bitter ver van die aarde af gewaak met 'n dor, droëbek soos wat mens maar altyd wakker word in 'n tent by n music festival. Dit was nie lank nie of ek het weer petrol vir my spaceship gaan kry en dit afgespoel met ‘n Hunter's.

Die res van die dag is tussen die verskeie bars en stages spandeer asook 'n lang tyd in die stalletjies. Ek haat dit om in 'n ry te staan, so my breakfast het bestaan uit die smouse met die minste wagperiode. Biltong en vrugte smoothies wat ek uit my canteen met vodka opgetop het. ‘n Paar Jagermeistes vir poering en ek was soos 'n kat wat room gekry het.

Ag diary ek voel half kak omdat ek so goed gevoel het by RTD. Daar was regtig soveel moeite gedoen om mense te vermaak. Bands, movies, praatjies, games, beach bar, dam om in te swem ens ens ens. Ek was te besig om my spaceship te vlieg, maar kan darem met vertroue sê die Redbull tent was fokken gees gewees. Die “new Word Beat Barn” met sy gypsy style msuiek en Cactus Jack shot het my moerse entertained gehou. Die outsourcing van facilities soos damestoilette teen R50 vir 'n naweek wat skoon storte insluit was weird maar 'n total cash crop gewees. Die mainstage was massive en Bloc Party, suig my klein ecstasy belaaide totterman. Dit was die kakste live show wat ek in jare deur ‘n international band gesien. Ek weet nie of die frontman gesuip was nie maar sy Britse aksent het soos penguin wat kots geklink. Hulle het ou favourite songs opgefok deur nuwe loops en sounds in te mix. Ek het gefokkof na so 3 songs. Einde van storie.

Daai lang draakagtige ballon met LED lights wat to in die hemelruim in gestrek het was beautiful. Die fireworks ook. Beter as Cock Party. Ag ja, daar is baie ander bands en acts wat ek gesien het wie ek nie nou kan onthou nie. En moerse klomp ander wat ek wou sien. Maar hey, daar was 15000 ander mullets, so ek is seker hulle het my nie gemis nie. Goldfish, by the way diary, love them or hate them, speel een bedoosde goeie live set. Ek kan waarlik nie wag om hulle weer live te sien nie.

RTD as 'n geheel is 'n puik fees. Glad nie ‘n rock fees nie. Hulle kan regtig meer rock acts kry – vir my onthalwe. Die camping setup is OK, I guess. Jy park buite die venue en moet instap wat nogals kak is maar aan die ander kant is dit cool want dan kan jy belangerike goed in jou kar toesluit en gerus wees terwyl car guards dit oppas. Daar kan meer toilets wees en hulle kan meer mense toelaat om stalletjies vir kos daar te hê.

Maar ja, ek sal weer gaan. As die wêreld nie die 21.12.2012 eindig weens besoedeling of die Mayan kalender nie. Ek was ook te kaksleg om 'n kamera te gebruik die naweek so my dik tjom Vet Man Van Der Naam het hier n paar pics geneem. Hy maak mooi met sy lens en sy pens. As jy in Kuip Town bly, nooi hom uit om jou suster se 21rst te kom skiet. Hy het 'n X-ray kamera.

Gees tot volgende keer. Die volgende fees is SynergyLive

404039_370008666413059_374510833_n

400841_370008536413072_917738074_n

385000_370008569746402_655333810_n

227426_370008623079730_1926982054_n

Hierdie post is 1 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 72,853 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Poesklein RuantjieDear diary – Rocking The Daisies

Comments

  1. Dtrypt

    Hey Ruan, hoop die chainsaw Tuesday was nie te erg nie…

Gooi Comment