Of Monsters and Men: My Head is an Animal – album review

In Watkykjy Reviews deur Zirkie1 Eiertjies

Ken jy daai gevoel wat jy kry as jy 'n CD optel en nie kan uitfigure wat die band se naam is en wat die album se naam is nie? Dis presies wat met my gebeur het toe ek My Head is an Animal, Of Monsters and Men se debuut album opgetel het.
Die regte naam kan baie maklik enige van die twee wees. My Head is an Animal se debuut album Of Monsters and Men, klink ook asof dit 'n ding is.

Die eerste, en party sal stry die enigste, ding wat jy moet weet oor Of Monsters and Men is dat hulle van Iceland af is (Ysland voel dom om te skryf, omamso ek gaan nie).
Iceland het blykbaar 'n vreemde invloed op mense en die musiek wat hulle maak. Daar's 'n preoccupation met feetjies, hartseer melodiee, diere wat kan praat, soet fluisterstemme en groot oop vlaktes. Enige iemand wat al ooit Sigur Ros geluister het sal kan getuig daarvan.
Icelandic musiek is gewoonlik vreeslik mooi, maar effens vreemd en in Bjork se geval, meer as 'n bietjie absurd. Alles dinge wat nie noodwendig sleg is nie, afhangend van waarvan jy van hou.

Of Monsters and Men se musiek bevat elemente van hulle meer bekende landsgenote se klank, maar is baie meer accessible as beide. Of, as jy weswaards wil gaan met die beskrywings, klink hulle soos The Decemberists wat hoog is op Junglevites, of soos Arcade Fire, maar een wat nie gemolesteer is as kind nie.

Die band is in 2010 begin deur Bryndís Hilmarsdóttir en haar vyf ander bandmates, wie se name so ongelooflik Icelandic is dat ek nie die keyboard shortcuts ken om dit te kan tik nie.
Ses mense kan nogals 'n groot geraas maak as hulle wil, en dis presies wat OMAM doen met guitar, bass, glockenspiel, trek-klavier, gewone klavier, mondfluitjie, dromme, banjos ensovoorts. Dis asof elke moontlike akoestiese instrument gebruik moes word en almal sing natuurlik saam. Dit gaan nou nie juis litte op die dansvloer laat swaai nie, maar dis 'n baie goeie “fire and forget” album – een wat jy kan aansit en laat deurspeel en aangaan met waarmee jy besig was om te doen.

Die eind-klank resultaat is 'n widescreen, opgewonde tog soms bittersoet vibe deur die hele album. Perfek vir 'n roadtrip langs die kus af. Of, omdat die wêreld eintlik net 'n tos plek is – 'n lewensversekering advertensie.

My Head is an Animal is 'n great album, en alhoewel hulle beter verdien, voorspel ek dat Of Monsters and Men een van die grootste “maar jy't seker nog nie van hulle gehoor nie” bands van die 2012 sal wees.

of-monsters-and-men-my-head-is-an-animal-2012-international-edition

Deel met jou tjommies!

    ZirkieOf Monsters and Men: My Head is an Animal – album review

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      You had me at glockenspiel…..  n Vriend van n Glock is n vriend van my.  DDD

    Gooi Comment