Dik raggas die naweek!

In Sport deur Kaptein Kortbroek4 Eiertjies

Vir starters: Sorry Tuks FM rugby bra, jou predictions laas was redelik on the money terwyl ek net die Lions se speensuigsession kon raak raai. Ek lyk soos 'n retard na die Blou Trille in self-destruct mode ingegaan het en hulle gatte gesien het terwyl die Cheetahs weereens nie hulle halftyd horing kon hanteer nie. Seriously Cheetahs, julle begin my nou bietjie af te pis. Kom reg!

Right, die week is die Boklamme weer terug in aksie en omdat hulle daar in die gatkant van die wêreld gejol word kan ons al van so 11:30 die remote en braai area oorneem. Terloops, net pissies gebruik reën as 'n verskoning om nie te braai nie.

Die game is in Perth waar die excons en exboere mekaar troos oor hulle almal iewers along the line 'n familie lid het wat skape met hot cherries verwar. Gross, hulle maak my amper meer naar as al die klomp pesimiste wat eweskielik onse coach se kop op 'n blok gesit het. Maar bloggers weet mos fokken alles – soos julle uit my predictions van laasweek kon sien.

Chill tog net 'n bietjie uit. Ja, ons sal elke keer die proverbial panty bevuil as ons nie 'n span soos Argentina kan maak huil nie, en ja ons almal  'n rockstar Bokspan kan kies met die beste spelers in die regte posisies en Pat Lambie in die beginspan voor Sideshow Bob (Zane Kirchner). En wat "game-plan" aanbetref weet ons almal presies wat agter die skerms aangaan en kan ons beswaarlik net wens P-Divvy maak 'n comeback.

Kyk, daar is foute en so paar suspect besluite. Ek sou byvoorbeeld vir Goosen in die Currie Cup gehou het en Jantjies op die bank laat sit het, maar nes ek my hairdresser, dokter, plumber en Kulula pilot nie gaan tune hoe om sy job te doen nie  (wie soek 'n undercut terwyl jy steke in jou oor kry vir holpyn nadat die vlug in die Vaaldam neer ge-slet het) dink ek ook ons is soms net te kak slim as dit by ons rugby passie kom.

Fokkit, check die game, cheer vir die Bokke en onthou daai kak besluit wat obvious is, is obvious – vir  ALMAL!

Superbu my bra!

All Blacks v Pumas
Opsomming: Hernandez terug in die mix en 'n All Black span sonder Dan Carter…hmmmmm.
Voorspelling: Enigie iets minder as 23 punte is 'n fail vir die World Champs. Note to Heyneke: Ons moet dalk ook Morras rus soos hulle met Dan maak.

Bokke v Wallabies
Opsomming: Duane Vermeulen is probably die tipe bra wat jou sal doodbliksem as jy enige iets slegs oor sy vriende of familie te sê het. Hy't hart en as hy fiks genoeg is gaan die Aussies huil. Ruan Pienaar speel uiteindelik waar hy hoort en dankie tog dat die slotpaar wat Engeland in Junie verwoes het weer terug op hulle pos is. Ons mag nie die een verloor nie – doen ons sonder dat Bryce daar was…
Voorspelling: Juandre Kruger maak ruk skoon, Pienaar som spel op, Bokke wen met 5.

Griquas v Sharks
Opsomming: 'n Klein tweak na laasweek se suksesvolle Leeujag en die Kwaste lyk sommer ge-gear om die Sharks 'n les of twee te leer. Kyk, Keegan Daniel het 'n verskil gemaak en mag maar suur wees omdat hy nie in Perth is nie, maar Kimberly gee net om oor een ding more en dis die Pou Bloues.
Voorspelling: Ek gaan Willie le Roux rappie kyk. Ek love dit. Griquas met so 5.

Blue Bulle v Lions
Opsomming: Klip-klip-klipharde game tussen twee spanne wat laasweek nie die paal kon haal nie. Wanneer laas het die Bulls so erg verloor? In Kaapstad is daar 'n straat na daai score vermoem. Heavy. Die Lions verloor toe tuis want hulle was diktril. Justice. Die Bulls het twee changes gemaak en die Lions agt.
Voorspelling: Siener van Rensburg vibes, ek gaan met die Lions gaan met so 6 – fok weet hoekom.

Cheetahs v Wp
Opsomming: Hulle noem hom Heinrich Brussouw en hy steel meer as die gemidelde parlimentslid. Al het hulle laasweek verloor, wys die Cheetahs steeds goeie tekens en hulle kan die pyp rook as hulle bietjie BMT kry. Yes, WP het die Bulle getrap, maar was dit hulle wat so goed was of die Bulls wat net eenvoudig soos kleuters gespeel het? Lekker scrummie wat WP daar het.
Voorspelling: Cheetahs kry dit dalk net reg om nie die verloor uit die kake van 'n wen te steel nie. Cheetahs met so 6.

Volg Kaptein Kortbroek op Twitter: Kaptein Kortbroek (@tune_jou_once) en join sy SuperBru team:

Kaptein Kortbroek se Pool
Pool name: Zaber3
Pool code: lociyard

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekDik raggas die naweek!

    Comments

    1. Belhammel

      O fok Kaptein???  
      Dis of ek of jy die naweek met die Currie Cup. My wenners is presies andersom. Kom ons kyk maar waar gaan daai geel kep heen. Al wat ek weet: "It's lonely at the top". 

    2. Jagter

      my voorspelling: almal presies dieselfde as KKB, behalwe sharks inplaas van Griquas.

    3. griffin

      Kaptein Kortbroek het nie te kak gedoen met sy predictions nie:

      All Blacks het die Pumas 21-5 gebeat (Kortbroek het getune hulle sal met at least 23 punte wen.)
      Bokke en die Geelkonte – hier was hy verkeerd, maar seriously, wie wou gehad het dat die Bokke verloor?)
      Griekwas het wel die Sharks gebeat 22-15: Korbroek het dit on the money met sy Griekwas met 5 punte.
      Lions het die Bulls 32-23 opgefok waar kortbroek die Lions met ‘n wen van 5 gehad het.
      Cheetahs vs WP? Die game is tans aan die gang. Kom ons kyk wat gebeur…

    Gooi Comment