Album review: Bloc Party – Four

In Watkykjy Reviews deur Zirkie1 Eiertjies

Tot onlangs was Bloc Party ‘n band wat ek afgeskryf het. Hulle was daai cool pêl met wie jy opgehou praat het, omdat hy per ongeluk daai een keer jou niggie gezaber het.

Hulle eerste album, Silent Alarm, was ‘n vars nuwe klank tussen die res van 2004 se Destiny’s Child huilerigheid, en die opvolg A Weekend In The bloc2City is nog steeds in my top 10. Maar met hulle derde poging, Intimacy, het hulle my proverbial niggie so hard genaai dat die familie haar onterf het. Dit was self-indulgent musikale wankery van die hoogste graad, en dit was moeilik om te vergewe.

Nou is dit 2012, en met hulle nuutste album, Four, is dit asof Bloc Party uitgetrek het, afgevee het en nederig omverskoning gevra het. Daar’s nog steeds ‘n klein bietjie bloedskande betrokke, maar soos Chris Brown elke dag bewys, mense is bereid om baie te vergeet as dit kom by musiek.

As jy nie vertroud is met die band nie, kan dit moeilik wees om te vang. Frontman, Kele Okereke se sangstyl kan beskryf word as “die klank wat ‘n klein hondjie maak as jy daarop trap”. Aan die begin was dit meer high-pitched blaf as sing, maar met tyd en ouderdom het hy relax in die styl in, en met die posh woordeskat wat liederlik rondgegooi word, voel dit nogals vanpas.

Relax is ook die verkeerde term, want nog ‘n kenmerk van Bloc Party (die goeie Bloc party van albums een, twee en vier, nie die niggie-naaiers van nommer drie nie ) is die energie van die musiek. Die guitars is choppy, die dromme spasties en die vocals “shouty”. Mense is al gesien besig om te dans op dit.

Met Four bring Bloc Party al daai elemente saam, getemper deur ondervinding, en aangevuur deur ‘n (moontlike) drang om op te maak vir foute uit die verlede. Op songs soos 3×3, We Are Not Good People, en Kettling, is dit die heavy-ste Bloc Party wat jy al gehoor het. Daar’s beats en riffs wat enige die hard thrash of metalhead of punk sal laat kopknik in loutere skaamte. Die flipside hiervan is “mooi” liedjies wat net so hard praat soos die heavy stuff, met The Healing en Real Talk wat uitgesonder moet word. Daar’s self ‘n klein splash country en blues op die song Colliseum, maar dit hou ook nie lank voor die distortion weer inskop nie.

Four is ‘n album wat nie onmiddelik toeganklik is nie, soos Bloc Part eintlik self is, maar as jy bereid is om die luistertyd in te sit, en hou van intelligente, afsydige dans-pop wat meer hipster is as ‘n swartraambrilkonvensie in Greenside, is dit beslis vir jou.

So om mee af te sluit, is 2012 nogals ‘n goeie tyd om ‘n Suid Afrikaanse Bloc Party fan te wees. Nie net het hulle ‘n nuwe album wat niggies ontnaai nie, maar ook ‘n headlining slot by hierdie jaar se Rocking The Daisies.

As jy nog nie by Rocking The Daisies was nie, maak ‘n plan, want dis befok. En as jy nog nie die nuwe Bloc Party album het nie, maak nog ‘n plan. Dis ook befok.

bloc-party-4

Deel met jou tjommies!

    ZirkieAlbum review: Bloc Party – Four

    Comments

    Gooi Comment