Watkykjy Interview: Wolwedans In Die Skemer

In Watkykjy Interviews deur griffin19 Eiertjies

As die hadida oor 'n huis vlieg en sy angsroep oor die vallei skeur sê hulle dat iemand gaan sterf.
Dis dan wanneer die wolf uit sy skuilplek kruip …

As antwoord op die roep.

Jissis, ek haat Hadida's sommer nog so 5kg meer. KWAAA! Blerrie hoogtevrees voëls wat sideways pers teen jou kar kak al is hy in die garage geparkeer. As jy die lyne hierbo uit die 80's kan onthou, het jy jouself seker ook elke dag om 14:00 bekak as jy na die radio geluister het. Dit was een van daai crazy radiodrama's waarvoor kinders vroeg by die skool geduik het, sportbyeenkomste rondom die storie gereel is, mense het radio's werk toe gesleep om te lusiter en baie mense het hulle lunchtyd na 14:00 toe geskuif om in te tune. Die eerste episode het 150000 luisteraars getrek en binne ses maande het daai figure baie naby aan 'n miljoen gestaan.  Daar was later in die 80s even 'n TV series ook gewees, maar die kanse is goed dat jy vroeg bed toe gestuur is met 'n pakslae. Leon Van Nierop het almal kakbang gehad. Jirre, TV het verander… Deesdae mag kinders skommies en eTV maagseks flieks kyk terwyl hulle roomys kry vir dinner…

Back to the point at hand: nou het hulle 'n Wolwedans movie gemaak, en sover ons kan check, lyk dit fokken spiff. Die movie version van Wolwedans In Die Skemer open op 5 Oktober landwyd. Dis een van die duurste en ingewikkeldste produksies nog in Afrikaanse film. Ons het die chick wat die hoofrol speel, Rolanda Marais asook die director, Jozua Malherbe na Griff se huis toe gelok met vleis en drank om oor die movie te chat. Ons het actually amper vergeet om hulle te interview want… Jagermeister.

 Ons looi sommer die trailer en bietjie meer info oor die movie ook na die interview. Checkityt:

Destyds het elke radioverhaal 'n plaasagtergrond gehad met eksentrieke karakters wat vir jare lank eindeloos geredekawel het oor daaglikse kak. Boring as fuck. Toe Francois van Heyningen aan Leon van Nierop, wat toe pas Hotel Shwalane en Die Huis in Hertestraat (ook albei romans) vir die Afrikaanse Diens geskryf en opgevoer het, opdrag gee om “iets anders” te skryf, het Leon besluit om radio se eerste riller te skryf wat in die Laeveld in 'n spokerige hotel in die mistige klowe van Hazyview afspeel. Jirre, daai was 'n fokken lang sin.

Hy het ook besluit dat daar nie net in elke episode nie, maar in elke toneel iets moet gebeur wat die storie in 'n ander rigting stuur. Karakters sou nie sommer net sit en tos praat en tee suip nie. Hier sou aksie, atmosfeer, kinkels, komedie, drama, ril-elemente en tragedie wees, alles saam in een episode gebliksem. moerse aandag is aan die produksie gegee wat die storie ook legendariese status gegee het. Klankprentjies is geskep wat luisteraars in massa laat reageer het en geterroriseer en vermaak het. Byklanke is spesiaal in die Laeveld opgeneem, musiek is sorgvuldig uitgekies en spelers gebruik wat die radiomedium deur en deur geken het. Ou legends soos Bettie Kemp, Ryno Hattingh, Lerina Erasmus, Mariëtte Engelen, Anne-Marie Muller, Patrick Mynhardt en Leon van Nierop het die hoofrolle vir 3 jaar lank, ʼn halfuur per dag, gespeel. Leon het die Hazyview-area reeds fokken goed geken en het dikwels by die Casa do Sol Hotel gebly, skaars 'n klipgooi vanwaar hy toe vir hom 'n huis laat bou het. Casa do Sol was die enigste plek waar die storie kon afspeel en is Hotel Njala gedoop. En daar in die Laeveld en in sy woonstel in Yeoville, Johannesburg, het Leon aanvanklik 6,000 bladsye geskryf oor 'n gesin wat deur die spoke van die verlede geteister is. Die vervolg het 5,000 bladsye beslaan. Dit het toe ook 'n roman en TV-reeks geword en nou is dit 'n movie. En soos Melt mention in die interview hierbo: Leon Van Nierop se arm moet al teen hierdie tyd poes seer wees…

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy Interview: Wolwedans In Die Skemer

    Comments

    1. Linda

      Die wolf is vir my mooier as sy. Plane Jane….Ha..Ha.
      Dis 'n moet sien!!!

    2. Prof. Bokdrol

      Onmiddellike indrukke van die interview:
      1) Jirre – Rolanda Marais is fokken hot;
      2) Dr. Onk is van mening Beefcake Boy saam met haar in die trailer is ook fokken hot;
      3) Fokkit – ek skiem daar is genoeg Jägermeister en brannas genuttig tydens daai 04:43 snit om die Wolf se Golf se tenk vol te maak…

    3. Lynette Peters

      Toe ek kind was, was ek mal oor die storie, en is nog steeds. So ek kyk vorentoe na Wolwe Dans in die skemer

    4. Shelen

      Ek het ook na die storie geluister en was absoluut betower met die stemme van die karakters en die spanning in die uitsending van die verhaal. EK VERAFSKU AL DIE VLOEKWOORDE IN DIE KOMMENTAAR EN DINK DIT DOEN DIE FLIEK EN AFRIKAANSE TAAL ERGSTE SKADE AAN. AG NEE MAN. WAAR IS JOU OPVOEDING, JY WAT SO LELIK PRAAT??? RUK JOU REG, JY BEINDRUK NIEMAND NIE.  Ek sien uit na die fliek, maar herskryf asb. die teks sonder al daai vloekwoorde.

    5. Pieter

      Ek sal graag wil hoor wat dink Leon self oor hierdie swak vertolkte fliek van sy storie. Die enigst twee auteurs wat iets beteken het was die rolle van Sonja en Ryno. ek dink die fliek Moët oor gemaak word met auteurs wat PROFESSIONEEL IS.

    6. Prof. Bokdrol

      Ek dink jy moet jou taalkunde redelik fokken drasties opskerp voor iemand hulle aan jou opinie gaan steur.

    7. Jo Petrick

      Ek weet nie wie skryf die deel hierbo nie? Griffin?  Weet jy, jy gee Afrikaans 'n bitter nasmaak met jou gevloek. Nee man! Word nou mooi groot en praat soos 'n ordentlike mens.  Dit is UITERS common om so te vloek.  Jy is seker 'n klein ou onseker mannetjie wat net beter voel as jy KRAGWOORDE kan gebruik. Sies!

    8. Derkie Putter

      Beste Shelen, ek vertrou dat die vloek beslis nie aanlkank by jou vind nie, dit dui tog na n persoon met n swak selfbeeld war die tekortkoming probeer verduister deur kru  taal gebruik. dit is jammer dat ons taal genote so afbreuk doen aan ons geliefde moedertaal deur so resensie te publiseer van n brood nodige afrikaanse vliek wat pitkos vir die siel is, maar ek het jou genoeg vir n poes gevat, ek skiem dis befok! rock on pappie! smaak die kak kwaai en by the way, piele resensie! fokkenA ek gaan kyk sommer die kak! DP

    9. Jo Petrick

      Probeer weer.  Griffin, laat dit jou beter voel as jy so vloek?  Jy gee Afrikaans 'n slegte nasmaak.  Word groot ou.  'n Mens praat nie so nie.  Jy is seker 'n onsekere klein mannetjie wat net sterk voel as jy KRAGWOORDE gebruik.  Dit is regtig baie "common" Sies!

    10. JagsJannie

      Jo Petrick (Joe Patrick?) fokkof en steek 'n harige haas. Hierdie blog is VIRSEKER (soos in assuransie) nie vir jou huilerige sisteempie bedoel nie. Doos!

    11. Prof. Bokdrol

      Praat jy lekker kak met jouself, Jo? Daar is 'n Hoekie vir Eensames ook hier iewers op WKJ as jy wil rondsoek…

    12. Dirk Diggler Diktros

      Sheleen, jy kom vir my oor as iemand wat intellektueel gekonstipeerd is in jou eng uitkyk oor die outeur (ene Griffin) van die artikel se aanslag mbt sy gebruik van algemene Afrikaans.  Dit kan die gevolg wees van etlike pisgoses en/of neuroses. 
      Die mees ongekompliseerd – en dus makliker vir n wese soos u om te verstaan – is die van aktiewe onvoltooide verlede van die ontwikkeling van die basiese intellek of die boustene van die persoonlikheid.  Dit gebeur gewoonlik deur die vormingsjare wanneer die mond byvoorbeeld die erogene zone is wat stimulasie ontvang en dan deur middel van genoegsame stimulering, i.e. borsvoeding, volkome ontwikkeling verseker. 
      Dit is gewoonlik in die eerste twee of so lewensjare, en mense wat hier te kort skiet kan die res van hul lewens aktief probeer – dog onbewustelik – om oraal stimulasie te verkry, hetsy deur middel van obsessies met die mond, soos bv penne / vingernaels / sigarette / ooreet / oordrink ens. 
      In jou geval is dit kakpraat.  Gaan was die kasirige aanpaksel uit jou gelsagsdele uit, dit stink, en moenie kots nie, praat gerus mooi.  Ek wens jou beterskap toe in jou soeke na emosionele ontwikkeling….  DDD

    13. riana-met-die-tiete

      Jis maar Jo is darem maar huilerig. Goeie fok. So what as mense vloek? Ek skiem jy moet liewers terugfok na jou ou NG kerk afrikaans toe en hopelik verstik jy aan ;n koeksuster terywl jy jou hoge en preutse afrikaans praat. En net so by the way, as dit nie vir "sies" was nie, dan was jy nie nou hier nie

    14. Derkie Putter

      Wat DDD eintlik tjoen ou Jo in taal wat jy mooi sal verstaam is: jy is POES dom so vat jou tentjie en jou primus stofie en fokkof. ek skiem die bra dink raak.
      Die almal se hero bra, DP

    15. bloubokkie

      Ek het die movie geniet, maar dis jammer daar was so baie uitgelos, daar was seker nie tyd nie. Die storie oor die radio was baie meer bindend, tot my seun se hulle kon die waragtig maar nog langer gemaak het. En hoe is dit dan dat Ryno in Sonja se arms doodgaan op die radio, maar op die movie gaan hy aleen in haar kamer dood en sy hol na die hout hut? grrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr Ek is romanties so ek sou daarvan gehou het as Ryno bly leef het

    Gooi Comment