Watkykjy nuus round-up. Week 32.

In Wat is nuus? deur griffin1 Eiertjies

SA beleef vir eerste keer koue ooit
Suid-Afrka het vandag vir die heel eerste keer in sy geskiedenis 'n koue dag beleef. Sedert 1652 was daar nog nooit 'n koue dag in ons land nie. Dit blyk so te wees as mens kyk na hoe almal in die nuus daaroor uitfreak. Dis in fact so poeskoud dat die ouens in die regering en ANC vandag met hulle hande in hulle eie sakke rondloop.

Wees gewaarsku: Somer is die volgende seisoen op die kaart. Verwag binnekort die warmste dag in Suid-Afrika se geskiedenis ook. Fok.

Reality Crime
Twee fokken onnosel robbers in Indiana in die States is gevang vir robbery. Een van hulle het hulle victims in headlocks gesit en hulle zak gesteel, terwyl die ander robber dit met sy selfoon afneem. Hulle het die polisie getune dat hulle besig was om 'n reality TV show te maak: "You Just Got Robbed". Fok, trek die ander vinger. Dit klink eerder soos iets wat in SA sal gebeur…  – Huffington Post

Slapgat onnie
Check, almal haat werk en almal van ons, sonder uitsondering, het al deur ons nekke gelieg om 'n Ferris Bueller te pull by die graft. Of jy nou 'n hangover gehad het en gemaak asof jy spuities het (die mees obvious en well-spread leuen) of op 'n Maandag weggebly het omdat jy "sonsteek" het.

Die ding is, mens moet altyd kreatief wees as jy lieg maar jy moet ook weet waar om die streep te trek om dit ten minste believable te maak.

'n Onderwyser van Skotland beskik nie oor daardie basiese vermoë nie. Derek McGlone se liegstories sluit onder andere in dat hy byvoorbeeld stuck was in die ash cloud in Ysland. Daai poesgroot een wat so twee of drie jaar terug so baie in die nuus ge-cover was. Hy was dom genoeg om van sy huis af te bel en te maak of hy in Ysland is.

Sy mees bizarre verskoning was egter onlangs bekend gemaak tydens 'n dissiplinêre verhoor: hy het ook al ingebel skool toe met die verskoning dat hy oor 'n klein dogtertjie gery het met sy kar. Dood. Fok ou, sit net blerrie leave in. Dis nie so moeilik nie. – Huffington Post

Pissed off
Timothy Paez van Colorado was nogal pissed-off gewees een aand. Die ou het probeer om 'n cherry op te chat in 'n bar. Behalwe van die gewone,paez lame run-of-the-mill pick up lines het hy sommer sy arm ook om die chick se skouer gesit. Sy het het die ou se advances ge-bat en getune om haar uit te los. Wat hy toe gedoen het. Vir 'n rukkie. Later het die chick die bra se drankie teen haar been gevoel afloop. Deur sy piel. Check, die ou het besluit dat as die meisie hom gaan afpis dat hy sommer op haar gaan pis. Die polisie kon later toe hulle hom ondervra nie 'n fok uitmaak wat die ou probeer sê want hy was fokken erg ge-kettie. – Daily Camera

'n Boer maak 'n (tos) plan
'n Boer in Vermont was hoogs die fok in vir Polisie gewees omdat hy onlangs ge-arresteer is en gecharge was met die besit van zol en omdat hy sy arrestasie resist het. Hy het toe sy trekker gaan haal en sommer bo-oor die pote se karre gery in die parking lot. Sewe voertuie in totaal heeltemal in hulle poes in ge-crush. Die cops het nie eers geweet wat buite hulle gebou aangegaan het tot hulle deur mense in die buurt gebel is nie. Die boos boer het toe gefokof met sy trekker teen trekkerspoed, maar die cops kon hom nie agterna sit nie omdat hy al hulle karre opgedonner het. 'n Naburige polisiestasie het die fuming farmer wel so entjie in die pad afgetrek en hy sit nou in die big house. Check hoe lyk die coppers se fleet. Lekker gefok:

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy nuus round-up. Week 32.

Comments

  1. Sugel

    Bloemfontein was die koudste wat ek dit al ooit ervaar het, toe ons land was dit 5 en dit was omtrent 3uur die middag. Wat ‘n fokkin koue storie. Ek en Jason het reguit van die lughawe af ‘n bar besoek om die rugby te kyk. Stormers home semi. Awesome. Ons het gebly by Mizpah lodge. Ons het al seker 100 keer in die geskiedenis daar gebly en dit is net te bekend. Daar het al groot en deurmekaar parties afgegaan daar. Die show by Vryfees was befok. Ons het na Shadowclub gespeel met seious ligte in ons oë, ons kon darem die crowd hoor. Ek hoop almal het so ‘n goeie tyd soos ek gehad.

Gooi Comment