Vertroud met rugby

In Sport deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Voor ek begin, let asseblief daarop dat ek die episode van Vertroud Met Rugby sowat vier meter van Braaiboy se vuur af doen. Tot my teleurstelling is hier fokkol Guinness om te suip nie – net 'n wêreld rekord wat net so ruk voor ses uur Vrydagmiddag soos die Stormers in 'n semifinal gekak het.

Dit was kliphard! Konsentrasievlakke is so laag soos die Lions op volgende jaar se Super Rugby log, maar Braaiboy is wakker tydens die geboorte van die Pulitzer en daar is reeds meer as 35 ure 'n Deli Spices chop op die kole.

Donner.

Kom ons worry gou oor die naweek se rugby vir so 'n sekonde – terloops, die TuksFM rugby bra se pick oor die Griekwas game is verder uit as wat ek elke week is.

All Blacks v Wallabies
Opsomming: Die Wallabies het so lank terug in Auckland gewen, daar is kids wat dit nog nooit in hul lewens ervaar het nie. Amper soos daai WP kiddies wat uiteindelik by die Sharks of Bulls gaan jol. Cooper se laaste game daar was ook ietwat van 'n shocker.
Voorspelling: Ek PVR die game once! Niks beter as 'n Aussie wat met so 13 punte pakslae kry om van die every day stress te vergeet nie.

Griekwas v Cheetahs
Opsomming: Soos bo vermeld, bra, jy sit regtig jou ballas op die tafel as jy reken die Cheetahs gaan teen Griekwas verloor. Seriously? Hou more jou kassie dop en as Johan Goosen die eerste keer amok maak saam met Super Sarel dan down jy wat okal jy voor jou het. Ja, Griekwas het actually 'n solid span maar kort dalk 'n super hero soos Braaiboy.
Voorspelling: Kliphard, maar Cheetahs met 'n Bok flyhalf wat sal sorg dat hulle met ten minste 12 wen.

Lions v WP
Opsomming: Rugby Idols op sy beste! Elke Lions bra is seersekelik gatvol na al die kak wat hulle moes opvreet oor die laaste paar weke. Ek hoop iemand word iewers gefire vir die stront waarin hulle is. Die manne het nou een van twee keuses: Huil soos 'n girl met hormoonwanbalans of wys wat in hulle steek.
Voorspelling: Lions met so 5 om veilig te wees – kan dalk meer wees.

Blou Bulle v Sharks
Opsomming: Braaiboy sal teen die tyd wat die game begin so ses ure in sy insane challenge oorhê. Die after party na die Bulls oorwinning is by sy stalletjie in Centurion. Sharks is warm en kan die pyp rook teen die manne wat heelweet gehoes het maar dis Loftus after all.
Voorspelling: Pressure test vir Pottie en sy boys, en hulle sal die een met so 2 punte moet wen – vir die Centurion crowd wat 'n ding faktap braai.

Bokke teen Pumas
Opsomming: Jy daag nie net by 'n bra se braai op en begin om die tang uit sy hande uit te vat nie. Braai etiek, mense! Die Bokke het paar weird dinge die week gedoen maar klap erg hande of oor Schalla junior oor so paar jaar reg sal wees om sekere klein mannetjies op te fok. Like vir Alberts op agt, en dit kan crazy wees as ons eendag Duane Vermeulen en my personal favourite Jean Deysel, in 'n trio te sien kry. Met moerse back-up natuurlik. Lambie kort tyd op 10 en ons moet dalk nie teveel weggee voor ons die Aussies en Kiwis daar gaan opfok nie.
Voorspelling: Closer as laasweek. Bokke met 8.

En by the way, KP – Doos is koning pappa!

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekVertroud met rugby

    Comments

    1. Evert

      Die Aussies noem vir KP 'figjam'. Fuck I'm good, just ask me.

    2. Prof. Bokdrol

      Goeie galoppende fok, 16-16 teen Argentinië? Ek haal myself aan van verlede week:
      "Sjym man, Argentinië wil ook voel hoe voel dit om 'n ander span goed op te fok."
      Wag net 'n oomblik asseblief, ek wurg net gou nog 'n stukkie humble pie af…

    Gooi Comment