Stempaal
Loading ...Kom-petisies
Dinge om te doen
Inligting met trots verskaf deur:
Kief Tunes
WatkykjyTubes
-
Die week se top 10
Afdelings
WKJ op jou Garmin
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
- Die Antwoord – Cookie Thumper (Official video & lyrics)
- Laasweek se zefspotters
- Sondag. Skêre met skietgoed.
- Dis langnaweek, kom ons fokken duik!
- Jocks in die Bushveld
- RAM FKN JAM Vol. 13 – Children of the Grave
- ‘Do not shag any bandmates’ wives. Trust me, not good.’ – Wat Kyk Jy? interviews Kings of Chaos
- Take me down to the GrandWest City: Kings of Chaos live in Kaapstad
Interwebsradio.com
WKJ SuperBru team
-
Watkykertjies Tune
- Jags Jannie on Dis langnaweek, kom ons fokken duik!
- Klitsie on Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou
- Werner on Laasweek se zefspotters
- Bokbal on Dis langnaweek, kom ons fokken duik!
- Belhamel on Dis langnaweek, kom ons fokken duik!
- Willem Wikkelspies on Sondag. Skêre met skietgoed.
-
-




Spring party hierdie Saterdag! Howling Shibanksi, The Black Cat Bones en meer!
Die winter het gekak en die lente is op ons soos jags Filistyne! Jy word uitgenooi om saam met ons die nuwe seisoen al juigende en suipende in te wei by Tweefontein Melkery. Daar is 'n hele paar bands en DJs wat vir 'n lekker vibe sal sorg. Dis 'n cooler box party, so bring jou eie dop saam. Daar sal ook lekker kos gemaak word wat jy kan koop. Nie lus om dronk terug huistoe te bestuur nie? Moenie komkommer nie. Pak vir jou 'n tent in en kom kiep oor. Ongelukkig is die normale accomodation reeds uitverkoop, maar jy kan for free kom camp. Daar is fokken baie plek op die plaas.
Interwebsradio sal die party ook live broadcast as jy dit vir een of ander rede nie kan maak nie. Die jol begin 15:00 hierdie Saterdagmiddag en entrance is 90 skille, maar check, daar is 'n twist to the tale: Bring 3 mense saam met jou en 1 kom in for free. Bring 5 mense saam met jou en twee kom in for free. Dis mos nou 'n fokken billike deal? Ons moet darem die bands en sound equipment ook betaal, jy maak uit?
Nogge ding: dis 'n dress-up vibe en die theme is Cowboys & Cowgirls, so dress the part vir meer meer pret as jy wil.
Hierso is die line-up vir die middag se vibes (DJ's):
15:00 – 15:40: Louis
15:40 – 16:10: Pango The Missing Tiger
16:20 – 16:50: Johnny and the Bomb
17:00 – 17:30: Acoustic Groove Machine
17:45 – 18:15: Nick Du Preez and Karel
18:20 – 18:50: Devon Delmar
En hierso is die line-up vir die aand se vibes (bands):
19:30: The Smoking Mojos
20:30: Fake Leather Blues Band
21:30: The Howlin’ Shibanski
23:30: The Black Cat Bones
23:30: DJ's vat weer die party oor.
Dis heel maklik om by Tweefontein Melkery uit te kom. Die plek is min of meer hlafpad tussen Pretoria en Joburg. Jy vat die R21 en dan die Bronkhorstpruit/Thembisa offramp. Obviously draai jy dan Bronkhorstspruit se kant toe en 8.5km later op jou regs sal jy Tweefontein se sign sien. Daar sal nog ekstra signs opgesit word vir die party.
Vir meer info, check Die Melkery se webiste uit of join die Facebook events page as jy enige vrae het. Hierdie party gaan beter wees as enige iets wat jy vir die naweek beplan in elk geval.
Check jou daar, my blaar!