Braaiboy klap vandag ‘n Guinness World Record

Ons is besig om BraaiBoy te help om die Guinness World Record te breek vir die langste braai aneen. Die current rekord staan op 32 ure en sover het BraaiBoy net oor die 25 ure straight gebraai, so hy behoort die rekord te laat span teen 18:00 se kant vanaand. Hy gaan moerse hard try om sestig ure te slaan, so die bra gaan probeer deurdruk. Maraton braai vibes. Vir elke uur wat hy braai mag die arme ou 'n 5 munite break kry om te gaan poef of pis.

Hoe die res van die reels werk:

Daar moet ten alle tye 5 verskillende stukkies vleis op die kole wees
Twee independant witnesses en twee independant time-keepers ten alle tye
Die hele storie moet 24/7 afgeneem word vir Guinness World Records afgeneem word (daai jobbie is ons s'n)
Braaiboy moet alles self braai
Al die vleis wat gebraai word, moet getand word – dis waar julle in die prentjie inkom. Kom support Braaiboy by Supersport Park in Centurion (Castle Corner) as jy in die area is. Vat 'n extended lunchbreak en kom tand verniet. Hier is vleis vir almal.

O ja, en more word daar gebraai vir 'n kinderhuis ook, want charity starts wiff a braai, my china…

Hier is so paar videos wat ons gister geneem het. Ons sal soos dinge vorder nog stuff oplaai na Braaiboy se YouTbue channel.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Fokken main videos and tagged . Bookmark the permalink. Trackbacks are closed, but you can post a comment.

2 Comments

  1. Evert
    Posted August 24, 2012 at 12:04 pm | Permalink

    Kom try 'n braai rekord in die Kaap. Ek het fokkol geld nie en het lanklaas vleis geeet, hoender tel nie.

  2. #1 Pisscat
    Posted August 24, 2012 at 4:48 pm | Permalink

    Fokkit kry ek nou lus vir braai !!! gaan sommer nou die hout aansteek en die brannas oopmaak, al braai ek ook alleen, braai gaat ek braai !

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">