Watkykjy nuus round-up. Week 30.

In Wat is nuus? deur griffin7 Eiertjies

Wat pomp julle?
Agtien cops in Shandong in China het ingespring om 'n drenkeling te red. Die groep het respond op 'n emergency call van 'n vrou wat besig was om in 'n rivier te verdrink. Hulle het vir omtrent 'n uur lank met die resque mission voortgegaan voordat hulle met die lady in distress op die oewer uitgeklim het voor omtrent 1000 toeskouers wat hulle kindertjies se ogies toegedruk en weggeloop het. Check, dit was toe al die tyd 'n blow-up sex doll gewees. Iemand het seker geskiem dis fantastic en het sy elastic plastic genaai soos 'n spastic voor hy haar in die rivier gedump het. Naai my bru, dissie reggie! Dit lyk darem of die hande, tiete en voete die ordeal oorleef het… – RocketNews

naaipop

Haal my foto af!
'n Antie van Georgia het haar moer gestrip toe sy 'n polisie mugshot foto van haarself in 'n koerant, Bad and Busted sien en toe bel sy 911 om daaroor te complain. Die officer aan die ander kant van die lyn het die antie (met die gesig van 'n draak se hol) getune dat oproepe na 911 slegs vir emergencies is. Die rede hoekom daar 'n polisiefoto van haar in die eerste plek bestaan? Sy is op 'n vorige geleentheid gearresteer omdat sy die 911 lyn gebruik het vir onbenullige kak. Die vorige keer toe sy hulle gebel het, het sy complain dat sy 'n plek nodig gehad het om haar slaapsakke te bêre en dat vreemdelinge nie vir haar die deur wou oopmaak nie. Ek sou ook nie. Netnou blaas sy fokken vuur oor my meubels uit… – Smoking Gun

poeslelike tannie

Vatso jou poesbus!
'n Vyftienjarige laitie van British Columbia is deur die pote geskraap nadat daar 'n fight uitgebreek het tussen hom en 'n posbus. Maar 'n posbus het dan nie arms of bene nie? Ja, ons weet. Die laitie het blykbaar eers 'n woordewisseling met die posbus gehad en toe die kak uit die arme defenseless houer van briewe en blangrike boodskappe begin slaan. Toe die polieste die outjie van die huilende posbus begin aftrek, het hy hulle sommer ook probeer bliksem. Hy is later weer vrygelaat. Die posbus het nie 'n saak teen die seun oopgemaak nie, want dis 'n fokken posbus. O ja, en die kind was fokken hoog op LSD. Jirre, moenie dat Postman Pat hom in die hande kry nie… – Huffington Post

Oppikoppi troospryse
Twee gelukkige Watkykertjies wat dit nie tot die finals gemaak het nie, kry special pryse van die gawe mense van Oppikoppi af. Die bra wat die 7de Laan spoof gemaak het score vier tickets na Oppikoppi se One Night Night in Cape Town jol toe en die meisie wat die klaviervideo gemaak het sal twee tickets kry vir die main party in Northam. Dit is Oppikoppi se besluit en dis finaal, so dit gaan jou fokol baat om huilerig te raak nie. Onthou om vir die 5 finaliste te gaan vote deur hulle videos te "like" op YouTube.

Hier is die troospryswenners se videos weer:

griffinWatkykjy nuus round-up. Week 30.

Comments

  1. Evert

    7de laan is 'n ripoff van 'Slayer goes to church', maar nogsteeds snaaks. 
    Die girl op die klavier klink net befok.

  2. Wors

    Dis actually 'n awesome version van die song. Nie maklik om op piano te speel nie

  3. Wors

    Dis 'n awesome version van die song. Nie maklik om dit op 'n piano te speel nie.

  4. Wors

    Dis 'n awesome version van die song. Nie maklik om dit op 'n piano te speel nie.

  5. Prof. Bokdrol

    Jirrefok, dis nou police brutality op sy ergste: om daai fokken gedrog se mugshot in mens se gesig te druk oor aandete – ek klink nou skielik soos 'n kat net voor hy 'n fokken furball uitkots op die mat (of soos Hendrik Geelbaadjie na sy 342ste bier op dag 3 van OppiKoppi) – hhhhooommmpphh … hhhhooommmpphh … hhhhooommmpphh…

  6. Jagter

    Hey wors:  Lyk my jy skeam "Dis 'n awesome version van die song. Nie maklik om dit op 'n piano te speel nie."

  7. Jags Jannie

    Daai pop se wind is uit haar genaai! VIRSEKER!

Gooi Comment