Watkykjy nuus round-up. Week 27.

In Wat is nuus? deur griffin12 Eiertjies

Jou "rock-paper-scissors" is nou gefok
'n Klomp slim nerds by die Universiteit van Tokyo het 'n robot ontwikkel wat jou 100% sal opfok met rock-paper-scissors. Hulle het 'n kombinasie van slim software en 'n hele klomp high-speed kamera's gebruik om die outjie te bou wat jou scaly moves kan voorspel. Daar is nie regtig nut vir lammieso apparaatjie nie, tensy hulle hom dalk omskep in 'n vending machine wat R5 coins vat, hom in 'n bar sit in die Moot en dronkgatte die masjien challenge. Jy sal poesbaie geld maak, want die gesuipte bierpense sal heeltyd verloor en aanhou probeer om hulle luck te try.

Wat ek sal like om te sien is as die Japs vir ons 'n lammie robot bou. Vat so! – Huffington Post

Kakhuis kaskenades
'n Vrou in Kentucky was moerse embarrassed toe paramedics haar van die kakhuis af moes kom red het nadat sy vir meer as 'n uur lank vasgesit het. Iemand het 'n kak prank op haar getrek en die seat in 'n Wallmart vol superglue gesmeer. Nogal embarrassing as jy nie superglue op jou dik gat kan voel sodra jy gaan sit nie. Check mense nie meer toilets voor hulle op die troon neersak om modder otters te rol of die dou van die blom af te skud nie? Ek meen fok, dis 'n public toilet?

Dis onbekend of sy tydens haar besoek aan die allerheiligste met die bruin beer geworstel het of geel lyne gegooi het, maar imagine net die gesprek van die paramedics na hulle haar losgewikkel het: "Hey ouens, check hierdie floater! Hy't in twee gebreek. Dit lyk soos die fokken Titanic!"

Dit gee 'n nuwe betekenis aan die term "gomgat".  – cNews

Laat waai, kwagga!
'n Man in Amerika se "heartland", Iowa het vir twee maande lank glad nie sy plaas verlaat nie en was lus om bietjie fles te gaan vat. Check, 'n man kwagga 2is nie 'n klip nie, so die bra het sy chick en sy twee troeteldiere in sy tjor gelaai en na die Dog's House Lounge toe gevat. Die ou moes klaar by die huis gespat geraak het, want die kroeg het hom getune dat hy nie sy diere saam met hom kan invat nie, ten spyte van die bar se misleidende naam. Die krimpie het in elk geval nie honde as troeteldiere saam met hom in die kar gehad nie. Dit was 'n papegaai genaamd Izzy en 'n zebra genaamd PeeWee. 'n Papegaai. En 'n Zebra. In sy kar. Doosdronk. Die pote het die ou sommer in die parking lot afgetrek toe hy wou fokof en hy't .14 geblaas.  So… 'n boer, 'n papegaai en 'n zebra stap by 'n bar in…… – News.com

kawagga

Online radio stats: Fluit-fluit, die waarheid is uit
Verlede week is NetDymanix ontbloot as liegbekke deurdat hulle stats vir hulle clients, 2Oceansvibe Radio en Ballz Radio kook. Daar was modder gegooi na die techie, Shaun Dewberry en hy is even met 'n hofsaak gedreig en fok weet wat nog. Independant ouens het toe by NetDynamix 'n draai gaan gooi en self die pot se deksel gelig en 'n klomp vrot eiers gekry wat NetDynamix nie kon verklaar nie. Die verskonings wat die ouens opgedis het was min of meer in die lyn van "the dog ate my homework". Lame-ass verskonings wat range van "my tegniese ou is in Rusland" tot my "computer het ge-crash". Hulle kon eerder net voor die investigating team daai klein dansie gedoen het het soos op die Nasha ad en getune het "paper cut". In die meantime gaan die radio stasies voort om vanuit larney glas studios met duur rent aan 'n handjie vol vriende en familie te broadcast. Hulle het at least vir NetDynamix getune om te fokof. Die Mail & Guardian het nogal 'n nice opsomming van die hele saga – M&G

In die meantime het Hitler ook uitgevind dat sy eie radiostasie se nommers gekook is. Naturally is hy hoogs die hoppende fok in en verloor sy lappie heeltemal – MyBroadband Forum

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy nuus round-up. Week 27.

    Comments

    1. WilleWortel

      Wha ha ha – Modder Otter Rol ….hom nog nooit gehoor nie..ek ken net van "cone draai" en van "rektum ontspan oefeninge" 

    2. Duh

      Video is hillarious, die spilletjie lyk DAM nou na 'n klomp mamparras.

    3. Jo

      BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA, ekt my nat gepis vd lag!!!!! Die vid is kaksnaaks!!!

    4. #1 Pisscat

      Ha ha fokken ha – Ek hoop die darren kont voel nou soos 'n scot !!   !

    5. Prof. Bokdrol

      Ag sjym man, have a heart, bra – waddefok gaan NetDynamix se CEO nou doen dat hy nie meer elke maandeinde vir Derm Snott (of meer spesifiek, sy bankrekening) kan buttfuck op die mixing desk nie? Hey, daar's baie geleenthede – hy kan een van daai "For help with all problem of sex, love and money" plekke begin?  "Ag Dokter, my vrou sê my pielietjie raak nie eers kante nie?" "Kak man, volgens my opmetings het jy 'n fokken anakonda, my ou – dankie, dit sal 5,000 skille wees asseblief…"

    6. Evert

      Kan hulle maar nou nie die Hitler meme uitlos nie.

    7. Prof. Bokdrol

      Nee – want dit bly fokken snaaks – tensy ek 'n groter poes is as wat ek dink…

    8. einafok!

      Bruno Ganz is maar 'n knorrige ou poes. 

    9. EKKE

      Arme Evert , oom Adolf (Hitler) sal vir altyd staan,hy sal n ligende bly nog steeds met sy tottie in sy broek al is hy in die graf

    Gooi Comment